Skip to main content

Gr 11-Lewenswetenskappe-Handleiding

Page 1

Í2+È-A-LIO-SG01%Î Í2+È-A-LIS-SG01IÎ 11 88 11 11 -- A A -- LL II O S

-

S

G

0

1

LEWENSWETENSKAPPE LEWENSORIËNTERING HANDLEIDING Graad 11


Lewenswetenskappe Handleiding

1 8 11 - A - L I S - S G 0 1

Í2+È-A-LIS-SG01IÎ

Graad 11

Aangepas vir KABV


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

INHOUDSOPGAWE STRING 1: DIVERSITEIT, VERANDERING EN KONTINUITEIT ................................... 3 EENHEID 1: EENHEID 2: EENHEID 3: EENHEID 4: EENHEID 5: EENHEID 6: EENHEID 7: EENHEID 8: EENHEID 9: EENHEID 10: EENHEID 11: EENHEID 12: EENHEID 13: EENHEID 14: EENHEID 15: EENHEID 16: EENHEID 17: EENHEID 18: EENHEID 19:

Biodiversiteit en klassifikasie van mikro-organismes.............................. 4 Virusse en bakterieë .............................................................................. 8 Fungi .................................................................................................... 22 Protista ................................................................................................. 32 Siektes wat deur mikro-organismes veroorsaak word .......................... 46 Die voorkoming en behandeling van siektes ........................................ 57 Biodiversiteit van plante ....................................................................... 62 Briofiete (Mosse) .................................................................................. 66 Pteridofiete (Varings) ........................................................................... 72 Gimnosperme (Naaksadige plante) ..................................................... 78 Angiosperme (Blomplante)................................................................... 84 Belangrikheid van saad ........................................................................ 92 Biodiversiteit van diere ......................................................................... 97 Porifera en Cnidaria ........................................................................... 101 Platyhelminthes .................................................................................. 106 Annelida ............................................................................................. 110 Arthropoda ......................................................................................... 115 Chordata ............................................................................................ 119 Die rol van invertebrata in die landbou- en ekosisteme...................... 123

STRING 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE ......................................... 126 EENHEID 1: EENHEID 2: EENHEID 3: EENHEID 4: EENHEID 5: EENHEID 6: EENHEID 7: EENHEID 8:

Fotosintese ........................................................................................ 127 Voeding by die mens.......................................................................... 141 Chemiese vertening en absorpsie ...................................................... 159 Die verhoudings tussen voedselinname, energie, groei en gesondheidsvereistes ........................................................................ 167 Tandbederf en dwelmmisbruik ........................................................... 180 Sellulêre respirasie ............................................................................ 188 Gaswisseling ...................................................................................... 200 Uitskeiding by die mens ..................................................................... 218

STRING 3: OMGEWINGSTUDIES ............................................................................. 231 EENHEID 1: EENHEID 2:

Bevolkings- en gemeenskapsekologie ............................................... 232 Menslike impak op die omgewing ...................................................... 257

BRONVERWYSINGS: ................................................................................................ 283

© Optimi

1


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

STRING 1: DIVERSITEIT, VERANDERING EN VOORTSETTING VAN LEWE

Lewe bestaan uit ʼn wye verskeidenheid vorme wat in ʼn verskeidenheid nisse bly. Hierdie string stel leerders bloot aan verskillende lewensvorme vanaf mikroorganismes tot makroskopiese plante en diere. Hulle is georganiseerd volgens ʼn mensgemaakte klassifikasiestelsel wat op sigbare eienskappe gegrond is. Die rolle van organismes in ʼn eksostelsel word ontdek, insluitend mikroörganismes wat ʼn hoofoorsaak van siektes is. Hierdie string sluit ook sogenaamde evolusionêre ontwikkeling in plant- en dierefila in. In hierdie string gaan jy die volgende bestudeer: • die basiese strukture en algemene eienskappe van virusse, bakterieë, fungi en protista • die rol van die handhawing van ʼn balans in die omgewing en lewensweb • simbiotiese verwantskappe soos stikstofbakterieë in plante en E.coli in die menslike ingewande • die invloed en bestuur van een siekte uit elk van die genoemde vier groepe mikro-organismes • die immuunreaksie van plante en diere teen infekterende mikro-organismes asook inentings • die gebruik van medisynes soos antibiotika en die invloed daarvan op mikroorganismes • die gebruik van mikro-organismes om medisyne te vervaardig • tradisionele tegnologie om bier, wyn en kaas te vervaardig • die groepering van briofiete, pteridofiete, gimnosperme en angiosperme ooreenkomstig die teenwoordigheid of afwesigheid van vaatweefsel, ware blare en wortels, sade of spore asook vrugte • voortplanting van plante • biodiversiteit van ongewerwelde diere © Optimi

3


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

EENHEID 1: BIODIVERSITEIT EN KLASSIFIKASIE VAN MIKRO-ORGANISMES Daar is ʼn groot aantal lewende organismes, byna ʼn onbeperkte verskeidenheid. Skattings van die totale aantal spesies op Aarde vandag wissel van so laag as drie miljoen tot 100 miljoen of meer. Lewende organismes word in twee hoofgroepe verdeel, naamlik diere en plante. Wat weet jy? Jy weet reeds dat organismes uit selle bestaan. Die eenvoudigste organismes bestaan uit enkel selle en groter organismes bestaan uit baie selle.

Wat moet jy weet? Die gebruik van die elektronmikroskoop het tot die ontdekking van twee soorte sellulêre organismes gelei: prokariote en eukariote. Die prokariote het baie klein selletjies met geen ware selkern nie. Die eukariote het ‘n selkern wat deur ‘n kernmembraan van die sitoplasma geskei is.

Uitdaging! 1. Watter mikro-organismes is voordelig en noodsaaklik vir ons voortbestaan? 2. Watter mikro-organismes is verantwoordelik vir ons mortaliteit?

Lewende dinge: 5 Ryke Plante Diere muf

gewerweldes Nie-gewerweldes

gis

wurms

Alge (plant) (dier)

Eukariote

Bakteria

Prokariote

© Optimi

4


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

Lewende organismes word in vyf ryke gegroepeer. Hulle is: • Monera • Protista • Fungi • Plantae (Planteryk) • Animalia (Diereryk)

Het jy geweet? As slegs een bladsy gebruik kon word om elke lewende spesies op Aarde te beskryf, sou dit in totaal 6,03 km van boekrakke beslaan.

