Í2+È-A-LIS-FG01!Î 1
8
1 1
-
A
-
L
I
S
-
F
G
0
1
LEWENSWETENSKAPPE FASILITEERDERSGIDS
Graad 11
Lewenswetenskappe Fasiliteerdersgids
1 8 11 - A - L I S - F G 0 1
Í2+È-A-LIS-FG01!Î
Graad 11
Aangepas vir KABV
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .............................................................................................................. 3 VOORWOORD................................................................................................................ 5 BRIEF AAN DIE FASILITEERDER ............................................................................. 13 WERKSKEDULE .......................................................................................................... 19 ANTWOORDBOEK STRING 1: DIVERSITEIT, VERANDERING EN KONTINUïTEIT ................................. 38 EENHEID 1: Biodiversiteit en klassifikasie van mikro-organismes ....................... 38 EENHEID 2: Virusse en bakterieë ........................................................................ 39 EENHEID 3: Fungi ................................................................................................ 43 EENHEID 4: Protozoa .......................................................................................... 46 EENHEID 5: Siektes wat deur mikro-organismes veroorsaak word ..................... 47 EENHEID 6: Die voorkoming en behandeling van siektes.................................... 49 EENHEID 7: Biodiversiteit van plante ................................................................... 50 EENHEID 8: Briofiete (Mosse) .............................................................................. 51 EENHEID 9: Pteridofiete (varings) ........................................................................ 52 EENHEID 10: Gimnosperme (Naaksadige plante) ................................................. 53 EENHEID 11: Angiosperme (Blomplante) .............................................................. 54 EENHEID 12: Belangrikheid van saad.................................................................... 55 EENHEID 13: Biodiversiteit van diere ..................................................................... 56 EENHEID 14: Porifera en Cnidaria ......................................................................... 57 EENHEID 15: Platyhelminthes ............................................................................... 58 EENHEID 16: Annelida ........................................................................................... 58 EENHEID 17: Arthropoda ....................................................................................... 59 EENHEID 18: Chordata .......................................................................................... 61 EENHEID 19: Die rol van invertebrate by landbou- en ekosisteme ........................ 63 STRING 2: LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE ........................................... 63 EENHEID 1: Fotosintese ...................................................................................... 63 EENHEID 2: Voeding by die mens ....................................................................... 68 EENHEID 3: Chemiese vertering en absorpsie .................................................... 69 EENHEID 4: Die verhoudings tussen voedselinname, energie, groei en gesondheidsvereistes ...................................................................... 71 EENHEID 5: Tandbederf en dwelmmisbruik ......................................................... 75 EENHEID 6: Sellulêre respirasie .......................................................................... 75 EENHEID 7: Gaswisseling.................................................................................... 78 EENHEID 8: Uitskeiding by die mens ................................................................... 80 STRING 3: OMGEWINGSTUDIES ............................................................................... 83 EENHEID 1: Bevolkings- en gemeenskapsekologie ............................................. 83 EENHEID 2: Menslike impak op die omgewing .................................................... 85
© Optimi
1
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
LESELEMENTE Elke les het die volgende komponente wat in vet letters aangedui word: • • • • • • • •
Wat weet jy? Wat moet jy weet? Uitdaging Het jy geweet? Terminologie Doen-dit-self-aktiwiteite Toets jou kennis Kerninhoud
KEN ALTYD JOU TERMINOLOGIE!!!! Selfs al word dit nie in die eenheid genoem nie.
© Optimi
3
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
VOORWOORD 1. INLEIDING Drie kennisareas word in graad 11 vir die Lewenswetenskappe-inhoudsraamwerk gebruik. Elke kennisarea ontwikkel voortdurend oor die drie jaar vanaf graad 10 tot graad 12. Hierdie kennisareas is: 1. Diversiteit, verandering en voortsetting van lewe: (mikro-orgamismes, plante en diere). Lewe bestaan uit ‘n groot verskeidenheid vorme van lewe in ‘n groot verskeidenheid van nisse. Hierdie eenheid stel die leerders bloot aan alle lewensvorme vanaf mikro-organismes tot makroskopiese plante en diere. Hulle word georganiseer volgens ‘n vasgestelde klassifikasiestelsel wat gebaseer is op waarneembare eienskappe. Die rol van ‘n organisme in ‘n ekosisteem word bestudeer, wat mikro-organismes insluit, omdat hulle ‘n groot bron van siekteveroorsakende organismes is. Hierdie eenheid sluit die evolusionêre ontwikkeling van plant- en dierfilums in. 2. Lewensprosesse in plante en diere: (Prosesse wat lewe onderhou). Organismes vereis baie energie om te kan lewe. Organismes kry hierdie energie op een van twee maniere: deur sonligenergie te absorber en om te skakel in chemiese energie wat gebruik kan word. Indien ‘n organisme dit nie kan doen nie, moet hulle voedsel eet vir energie. Die energie wat verkry word deur fotosintese, word gevolg deur voeding by diere, sodat hierdie voedsel verwerk kan word en terug kan keer na die selle, waar energie opgebou word wat beskikbaar is vir organismes om te kan bly lewe (selrespirasie). Gaswisseling tussen organismes en die omgewing is noodsaaklik vir fotosintese en selrespirasie om plaas te vind. Dit sluit ook die verwydering van CO² in, en later ook die nier om stikstofbevattende afval uit die liggaam te verwyder. 3. Omgewingstudies: (Bevolkingsekologie en die mens se impak). Organismes is in interaksie met mekaar en met die omgewing waarin hulle voorkom. Hierdie eenheid maak die leerders bewus van hierdie kwessie en hulle gaan die impak van mense op hul omgewing ontdek. Die leerders moet meer sensitief teenoor omgewingskwessies wees. Nie een van hierdie kennisareas of onderwerpe binne elke kennisarea moet apart of onafhanklik bestudeer word nie, aangesien hierdie klassifikasie slegs ‘n eenvoudige manier is om die vakinhoud te orden. Dit baie belangrik om leerders te help om onderwerpe met mekaar in verband te bring sodat hulle ‘n deeglike begrip van die natuur en interverwantskappe van lewe kan kry wanneer Lewenswetenskappe bestudeer word.
© Optimi
4
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
2. SPESIFIEKE LEERDOELWITTE VIR LEWENSWETENSKAPPE Daar is drie breë vakspesifieke doelwitte in Lewenswetenskappe wat verband hou met die doel van die leer van wetenskap. Dit is: 1. 2. 3.
Spesifieke doelwit 1, wat verband hou met die ken van die vakinhoud (“teorie”); Spesifieke doelwit 2, wat betrekking het op die doen van wetenskaplike of praktiese werk en ondersoeke; en Spesifieke doelwit 3, wat verband hou met die begrip van asook die toepassing van Lewenswetenskappe in die alledaagse lewe, sowel as ʼn begrip van die geskiedenis van wetenskaplike ontdekkings en die verhouding tussen inheemse kennis en wetenskap.
WAT BETEKEN DIE DRIE DOELWITTE EN WAT IS HULLE VERBINTENIS MET ASSESSERING? 2.1 SPESIFIEKE DOELWIT 1: KENNIS VAN LEWENSWETENSKAPPE (Lewenswetenskappe-begrippe, -prosesse, -verskynsels, -meganismes, -beginsels, -teorieë, -wette, -modelle, ens.) Spesifieke Doelwit 1 behels die kennis, begrip en die betekenisgewing aan wetenskap op so ʼn manier dat dit leerders in staat stel om verbindings te maak tussen idees en begrippe. Deur sulke verbindings te maak, is dit moontlik vir leerders om hulle kennis toe te pas in die konteks van nuwe en onbekende situasies. Die proses van die verkryging van ʼn diep begrip van wetenskap gaan oor meer as net die kennis van baie feite. Die omvang van die kennis wat leerders moet verwerf, sluit kennis van prosesvaardighede met betrekking tot die uitvoer van ondersoeke, in. Die volgende kognitiewe (denk-) vaardighede bestaan uit die verskeidenheid vaardighede wat alle leerders in die konteks van die werk deur die kurrikulum in ʼn skooljaar moet ontwikkel. Hierdie vaardighede dui ook aan wat deur die loop van die jaar op die toepaslike graadvlak geassesseer moet word deur ʼn verskeidenheid assesseringsmetodes. Let daarop dat nie elke vaardigheid in elke assessering getoets sal word nie. Die fasiliteerder moet egter seker maak dat die assessering teen die einde van die jaar bewyse verskaf dat leerders in al hierdie vaardighede geassesseer is. 2.1.1 Verwerwing van kennis In die proses om kennis te verkry, moet leerders: • toegang hê tot inligting vanaf ʼn verskeidenheid bronne (fasiliteerders, naslaanboeke, handboeke, Internet, deskundiges, maats, ouers, ensovoorts); • sleutel-idees kan kies; • feite kan onthou; en • konsepte/begrippe, prosesse, verskynsels, meganismes, beginsels, teorieë, wette en die modelle in die Lewenswetenskappe kan beskryf.