Moneraryk

Protistaryk

Fungiryk

1

Planteryk

Diereryk

Mikro-organismes verwys na daardie organismes wat nie duidelik met die blote oog gesien kan word nie. Dit sluit voorbeelde van al die Prokariote in, sommige Protista en Fungi, asook virusse. Hoewel mikro-organismes die eienskappe van klein organismes deel, het Het jy geweet? Al kan jy hulle baie min ander dinge in gemeen en verskil hulle nie sien nie, gaan grootliks in struktuur en funksie. daar elke keer as jy nies miljoene bakterieë en Mikro-organismes varieer in struktuur en funksies, virusse by jou neus en so verskil hul invloede ook. Hulle kan beide mond uit. Griep, voordelig sowel as nadelig vir ʼn omgewing wees. longontsteking sowel as Ontbinding en hersirkulasie is noodsaaklik vir lewe, tuberkulose kan op en die gebruik van mikro-organismes in die hierdie manier versprei produksie van brood, wyn, bier en kaas het die word. mensdom grootliks bevoordeel. Mikro-organismes is die oorsaak van dodelike siektes soos cholera, ingewandskoors, malaria, tuberkulose, griep en Vigs. Hulle is ook ʼn hoofoorsaak van siektes by plante, en speel ook ʼn rol in die bederf van gebergde voedsel. Die naam “prokariote” kom van die Griekse woord pro (wat voor beteken) en karyon (wat kern beteken), wat op die afwesigheid van ʼn ware kern (nukleus) in hierdie selle dui. Die gebruik van die elektronmikroskoop by prokariote het gehelp om te toon dat: • die sel nie ʼn duidelike kern het nie. Prokariote

© Optimi

5


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

• • • •

String

1

die sel ʼn enkele, ronde chromosoom in die vorm van ʼn ring van deoksiribonukleïensuur (DNA) in die sitoplasma het. die sel nie mitochondria, chloroplaste en gestruktureerde flagellums het nie. die selwand opgebou is uit ʼn proteïen-agtige stof. die selle uiters klein is (1 tot 10 μm in deursnee).

Die naam is afgelei van die Griekse woord eu (goed) en karyon (kern). Hierdie groep sluit die fungi, plante en diere in. Die gebruik van die elektronmikroskoop het dit moontlik gemaak om die volgende eienskappe van eukariote waar te neem: • Die sel het ʼn selkern wat deur sy kernmembraan van die sitoplasma geskei is. • Die selkern bevat chromosome waarin deoksiribonukleïensuur (DNA) voorkom. • Die sitoplasma bevat membraanagtige organelle: dit sluit die endoplasmiese retikulum, mitochondria en chloroplaste in. • Sommige selle bevat flagella en silia. • Wanneer ʼn selwand teenwoordig is, bestaan dit gewoonlik uit sellulose of chitien. • Selle is 10 tot 100 μm in deursnee. Eukariote

Die prokariote en eenvoudige eukariote

Ryk Monera

Hierdie ryk bestaan uit al die bakterieë en sianobakterieë. Die genetiese materiaal van hierdie organismes bestaan uit sirkelvormige DNA, wat onbeskut in die sitoplasma voorkom en gewoonlik aan die selmembraan vas is. Die sitoplasma bevat ʼn paar organelle. Nie een van hierdie organelle is deur ʼn dubbelmembraan, soos by eukariote, omring nie. Die selwand is ʼn ferm struktuur, bestaande uit polisakkariede en geabsorbeerde aminosure. Sommige organismes het die vermoë om atmosferiese stikstof na organiese verbindings, soos nitrate, om te skakel. Meer oor Monera: • Dié organismes is meestal prokariote, omdat die selle nie ware selkerns bevat nie. Voeding vind deur absorpsie of fotosintese plaas. Monera plant ongeslagtelik voort. • Bakterieë is die bekendste voorbeeld in hierdie ryk, wat in 1676 deur Anton van Leeuwenhoek ontdek is. Hulle is mikroskopies klein, met ʼn selwand wat die sel omring. Baie bakterieë skei slym af wat ʼn eksterne skede, naamlik ʼn kapsule, rondom die sel vorm. Sommige soorte beweeg aktief deur middel van flagella, terwyl ander baie klein soorte passief in water of lug vervoer word. • Bakterieë is eensellig. • Voortplanting is ongeslagtelik deur binêre fusie, waar die selle in twee verdeel, of geslagtelik deur konjugasie, wat genetiese herkombinasies tot gevolg het. • Bakterieë kom wydverspreid in die natuur voor, en word in lug, water, grond, in of op voedsel, binne-in of op liggame van ander organismes, en in riool gekry. • Bakterieë kan ontbinders wees, waar hulle die ophoping van dooie organiese materiaal verhoed deur die komplekse verbindings af te breek. Hulle speel ook ʼn belangrike rol by die handhawing van grondvrugbaarheid deur die stikstofsiklus. • Bakterieë kan ook patogene wees wat siekte by mense (soos tuberkulose), diere (soos miltsiekte by beeste) en plante (soos vrot en verwelkings) veroorsaak. © Optimi

6


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

Ryk Protista

String

1

Hierdie ryk bestaan uit die eensellige eukariote en al die meersellige organismes wat naverwant aan hulle is.

Die sub-ryk, Protozoa, bestaan uit ʼn groot verskeidenheid klein, eukariotiese organismes. Die meeste is eensellige, dieragtige organismes. Voeding is meestal heterotrofies, maar die voedingswyse mag verander na gelang van die beskikbare voedsel. Die meeste protozoa is parasities. Organismes wat parasities is, benodig ander organismes as hul gashere om op te voed. Hulle het ingewikkelde lewensiklusse wat meer as een gasheerspesie insluit, met veelvoudige verdelingstadiums in die lewensiklus. Plasmodium falciparum, wat ʼn protozoon is, wat die volwasse muskiet as vektor en sekondêre gasheer gebruik, veroorsaak malaria by mense. Fig 1.1: Die volgende diagram toon die verspreiding van malaria regoor die wêreld.

Malaria risiko Geen malaria

Toets jou kennis! 1. 2. 3.

Wat is mikro-organismes? (1) Bespreek die ekologiese en ekonomiese belangrikheid van mikro-organismes. (1) Deur die gebruik van ʼn tabel noem die twee ryke waaronder die mikroorganismes geklassifiseer is. Gee die twee verskille tussen die mikroorganismes in elkeen van die ryke. [14]

© Optimi

7


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

EENHEID 2: VIRUSSE EN BAKTERIEË Wat weet jy? Jy weet reeds dat virusse en bakterieë mikroskopiese klein organismes is wat siektes kan veroorsaak.

Wat moet jy weet? In hierdie leseenheid gaan jy: • Met die aanpassings van virusse en bakterieë in hul omwing asook hul diversiteit. • Die belangrikheid van virusse en bakterieë in die omgewing.

Uitdaging: 1. Slaan in betroubare bronne na en skryf in jou joernaal watter siektes mense kan opdoen deur met virusse in aanraking te kom. 2. Vir watter virussiektes is plante vatbaar? 3. Watter siektes kan diere as gevolg van virusse opdoen? 4. Watter menslike siektes word deur bakterieë veroorsaak? 5. Watter dierlike siektes word deur bakterieë veroorsaak? 6. Watter bakteriese siektes kom by plante voor? 7. Watter nut het bakterieë op verskeie gebiede in die ekostelsel?

VIRUSSE • • •

Deur die bestudering van virusse, gaan jy:

Die bou en biologiese belangrikheid van virusse ontdek. Uitvind hoe virusse versprei en voortplant. Die algemene kenmerke van virusse leer ken.

Onthou: Virusse het ʼn eenvoudige samestelling. Hulle is afhanklik van plant-, dierof bakterieselle vir hul voortbestaan. Hulle veroorsaak dikwels siektes. Hulle is baie klein – tussen 10 nm en 200 nm. Weet jy wat is ʼn nanometer (nm)? As jy nie weet nie, vind uit en skryf dit in jou werkboek neer.

Virusse is gewoonlik staafvormig of sferies met ʼn groot aantal driehoekige vlakke op die oppervlak. Hulle is dikwels simmetries. ʼn Virus is ʼn nukleïensuur met ʼn proteïendop rondom. By plantvirusse is die nukleïensuur gewoonlik RNA. By dierevirusse kan die nukleïensuur óf RNA óf DNA wees, maar nooit albei nie. Bou van virusse

© Optimi

8

Het jy geweet? Virussiektes by plante word hoofsaaklik deur insekte oorgedra, maar soms ook deur besmette snoeiskêre en ander tuingereedskap.


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

Die enigste lewensfunksie van virusse is voortplanting. ʼn Virus kan nie as ʼn sel beskou word nie, want daar is geen selkern met chromosoommateriaal nie, en geen sprake van voeding, voortbeweging, osmoregulering of gaswisseling nie. Dit word ook beskou as nie-lewend.

Die eksterne bou van ʼn bakteriofaag (links) en ʼn influenza-virus (regs)

kop

proteinkapsied

kapsied kraag

skede basisplaat

stertvesel

Fig 1.2: Die eksterne bou van ʼn bakteriofaag (links) en ʼn influenza-virus (regs) Fig 1.3: Die Rotavirus

Aktiwiteit: Slaan in ʼn verklarende woordeboek na wat die woorde "staafvormig", "sferies" en "simmetries" verduidelik.

Vind uit: Wat is ʼn patogeen en ʼn vektor?

© Optimi

9


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

“Virus” is ʼn Latynse woord wat “gif” beteken. Virusse veroorsaak siektes en is dus hoofpatogene van plante sowel as diere en mense. Hulle is absoluut spesifiek ten opsigte van hul gasheer. Hulle kan selfs voorkeur aan sekere weefsels in dieselfde organisme gee, byvoorbeeld die polio-virus by mense wat slegs op senuweeweefsel teer, maar onskadelik in die dermkanaal is. Biologiese belangrikheid van virusse

Virusse is almal permanente parasiete wat binne-in hul gasheerselle vermeerder deurdat hulle die nukleïensuur van die gasheersel tot hul eie nukleïensuur verander en op hierdie manier veroorsaak dat die gasheer doodgaan. Omdat virusse binne-in gasheerselle voorkom, is dit moeilik om hulle te beheer. Antibiotika werk nie en entstowwe is ook nie altyd doeltreffend nie. Die beste manier van beheer is dus voorkoming. Hulle kan deur kontak, nies, hoes of vektore van mens tot mens versprei. Wenk: As ʼn plant deur ʼn virus besmet is, verwyder en vernietig die besmette plantmateriaal om te keer dat gesonde plante aangesteek word, want geen beheermiddels is teen virusinfeksies beskikbaar nie.

Fig. 1.4: Die MI-virus

Verspreiding van virusse

Voortplanting van virusse

Virusse kan saam met voedsel, deur kontak of deur draers/vektore versprei word.

Virusse vermeerder slegs binne-in lewende selle. Dit kan selfs binne-in bakterieë voortplant, en staan dan as ʼn bakteriofaag bekend.

ʼn Bakteriofaag heg homself stewig aan die wand van ʼn bakterie-sel van (aanhegting/absorpsie), daarna word die bakteriofaag se kerninhoud in die bakterie ingespuit (penetrasie) en die kapsel word agtergelaat. Die DNA van die bakterie repliseer die DNA van die virus en vorm dan proteïene vir nuwe kapsules (latente fase). Wanneer baie bakteriofae gevorm het, bars die wand van die bakterie en word die nuwe bakteriofae vrygestel (lise). Algemene kenmerke van virusse • • • • © Optimi

ʼn Virus besit DNA of RNA. Virusse kan nie deur tweedeling vermeerder of groei nie. Virusse is absolute parasiete, dit wil sê, hulle gebruik die ribosome van hul gasheerselle om nuwe virusdeeltjies op te bou. ʼn Virus is spesifiek wat sy gasheer betref, sommige selfs weefselspesifiek. 10


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

BAKTERIE Doen dit self! Om bakterieë te ondersoek, het jy die volgende nodig: • nutriëntagar (voedings-agar) • 250 ml keëlvormige filtreerfles • ʼn drukkoker • gesteriliseerde petribakkies • watte en aluminiumfoelie • mikrobiologiese lusse