© Optimi
5
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
Assessering Ten einde die vaardighede (of kognitiewe vaardighede) te evalueer, moet fasiliteerders gebruik maak van die volgende werkwoorde in die take of assesserings wat hulle opstel: stel, noem, benoem, lys, definieer, beskryf en enige ander werkwoorde wat sal aandui dat die se leerders kennis oor die vak geassesseer word. 2.1.2 VERSTAAN EN MAAK DIE VERBAND TUSSEN IDEES EN BEGRIPPE OM BETEKENIS AAN LEWENSWETENSKAPPE TE GEE In die proses van betekenisverkryging en -begrip moet leerders; • ʼn konseptuele raamwerk bou van wetenskap-idees; • kennis organiseer of herorganiseer om nuwe betekenis te kan aflei; • opsommings skryf; • vloeidiagramme, diagramme en breinkaarte ontwikkel; en • patrone en tendense herken. Assessering Ten einde die vaardighede (of kognitiewe vaardighede) te evalueer, moet fasiliteerders gebruik maak van die volgende werkwoorde in die take of assessering wat hulle opstel: verduidelik, vergelyk, herrangskik, gee ʼn voorbeeld van, illustreer, bereken, stel ʼn rede voor, maak ʼn veralgemening, interpreteer inligting of data, voorspel, kies, onderskei of enige ander geskikte werkwoord wat sal aandui dat die begrip van die vak deur die leerders geassesseer word. 2.1.3 TOEPASSING VAN LEWENSWETENSKAPPE-KENNIS IN NUWE EN ONBEKENDE SITUASIES Leerders moet in staat wees om: • inligting op ʼn nuwe manier te gebruik; en • kennis toe te pas in nuwe en onbekende kontekste/situasies. Assessering Ten einde die vaardighede (of kognitiewe vaardighede) te evalueer, moet fasiliteerders gebruik maak van die volgende werkwoorde in die take of assessering wat hulle opstel: demonstreer, interpreteer, voorspel, vergelyk, onderskei, illustreer, los op en kies, asook enige ander toepaslike werkwoorde wat die leerders se vermoë om kennis toe te pas, assesseer. Die sleutel is dat die leerders in staat moet wees om kennis toe te pas in ʼn konteks of situasie waarvoor hulle nog nie spesifieke kennis het nie, of dat hulle die kennis wat hulle het op ʼn nuwe manier moet gebruik. 2.1.4 ONTLEED, EVALUEER EN SINTETISEER WETENSKAPPE-KENNIS, KONSEPTE/BEGRIPPE EN IDEES In die leerproses van wetenskap moet leerders in staat wees om: • inligting/data te analiseer; • die verwantskappe tussen bestaande kennis en nuwe idees te herken; • wetenskaplike inligting krities te evalueer; • aannames te identifiseer; en • inligting te kategoriseer.
© Optimi
6
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
Assessering Om die vaardighede (of kognitiewe vaardighede) te evalueer, moet fasiliteerders gebruik maak van die volgende werkwoorde in die take of assessering wat hulle opstel: waardeer, argumenteer, oordeel, kies, evalueer, verdedig (ʼn oogpunt), vergelyk, kontrasteer, kritiseer (ʼn argument of aanname), onderskei, bespreek of enige ander geskikte werkwoorde wat sou aandui dat analisering, evaluering en sintese geassesseer word. 2.2 SPESIFIEKE DOELWIT 2: ONDERSOEK VAN LEWENSWETENSKAPPE VERSKYNSELS Leerders moet in staat wees om ondersoeke te beplan en uit te voer asook om probleme op te los wat praktiese vermoëns vereis. Hierdie vermoëns word ondersteun deur ʼn gesindheid van nuuskierigheid en ’n belangstelling om uit te vind hoe die natuurlike wêreld en lewende dinge daarin werk. Die volgende verskeidenheid vaardighede hou verband met die praktiese werk wat gedoen word in Lewenswetenskappe. Al sewe vaardighede sal nie gelykwaardig van toepassing wees op elke aktiwiteit nie. Die vaardighede is in lyn met wat die leerders in die normale verloop van die uitvoering van ʼn ondersoek sal doen. Fasiliteerders moet daardie vaardighede kies wat van toepassing is, en wat geassesseer kan word in die konteks van spesifieke aktiwiteite. Teen die einde van die jaar moet al sewe vaardighede op ʼn toepaslike graadvlak geassesseer wees.