Fig. 1.5: Apparaat benodig vir aktiwiteit

filtreerfles petribakkies

Fig. 1.6: Mikrobiologiese lus

Wenk: Jy kan vir jouself ʼn mikrobiologiese lus maak deur ʼn nichroomdraadjie aan die een kant te buig om ʼn lus te vorm, en aan die ander kant ʼn houtsteeltjie vas te sit. Maak ʼn kolloïdale oplossing met ongeveer 40 g voedingsagar in water. Gooi die suspensie in die filtreerfles en maak die bek van die fles met watte en aluminiumfoelie toe. Steriliseer die medium deur dit 15 minute lank tussen 100 kPa en 120 kPa in die drukkoker te kook. Lig nou die watte- en aluminiumdeksel net genoeg sodat jy die medium vinnig in petribakkies kan gooi sodat die bodems daarvan bedek is. Maak die petribakkies dadelik toe. Jy het nou ʼn groeimedium waarin jy bakterieë gaan kweek. Laat dit afkoel. Steriliseer die mikrobiologiese lus deur dit oor die Bunsenbrander te verhit. Doop die lus in vloeistof en skraap dit heen-en-weer oor enige oppervlakte om bakterieë te © Optimi

11


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

versamel. Lig die petribakkies se deksels vir omtrent 20 sekondes op, skraap die lus oor die agar, waarna jy dit weer moet toemaak. Soek ook ʼn baie skoon plek waar jy dink daar min of geen bakterieë sal wees, en doen dieselfde met ʼn ander petribakkie. Onthou om die petribakkies te merk sodat jy kan weet waar jy watter bakkies oopgehou het. Plaas nou al die petribakkies, met hul deksels op, vir ʼn paar dae in ʼn donker plek (of kas). Haal die bakkies na ʼn paar dae uit en ondersoek dit. Wat merk jy op? Is daar van die bakkies wat skoon is? Watter afleiding kan jy maak?

Wat het jy uitgevind?

Pasop! Party bakterieë kan skadelik wees en jy moet baie versigtig daarmee werk! Wanneer jou ondersoeke afgehandel is, moet jy die petribakkies met hul inhoud weer ontsmet deur dit in ʼn drukkoker te kook.

Bakterieë is mikroskopiese, eensellige organismes waarvan die grootte tussen 5 µm en 1 µm wissel. Hulle plant vinnig voort en vorm sigbare kolonies.

Bou van bakterieë kop nek kraag skede

stertvesel

Elke bakteriesel word deur ʼn selwand, bestaande uit polisakkariede, omring. Die selwand word gewoonlik deur ʼn kapsel of slymskede omring. Die selinhoud is ʼn massa korrelagtige protoplasma, omring deur ʼn selmembraan. Bakterieë is prokarioties, met ander woorde hulle het geen selkern nie. In die protoplasma word egter chromatienkorrels aangetref wat soos chromosome fungeer. In die protoplasma is ook voedselkorrels soos vette, proteïene en glikogeen. Gewoonlik is bakterieë kleurloos, maar sekere soorte kan gekleurd wees.

basisplaat

Fig 1.7: Bou van ʼn bakteriofaag

© Optimi

12


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

Fig 1.8: Diagrammatiese voorstelling (lyndiagram) van ʼn bakteriumsel

A – pili C – kapsule E – flagellum G – vakuool I – nukleoïed

B – ribosoom D – selwand F – sitoplasma H – plasmied J - sitoplasmiese membraan

Sommige bakterieë beweeg met behulp van flagellums, wat lang, dun fibrille is. Die meeste bakterieë word op grond van hul uitwendige voorkoms in groepe ingedeel wat basille (staafvormig), kokki (rond of ovaalvormig), vibrio (kommavormig) en spirille (spiraalvormig) genoem word. Verskillende bakterieë kan op verskillende maniere voortplant, byvoorbeeld deur knopvorming, spoorvorming, segmentasie, konjugasie (tydelike versmelting) en tweedeling (ongeslagtelike voortplanting). Bakterieë vermeerder logaritmies, en die generasietydperk wissel van spesie tot spesie. Bakterieë plant ongeslagtelik voort wanneer die toestande gunstig is, byvoorbeeld met voldoende voedsel en water, by optimum temperatuur en donkerte, ens. • Tydens tweedeling verdeel die chromosoom in twee. En beweeg weg van mekaar. • Elke deel bevat ʼn kopie van die DNA. • Die plasmamembraan en die selwand begin tussen die twee aanhegtingspunte groei en laat die DNA-molekule uitmekaar beweeg. • Die plasmamembraan en die selwand groei deur die middeldeel. • Die sitoplasma verdeel in twee. Voortplanting van bakterieë

• •

Elke deel groei tot sy maksimum grootte. Die proses is baie vinnig en kan elke 20 tot 30 minute plaasvind.

© Optimi

13


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

Fig 1.9: Die lewenssiklus van ʼn bateriafaag

Fig. 1.10: Verskillende vorms van bakteriumselle

A. Spiesvormig B. Rond of sferies C. Rond in bondels D. Rond in pare E. Spiraalvormig F. Komma-vormig

Ekologiese belangrikheid van bakterieë Die woord “patogeen” kom van die Griekse woorde “pathos” wat lyding beteken en “genesis” wat oorsprong beteken. Patogene hou dus met die oorsprong van siektes verband. Patogene bakterieë is met ander woorde al die bakterieë wat siektes veroorsaak. Patogene bakterieë

Het jy geweet? ‘n Chroniese asemhalingsiekte by hoenders, wat deur Mycoplasma gallisepticum veroorsaak word, gee aanleiding tot roggelgeluide as die hoenders gaan slaap. ʼn Hoender wat van die siekte herstel het, bly dikwels ʼn draer daarvan, en die kieme is ook baie keer in die eiers van besmette henne aanwesig, en sodoende in dagoud-kuikens ook.

Die beheer van patogene bakterieë deur middel van chemiese middels staan as chemoterapie bekend. Siekteveroorsakende bakterieë kan ook met antibiotikums beheer word wat deur sekere swamme of bakterieë geproduseer word. Die meeste antibiotika maak egter nie bakterieë dood nie, maar hulle inhibeer slegs die groei daarvan. ʼn Mens kry wye-spektrum antibiotikums © Optimi

14


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

wat teen verskeie bakterieë doeltreffend is, en dan is daar ook antibiotikums wat meer spesifiek is ten opsigte van die bakterieë wat dit beheer. Bakterieë is oral teenwoordig omdat byna enige organiese verbindings as voedsel kan dien. Verskeie bakterieë kan selfs sonder suurstof klaarkom, en is dus anaërobies. Patogene bakterieë kan die liggaam van die mens op verskillende maniere binnedring. Siektes soos tuberkulose, longontsteking en witseerkeel versprei deur die lug deurdat besmette persone hoes, nies of speeksel uitspoeg. Hierdie siektes moet aangemeld word en mediese hulp moet gekry word. Verspreiding

Het jy geweet? Corynebacterium spesies, wat absesse by skape, beeste en bokke veroorsaak, word deur vuil skeerskêre, vuil skeerhokke, besmette klere van skeerders, besmette dipbakke ensomeer versprei, en kan die liggame van diere deur wonde as gevolg van bosluisbyte, steekgras, dorings van doringbome, kastrasie, en selfs die naelstring van pasgebore lammers binnedring.

Het jy geweet? Die bakterieë wat bakteriese verwelksiekte by aartappels, bone en tamaties veroorsaak (Pseudomonas), kan vir jare lank aktief in die grond bly, en in warm, nat weer ontwikkeling van die siekte bevorder. Die bakterieë blokkeer die weefsels wat water binne-in die plant vervoer, waarna die plant verlep.

Voedselvergiftiging (botulisme), maagdermontsteking en cholera versprei deur voedsel en water wat in kontak met besmette feses was, of vlieë wat bakterieë van besmette feses na voedsel oordra. Om hierdie siektes te keer, moet water skoongehou en drinkwater gekook word. Alle groente en vrugte moet ook gewas word voordat dit geëet word. Bakterieë wat tetanus, bloedvinte, absesse en aknee veroorsaak, kan die liggaam deur velwonde binnedring. Jou vel moet gereeld gewas word, en wonde moet ontsmet word om hierdie soorte bakterieë te beheer.

Siektes soos builepes word deur siektevektore, soos vlooie en rotte, oorgedra. Rotte moet dus beheer word in gebiede waar mense bly. Veneriese siektes soos sifilis en gonorree word deur seksuele kontak oorgedra. Hierdie en ander soortgelyke siektes kan beheer word deur kuis te lewe soos ons Skepper dit bedoel het. Daar is egter ook goeie bakterieë, soos die ontbindingsbakterieë in die grond wat vir die afbreking van dooie plante- en dieremateriaal verantwoordelik is. Selfs in voedsel kan bakterieë ten goede aangewend word, byvoorbeeld by die maak van kaas, joghurt, asyn, suurkool en agurkies deur middel van fermentasie. Bakterieë is ook noodsaaklik by die maak van kuilvoer.

© Optimi

15


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

Sommige bakterieë kan ook in simbiose met ander organismes lewe. ʼn Bakterie soos Pasteurella pestis lewe parasities in vlooie, wat dan pessiekte aan diere oordra. Verskeie mutualistiese bakterieë kom ook voor, soos knoppiesbakterieë op die wortels van peulplante, asook rumenbakterieë in herkouers wat vitamiene B12 aan die diere voorsien, ens. Sommige bakterieë word ook vir die vervaardiging van antibiotikums gebruik. Escherichia coli is ʼn staafvormige bakterie en is een van die volopste soorte bakterieë in die dikderm van homoiotermiese diere, soos soogdiere en is nodig vir die vertering van voedsel. Hierdie bakterie is vernoem na die Duitse mikro-bioloog, Theodor Escherich. E. coli in die menslike spysverteringstelsel

Gemiddeld word sowat 100 miljard tot 10 biljoen van hierdie bakterieë deur die ontlasting van die mens uitgeskei, en as E. coli (die gebuiklike afkorting) in water aangetref word, is dit ʼn aanduiding dat die water met uitwerpsel besmet is. Figuur 1.11: E. coli Die E. Coli produseer vitamine K wat noodsaaklik is vir bloedstolling. E. coli as veroorsaker van siektes Escherichia coli mag wel nie skadelik wees nie, maar as hierdie bakterieë op die verkeerde plek in die liggaam kom, kan dit baie gevare oplewer:

By ʼn gaatjie in die derm raak die andersins steriele buikholte met dermbakterieë besmet, onder andere E.coli. ʼn Ernstige en potensiële lewensbedreigende siekte, naamlik buikvliesontsteking (periforitis) kan ontwikkel. Dikwels sal ʼn noodoperasie dan gedoen word waarby die buik gespoel word en die pasiënt met antibiotika behandel word. As die urienbuis met dermbakterieë besmet raak, kan blaasontsteking ontstaan.

Algemene kenmerke van bakterieë Bakterieë is prokarioties en is een van die eenvoudigste mikrobiese selle. Nog algemene kenmerke is dat hulle baie klein is en dat hulle kenmerkende selwande het. Hulle het nie ʼn ware nukleus nie en hulle DNA kan vrylik rond sweef. © Optimi

16


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

Rol in biotegnologie

Weens die lang geskiedenis in laboratoriumkulture en die gemak waarmee hierdie bakterieë gemanipuleer kan word, speel E. Coli ʼn belangrike rol in die hedendaagse biotegnologie. E. Coli is ʼn baie veelsydige organisme en is ʼn goeie gasheer vir die produksie van verskillende proteïene. Wetenskaplikes kan gene van ander mikro-organismes na hierdie bakterie oordra met gehulp van plasmiedes, om dan groot hoeveelhede proteïene met behulp van die fermentasieproses te genereer. Een van die eerste bruikbare toepassings van hierdie rekombinante DNA tegnologie, was die manipulering van E. Coli om die menslike insulienhormoon te produseer. 

Geneties gewysigde E. Coli word ook verder gebruik in die ontwikkeling van entstowwe, bio-remediasie (die gebruik van die metabolisme van mikroorganismes om besoedelende stowwe te verwyder).

Met behulp van klassieke mikro-biologie word hierdie bakterieë ook as indikator in die voedselindustrie gebruik. ʼn Hoë konsentrasie E. Coli in ʼn produk dui op ʼn groot kans dat die produk ook ander patogene bevat.