Let wel: Terwyl praktiese ondersoeke ʼn spesifieke verskeidenheid vaardighede behels, moet leerders se kennis en begrip van die wetenskap geassesseer word binne die konteks van die kognitiewe domein van Spesifieke Doelwit 1. Leerders moet in staat wees om: 2.2.1 INSTRUKSIES TE VOLG Dit is noodsaaklik, veral in die laer grade en in groot klasse. Fasiliteerders kan nie verwag dat alle leerders onbekende toerusting/apparaat onafhanklik moet kan gebruik, sonder om hulle ʼn duidelike stel instruksies te gee om te volg nie. Die hoeveelheid hulp wat benodig word, sal op die vlak van prestasie in hierdie verband dui. Die nakoming van veiligheidsmaatreëls sal deel hiervan wees. 2.2.2 TOERUSTING OF APPARAAT TE HANTEER Dit sluit in die kennis van die apparaat/toerusting, wat dit is, die naam daarvan en waarvoor dit gebruik word. Die leerders moet in staat wees om verskillende soorte apparaat/toerusting te gebruik. “Die hantering van apparaat/toerusting” is ʼn generiese vaardigheid en is van toepassing op enige toerusting wat gebruik word vir baie verskillende soorte ondersoeke. Die hantering van geïmproviseerde apparaat/toerusting vereis dieselfde vaardighede wat nodig sou wees vir die hantering van standaard laboratoriumtoerusting/apparaat. Die klem is op die gepaste en veilige gebruik van apparaat/toerusting (en nie net op die memorisering van die name van die apparaat/toerusting nie.)
© Optimi
7
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
2.2.3 WAARNEMINGS TE MAAK ʼn Verskeidenheid waarnemings is moontlik en kan op verskillende maniere aangeteken word, soos: • tekeninge; • beskrywings; • die groepering van die materiaal of voorbeelde wat gebaseer is op waarneembare ooreenkomste en/of verskille; • mate/metings; • vergelyk materiaal voor en na die behandeling; • waarneming van die resultate van ʼn eksperimentele ondersoek wat die aanteken van inligting op ʼn toepaslike wyse vereis; en • tel. 2.2.4 INLIGTING OF DATA AAN TE TEKEN/REKORDHOUDING VAN DATA Dit sluit die aanteken van waarnemings of inligting soos tekeninge, beskrywings, in ʼn eenvoudige tabelformaat, as eenvoudige grafieke, ens., in. Die vaardigheid van “aanteken” is oordraagbaar na ʼn reeks van verskillende wetenskaplike aktiwiteite. 2.2.5 METING
Leerders moet weet wat om te meet, hoe om dit te meet en moet ʼn gevoel hê van die graad van akkuraatheid wat vereis word. ʼn Verskeidenheid dinge kan gemeet word, insluitend (maar nie beperk tot) lengte, volume, temperatuur, gewig of massa en getalle (tel). Meet is ʼn manier om waarnemings te kwantifiseer en in hierdie proses moet die leerders leer om skattings te maak. 2.2.6 INTERPRETEER Leerders moet in staat wees om inligting van een vorm, waarin dit aangeteken is, om te skakel na ʼn ander, byvoorbeeld die omskakeling van ʼn tabel na ʼn geskikte grafiek. Leerders moet in staat wees om toepaslike, eenvoudige berekeninge uit te voer, inligting uit tabelle en grafieke te ontleed en te onttrek, teoretiese kennis toe te pas op praktiese situasies, patrone en/of tendense te identifiseer, die beperkinge van die eksperimentele prosedures te beoordeel en om afleidings te maak wat gebaseer is op bewyse. 2.2.7 ONDERSOEKE EN EKSPERIMENTE TE ONTWERP/BEPLAN Nie alle ondersoeke is gebaseer op die “klassieke” afhanklike en onafhanklike veranderlikes en kontroles nie. Byvoorbeeld, ʼn ondersoek kan die waarneming van grondprofiele of die tel van bevolkings behels. Die ontwerp van ʼn ondersoek is ʼn ander proses as die beplanning van ʼn ondersoek. In die ontwerpproses moet opsies oorweeg word. Afhangende van die hipotese moet veranderlikes dalk geïdentifiseer word. Vaardighede sluit in: • •
© Optimi
identifisering van ʼn probleem; die formulering van hipoteses; 8
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
• • • • • •
String
1-3
die kies van apparaat of toerusting en/of materiale; identifisering van veranderlikes; voorstelle van maniere om veranderlikes te beheer; beplanning van ʼn eksperiment; voorstelle van maniere om resultate aan te teken; en begrip vir die nodigheid om replisering en verifiëring te doen.