© Optimi

17


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

Terminologie: Adsorpsie: vasklewing van ʼn deeltjie aan die oppervlak. Agar: ʼn jel wat uit rooi-alge gemaak word. Antibiotikum: organiese verbinding gevorm deur mikro-organismes wat die groei van ander mikro-organismes verhoed. Penisillien is ʼn bekende voorbeeld. Antigeen: ʼn proteïen in die omhulsel van ʼn virus of bakterie wat veroorsaak dat witbloedselle teenliggame vervaardig. Bakterieë: eensellige mikro-organisme sonder ʼn egte selkern, d.w.s. dit is prokarioties. Bakteriofaag: virus wat sekere bakterieë binnedring, parasiteer en gewoonlik die bakteriesel vernietig. Besmet: infekteer, aansteek Heterotrofiese bakterieë: bakterieë wat afhanklik is van ander organismes om ʼn bron van energie vir hulle te wees. Immuun: weerstandig teen ʼn bepaalde infeksie. Konjugasie: tydelike versmelting van twee eensellige organismes sodat hulle kernmateriaal kan uitruil voordat hulle verdeel. Limfosiet: ʼn soort witbloedsel. Lise: oopbars van ʼn bakteriumwand om bakteriofage vry te stel. Mutualistiese bakterie: ʼn bakterie wat nou met ʼn ander organisme saamleef, waarvandaan hy kos kry, maar terselfdertyd die ander organisme help. Outrotrofiese bakterie: ʼn bakterie wat sy eie kos kan maak Pandemie: ʼn wêreldwye epidemie. Parasitiese bakterie: ʼn bakterie wat sy voedsel van ʼn lewende gasheer kry. Patogeen: organisme wat siektes veroorsaak. Prokarioties: organismes sonder ʼn egte selkern, bv. Bakterieë. Proteïen: ingewikkelde organiese verbinding (polimeer) wat uit ʼn groot aantal aminosure opgebou word. Spoor: ʼn bakterie met sy beskermende proteïenwand. Sputum: ʼn mengsel van speeksel en mukus (slym) wat uit die asemhalingskanaal opgehoes word. Teenliggaam: ʼn proteïen deur witbloedselle vervaardig wat ʼn antigeen vernietig of neutraliseer. Vaksien: ʼn antigeniese preparaat wat die produksie van teenliggame stimuleer en immuniteit teen een of meer siektes bied. Vektor: ʼn organisme, dikwels ʼn insek, wat ʼn siekte of parasiet van een organisme na ʼn ander oordra. Virus: nie-sellulêre deeltjie wat basies uit erflike materiaal (DNA of RNA) en ʼn proteïenomhulsel bestaan, uiters afhanklik van sy gasheer is vir voeding, voortplanting, ens., en siektes by plante, diere en bakterieë veroorsaak.

© Optimi

18

1


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

TOETS JOU KENNIS! 1.

Kies die regte antwoorde van die volgende vrae deur slegs die toepaslike letter in jou werkboek neer te skryf.

1.1 Watter van die volgende is nie ʼn beskrywing van ʼn virus nie? A ʼn volledige parasiet B plant binne-in lewende selle voort C bestaan uit RNA of DNA D selkern word deur proteïenskede omsluit 1.2 Waaruit is virusse hoofsaaklik saamgestel? A nukleïensuur en proteïen B proteïen en sellulose C RNA en DNA D selkerns en sitoplasma 1.3 Virusse is almal … A patogene en eensellig B C nie-lewend en nie-sellulêr D

prokariote sellulêr in bou

1.4 Watter een van die volgende stellings is nie ʼn biologiese belangrikheid van virusse nie? A Hulle is hoofpatogene van mense. B Hulle speel ʼn belangrike rol as ontbinders. C Hulle is volledige parasiete. D Hulle plant slegs binne-in gasheerselle voort. 1.5

Hoekom is virusse patogene? A Hulle veroorsaak siektes. B Hulle vermeerder binne-in gasheerselle. C Hulle is moeilik om te beheer. D Hulle is volledige parasiete.

1.6 Watter is ʼn eienskap van virusse? A Hulle kom slegs in water voor. B Hulle is lewende eensellige organismes. C Hulle veroorsaak siektes. D Hulle veroorsaak ontbinding van voedsel. 1.7

Wat is ʼn uitstaande kenmerk van bakterieë? A Hulle bevat gewoonlik chlorofil. B Hulle besit geen kernmateriaal nie. C Hulle het lig nodig om te kan groei. D Hulle besit ʼn sellulose selwand.

1.8 Watter van die volgende is nie ʼn kenmerk van bakterieë nie? A Sommige is saprofities en ander outotrofies. B ʼn Kernmembraan omring die selkern. C Hulle besit selmembrane. D Hulle is eensellige prokariote. © Optimi

19


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

1.9 Hoekom is bakterieë patogene? A Hulle voed op dooie organismes. B Hulle is prokariotiese organismes. C Hulle leef simbioties in die spysverteringskanaal van soogdiere. D Hulle veroorsaak siektes. (9 x 1) [9] 2. Beantwoord die volgende vrae. 2.1 Watter proteïen word in reaksie op ʼn virus in dierweefsel gevorm, en inhibeer die vermeerdering van die virus? 2.2 Watter onafhanklike en individuele genetiese eenheid kom in die vorm van ʼn DNA-ring by ʼn bakteriesel voor? 2.3 Wat word ʼn insek genoem wat patogene mikro-organismes van een gasheer na ʼn ander oordra? 2.4 Watter eensellige organisme kom in kokkus-, spirillum- of basillusvorm voor? 2.5 Wat word die verwantskap tussen twee verskillende lewende organismes genoem wat tot voordeel van albei strek? 2.6 Watter organisme bestaan uit ʼn nukleïensuur wat deur ʼn proteïenskede omhul is? 2.7 Watter stof kom in die sentrale deel van ʼn virus voor? 2.8 Watter siekte-veroorsakende liggaampies, kleiner as bakterieë, vermeerder slegs binne-in lewende selle? 2.9 Watter eensellige organisme is nie ʼn plant of ʼn dier nie? (9 x 1) [9] Beskryf die bou van virusse. (6) Hoekom is virusse altyd skadelik? (4) Op watter maniere word virusse versprei? (4) Hoekom is bakterieë prokariotiese organismes? (2) In watter vier hoofvorme kan bakterieë onderskei word? (4) Maak ʼn skets met byskrifte van ʼn bakteriesel. (10) Onder watter groeitoestande sal bakterieë ongeslagtelik voortplant? (3) Beskryf die voortplanting van ʼn bakteriesel onder gunstige omstandighede. (6) Beskryf op watter maniere patogene bakterieë na die mens versprei kan word, watter siektes so versprei word, en hoe dit beheer kan word. (29) 12. Wat is die ekologiese rol van bakterieë? (12) 13. Bakterieë plant ongeslagtelik voort wanneer die toestande gunstig is. Die tabel vertoon bakterieë plant ongeslagtelik voort in ‘n tydperk van drie ure Tyd in 20 40 60 80 100 120 140 160 180 minute Aantal 8 16 32 64 128 256 512 1024 2048 bakterieë 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11.

a) b) © Optimi

Skets n lyn grafiek om die groei van die bakterieë te wys oor ’n tydperk van drie ure. (10) Wat gebeur met die aantal bakterieë elke 20 minute? (2) 20


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

c) d)

String

1

Noem die metode wat die aantal bakterieë vermeerder. Verduidelik hierdie metode kortliks. (4) Wat gaan gebeur met die aantal bakterieë as jy die kultuur verhit tot ’n temperatuur van 60 °C vir 15 minute? Gee ’n rede vir jou antwoord. (3)

14. As jy griep het en jou ma stuur jou skool toe om eksamen te skryf, wat moet jy doen om nie die ander leerlinge met griep te besmet? (3) [120]

© Optimi

21


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

EENHEID 3: FUNGI Wat weet jy? Jy weet reeds dat ʼn swam (of fungus) ʼn plant is, waarvan die plantliggaam ʼn miselium is wat uit hifes bestaan, terwyl geen wortels, stingels en blare voorkom nie. Omdat chlorofil nie teenwoordig is nie, word suiker en stysel nie met behulp van sonlig opgebou nie. Voortplanting vind deur middel van spore plaas wat in sporangiums gevorm word.

Wat moet jy weet? In hierdie leseenheid gaan jy: • Die bou, voeding en voortplanting van fungi ontdek. • Self fungi kweek. • Die ekologiese en ekonomiese waarde van fungi ontdek/

Uitdaging: 1. Watter kankervormende gifstof word deur die swam Aspergillus flavus in grondboontjies (sowel as koring en mielies) vervaardig? 2. Watter kwale kan jy as gevolg van fungi opdoen? 3. Watter plantsiektes word deur fungi veroorsaak? 4. Watter siektes kan diere as gevolg van fungi opdoen? 5. Die meeste van ons eet elke dag fungi saam met ons stapelvoedsel. Watter swamme is dit? 6. Watter belangrike rol speel fungi in die mediese wetenskap? 7. As jy die waarde van fungi (ekonomies, industrieël en in die voedselketting) opweeg teen die nadelige effekte daarvan vir mense (bederf van voedsel en ander materiale, siektes, ens.), sal die wêreld ʼn beter plek sonder fungi wees?

Doen dit self! Slaan die betekenisse van heterotrofies, saprofities en parasities na en skryf dit in jou werkboek. Kweek vir jou swamme deur ʼn stuk klam brood in ʼn plastieksak te sit en vir ʼn paar dae op ʼn veilige plek te bêre. Wat sien jy na ʼn paar dae? Jy kan dieselfde met ʼn stuk pampoen, kaas of enige ander voedsel doen. Waar dink jy kom die spore vandaan wat op die voedsel groei? Probeer nou om enkel fungus-kultuur te kweek op dieselfde manier as wat jy in die vorige leseenheid bakterie-kulture gekweek het. In plaas van voedingsagar moet jy egter hier aartappeldekstrose-agar gebruik. As jy ʼn stereomikroskoop tot jou beskikking het, ondersoek die hifedrade wat jy gekweek het deur dit met behulp van ʼn dissekteernaald op ʼn voorwerpglasie oor te © Optimi

22


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

dra en dan onder die mikroskoop te bekyk. Sorg dat daar sporangiums aan die hifedrade is wat jy bekyk. As jy toegang tot ʼn ligmikroskoop het, kan jy van die fungi in water monteer en dan onder die mikroskoop bekyk. So nie, is fotomikrografiese skyfies en transparante ook voldoende. Dit is op die Internet beskikbaar.

Wat het jy uitgevind? Swamme (fungi), wat deel van die plantgroep mikofiete is, verskil drasties van ander plantgroepe omdat hulle as gevolg van ʼn chlorofilgebrek heterotrofies lewe. Hulle kan saprofities of parasities lewe. Mikofiete kan eensellig of filamentagtig wees. ʼn Voorbeeld van ʼn mikofiet, gaan ons in hierdie leseenheid hoofsaaklik op swart broodmuf (Rhizopus stolonifer) konsentreer. Habitat

Fungi kom in feitlik enige moontlike ekologiese habitat voor en lewe in ʼn wye verskeidenheid groeimediums, soos grond, lug, water, plante, diere, plastiek-, chemiese- en baie ander vogtige, organiese stowwe. Rhizopus spesies is as ʼn fyn, donsige groeisel sigbaar en dit kom algemeen op kosse soos brood, koek en vrugte voor wat vir ʼn lang tydperk in ʼn toe houer of plastieksak gehou is.

Het jy geweet? Die fungus I’kowa (Termitomyces umkowaani), wat tot 250 mm in deursnee word, groei na reën (Oktober tot Maart) altyd by termiethope en nooit op ander plekke nie.

Broodmuf het ʼn vegetatiewe plantliggaam wat uit vertakte, kleurlose filamente (hifes) saamgestel is, en hierdie deurmekaar vlegwerk staan bekend as ʼn miselium (swamvlok). ʼn Deel van die miselium groei in die substraat en ʼn deel oor die oppervlak daarvan. Die hifes wat oor die oppervlak van die substratum groei, is die uitlopers (stolons). Oral waar hierdie uitlopers aan die substratum raak, ontstaan risoïede wat die substraat binnedring. Die hifes van broodmuf staan as senosiete bekend omdat dit geen dwarswande het nie (ongesepteerd), terwyl Het jy geweet? Daar is die hifes by sommige ander swamme wel baie verskillende gesepteerd en onvertak kan wees. Binne-in die uiteenlopende swamme, hifes is sitoplasma met ʼn menigte klein kerne soos byvoorbeeld (polinukleêr). In die sitoplasma is reserwevoedingpaddastoele, sampioene, stowwe soos lipiede en glikogeen. Daar is egter skimmels, gisswamme, ens. geen stysel in nie. Die wande van die meeste swamme bestaan uit chitien, maar sommige is hemisellulose. Bou

© Optimi

23


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

Fig. 1.12: Algemene bou van ʼn fungus

mus

spore

hifes

kuwe

sluier

steel

basaalknop

miselium

Soos reeds gesê, is alle swamme heterotrofies omdat dit sy koolhidrate verkry uit die substraat waarop dit groei. Broodmuf is ʼn saprofiet omdat dit van dooie, organiese materiaal leef. Die ensiem diastase breek die stysels buite die swamdrade tot eenvoudige suikers soos glukose, af, wat op hulle beurt saam met ander soute deur die hifes (hoofsaaklik die risoïede) geabsorbeer word en in die protoplasma tot ander organiese verbindings, soos proteïene, gesintetiseer word. Voeding

Voortplanting

© Optimi

Broodmuf plant geslagtelik en ongeslagtelik voort en vorm in beide gevalle spore.