Die aard van wetenskappe Wetenskaplikes het deur al die eeue heen bygedra tot dit wat ons vandag weet. Wetenskaplikes, as gevolg van die werk wat hulle doen, is probleemoplossers. Hulle is nuuskierig. Hulle volg ‘n proses: • • • • • • • • • • •
Kies ‘n studieveld Identifiseer ‘n navraag of probleem Vorm ‘n hipotese (‘n teorie wat bestudeer en nagevors kan word) Formuleer ‘n plan van aksie om die probleem na te vors Besluit op ‘n veranderlike wat getoets moet word Ontwerp apparaat en strategieë (bv. eksperimente, bymekaarmaak van monsters, navoring van data) Voer navorsing noukeurig uit onder wetenskaplike toesig Skryf data akkuraat neer Analiseer en evalueer die data Rapporteer die bevindings en besluit of die hipotese waar of onwaar was Skryf ‘n verslag om voorspellings te maak
Wetenskaplikes voorsien ons van inligting, teorieë en aanvaarbare toetse en nie net hipotese nie. So, wat is die verskil tussen ‘n hipotese en ‘n teorie? * ‘n Hipotese (afgelei van die Griekse Woord “veronderstel”) is ‘n voorstelling en verduideliking van wat waargeneem word of ‘n voorstel om dit wat nagevors word, te voorspel. * ‘n Teorie is ‘n verduideliking van iets wat redelik of wetenskaplik aanvaarbaar nagevors is, maar nog nie as waar aanvaar is nie. In graad 10 moet leerders begin beplan en/of ontwerp om ‘n eenvoudige ondersoek of eksperiment te doen. Nota: Vaardighede 2.5.2.1 tot 2.5.2.6 (volg die instruksies, hantering van apparatuur, waarnemings, neerskryf van data, meting en vertolking van inligting) sal alles in een of ander vorm vereis word om sodoende hul eksperiment of ondersoek te kan afhandel. Deur sewe verskillende vaardighede uiteen te sit, kan hierdie vaardighede gebruik word om verskeie praktiese werkstukke wat vereis word in verskeie grade in Lewenswetenskappe, asook navorsing en eksperimente, uit te voer. Dit maak dit baie makliker vir die fasiliteerder om leerders se werk te beoordeel en te kyk of hulle dit kan doen. Vaardighede is gebaseer op wat leerders normaalweg sal moet doen in praktiese take. Dit is egter ook so dat elke vaardigheid nie in elke opdrag gebruik hoef te word nie.