24


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

Fig. 1.13: Lewensiklus van Rhizopus stolonifer (swart broodmuf)

Ongeslagtelike voortplanting

In gunstige toestande ontwikkel daar groepies hifes teenoor die risoïede, wat regop groei. Hierdie hifes funksioneer as sporangiofore (sporangiumdraers). Aan die punte van die sporangiofoor versamel protoplasma en kerne, wat dan in swelsels, bekend as die sporangium, ontwikkel. ʼn Dwarswand, wat koepelvormig in die sporangium ontwikkel en die inhoud daarvan van die res van die sporangiofoor skei, word die kolumella genoem. Die protoplasma in die sporangium snoer groepies kerne af en vorm ʼn eie wand rondom elkeen van hierdie meerkernige spore. Die ander sitoplasma wat nie by die spoorvorming betrokke was nie, absorbeer water en oefen druk uit om saam met die instulping van die kolumella die sporangium te laat bars. Die spore word vrygestel en versprei deur wind, water of kontak. Geslagtelike voortplanting vind in ongunstige toestande plaas (droog en koel) deurdat twee heterotalliese swamdrade (wat morfologies eenders is, maar fisiologies twee Geslagtelike voortplanting

© Optimi

25


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

verskillende paringstipes, m.a.w. + (plus) en – (minus) drade) elk ʼn kort, sydelingse tak na mekaar toe uitstuur. Vanweë die digtheid van die sitoplasma, met ʼn menigte haploïde kerns, swel die punte van die drade op om progametangiums te vorm. ʼn Dwarswand ontwikkel wat die progametangium van die suspensor afsnoer, om ʼn gametangium te vorm. Waar die gametangiums aan mekaar raak, los die wande op, en baie + en – kerne versmelt in pare. ʼn Sigoot met baie diploïede sigootkerne vorm. Die sigoot se wand word dikker, stekelrig en donkerder van kleur en word nou ʼn sigospoor genoem. Na ʼn rusperiode verdeel die inhoud van die sigospoor meioties, die wand bars oop en ʼn nuwe hifedraad, naamlik die promiselium word uitgestoot. Aan die bopunt van die promiselium is ʼn sporangium met eenkernige, gedifferensieerde spore, wat weer aan + en – tallusse oorsprong kan gee. Algemene kenmerke van fungi Fungi is eukariote en kan in die natuur voorkom as enkel- of meersellige organismes of as beide in verkillende fases in die lewenssiklus. Fungi is avaskulêr, met ander woorde, hulle het geen gespesialiseerde respiratoriese, verterings of vervoer sisteme buiten die hife nie. ʼn Massa hifes staan bekend as ʼn miselium. Fungi het ʼn ligaam wat genoem word tallus, dit bestaan uit hifes. Die wande van die hifes is gewoonlik versterk deur chitien. Fungi het ʼn baie klein nuklei en dit het baie min herhalende DNA. Fungi is outotrofies en word gewoonlik aangetref as opportunistiese saprofiete (leef op dooie organiese materiale) of in een of ander parasitiese of simbiotiese verhouding/verwantskap met plante of ander outotrofe. Fungi stoor voedsel as glikogeen (soos diere) en nie stysel (soos plante) nie. Sopre kom voor in die geslagtelike en ongeslagtelike voortplantingsproses. Fungi plant voort deur spore, aanraking of fragmentasie.

Fungi, tesame met bakterieë en kleiner diere soos kewers en wurms, speel ʼn Het jy geweet? Die belangrike rol in die afbreking en verrotting van dooie nut van antibiotika is in diere- en plantmateriaal. Kan jy dink wat sou gebeur as 1928 deur die Engelse daar nie fungi was nie? Trek ʼn tabel waarin jy die mikrobioloog, voordele en nadele van die ontbindingsprosesse deur Alexander Fleming, fungi teen mekaar opweeg. Ekologiese en ekonomiese rol van fungi

ontdek.

Fungi speel ook ʼn ekonomiese rol op verskeie gebiede. Oeste wat deur fungi vernietig word, het groot finansiële verliese tot gevolg. Die ekonomiese implikasies wat parasitiese swamme by diere het, is baie kleiner in omvang as by plante. By mense kan fungi mondsproei, atleetvoet en ander velinfeksies veroorsaak. Nog ʼn ekologiese rol van fungi is die simbiotiese verhouding wat dit met alge het om ligene (korsmosse) te vorm, waar die fungus klaar vervaardigde voedsel van die alg af kry, terwyl dit anorganiese bestanddele aan die alg voorsien word – dus mutualisme. © Optimi

26


Handleiding G11 ~ Lewenswetenskappe

String

1

ʼn Ander mutualistiese verhouding is dié van mikorisa, waar fungi op boomwortels groei om stysel te kry wat in die wortelselle is, terwyl dit vir die boom water en mineraalsoute uit die grond opneem.

Wat weet jy nou? Fungi is alomteenwoordige, nie-fotosinterende organismes, waarvan die meerderheid saprofities is, dit wil sê, hulle lewe op dooie, organiese materiaal. Sommige fungi lewe parasities op plante en diere. Miseliumgroei is ʼn kenmerk van baie fungi. Fungi plant deur middel van ongeslagtelike spore, geslagtelike spore of beide voort. Fungi is van groot belang in sekere kommersiële prosesse, insluitend die vervaardiging van alkoholiese dranke, sommige voedselsoorte, antibiotika en ander produkte. Fungi is ook belangrike plantpatogene, en is noodsaaklik as ontbinders van organiese afval.

Fig. 1.14: Ligene op die stam van ʼn kareeboom

© Optimi

27


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Gr 11-Lewenswetenskappe-Handleiding by Impaq - Issuu