© Optimi
9
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
2.3 SPESIFIEKE DOELWIT 3: WAARDERING EN BEGRIP VIR DIE GESKIEDENIS, DIE BELANGRIKHEID EN TOEPASSINGS VAN LEWENSWETENSKAPPE IN DIE SAMELEWING Die derde doelwit van Lewenswetenskappe is om leerders in staat te stel om te verstaan dat wetenskap op skool van toepassing kan wees op hulle lewens buite die skool en dat dit hul lewens verryk. Leerders moet blootgestel word aan die geskiedenis van die wetenskap en inheemse kennisstelsels van ander tye en kulture. Wetenskaplike kennis en begrip is oor tyd ontwikkel, deur mense wat nuuskierig was en wat met hulle soeke na kennis volhard het. Ons huidige begrip van die wetenskap sal verander en sal verbeter soos wat nuwe ontdekkings deur moderne wetenskaplikes gemaak word. Die vaardighede wat ontwikkel kan word tydens die bereiking van Spesifieke Doelwit 3 is kognitiewe eerder as praktiese vaardighede. Dit is dieselfde kognitiewe vaardighede as dié van Spesifieke Doelwit 1. Omdat die kennis wat verkry word ten opsigte van Spesifieke Doelwit 3 altyd verband hou met spesifieke vakinhoud, sal die inhoud die konteks verskaf vir die leerders oor die verskillende aspekte van die wetenskap in die samelewing. Wetenskap moet dus op ʼn geïntegreerde wyse onderrig word, om sodoende die vak te verbeter en duidelikheid te gee oor die verhouding tussen die vak en die samelewing, d.i. inheemse kennisstelsels wat verband hou met ʼn spesifieke onderwerp, verwante geskiedenis van wetenskaplike ontdekkings en die toepassings van wetenskap in die alledaagse lewe. 2.3.1 BEGRIP VIR DIE GESKIEDENIS EN DIE RELEVANSIE VAN SEKERE WETENSKAPLIKE ONTDEKKINGS Die vakinhoud verskaf aan die leerders die konteks van die geskiedenis van wetenskaplike ontdekkings en hul toepaslikheid op die samelewing. Hierdie aspekte, die geskiedenis en die toepaslikheid, moet gekoppel wees aan en onderrig word met die onderwerpe en inhoud wat verband hou met ʼn spesifieke ontdekking of ʼn bepaalde wetenskaplike. 2.3.2. VERWANTSKAP TUSSEN INHEEMSE KENNIS EN LEWENSWETENSKAPPE Alle kennis ontstaan uit sieninge van hoe die wêreld werk. Een van die verskille tussen moderne wetenskap (en tegnologie) en tradisionele, inheemse kennisstelsels is dat hulle hul oorsprong in verskillende wêreldbeskouings het. Leerders moet die verskillende kulturele kontekste verstaan waarin inheemse kennisstelsels ontwikkel het. Die voorbeelde van inheemse kennis wat vir die studie gekies word, moet sover as moontlik verskillende Suid-Afrikaanse kulturele groepe weerspieël. Hulle moet ook direk gekoppel word aan spesifieke Lewenswetenskappe vakinhoud. 2.3.3 DIE WAARDE EN TOEPASSING VAN LEWENSWETENSKAPPE-KENNIS IN DIE BEDRYF TEN OPSIGTE VAN LOOPBAANGELEENTHEDE EN DIE ALLEDAAGSE LEWE Lewenswetenskappe-kennis kan toegepas word en is relevant in verskillende aspekte van die samelewing. Voorbeelde moet relevant wees tot die vakinhoud waarmee
© Optimi
10
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
leerders op ʼn bepaalde tyd te doen het. Daar is loopbaangeleenthede in die veld van sosio-biologie en dieregedrag, plantpatologie, wildbestuur, omgewingsimpakstudies, die bewaring van biodiversiteit, paleontologie, paleoantropologie, landbou, tuinbou, omgewingswetgewing, wetenskapjoernalistiek, biotegnologie, genetiese ingenieurswese, en vele ander. Leerders moet bewus gemaak word van loopbane, maar dit moet nie in detail bespreek of geleer word nie. Vaardighede Alhoewel die soort kennis vir Spesifieke Doelwitte 1 en 3 verskillend is, moet die inhoud op ʼn geïntegreerde wyse aangebied word, sodat dit vir leerders makliker is om die geskiedenis, relevansie en toepassing van die wetenskap te verstaan. Wat belangrik is, is dat die vaardighede wat ontwikkel en geassesseer moet word vir Spesifieke Doelwit 3 dieselfde is as dié van Spesifieke Doelwit 1. Leerders moet in staat wees om: • toegang tot inligting te verkry; • sleutel-idees te kies; • inligting te herroep; Spesifieke doelwit 1.1 • die kennis van die natuurwetenskappe te beskryf; • ʼn konseptuele raamwerk te bou; • kennis te organiseer of te herorganiseer; • opsommings te skryf; Spesifieke doelwit 1.2 • vloeidiagramme en breinkaarte te ontwikkel; • patrone en tendense te herken; • kennis toe te pas in ʼn nuwe konteks; • kennis te gebruik in ʼn nuwe manier; Spesifieke doelwit 1.3 • inligting/data te analiseer; • wetenskaplike inligting krities te evalueer; • die verhouding tussen bestaande kennis en nuwe idees te herken; Spesifieke doelwit 1.4 • aannames te identifiseer; en • inligting te kategoriseer. Die drie doelwitte is in lyn met die drie leeruitkomste waarmee fasiliteerders vertroud is. Binne elk van hierdie doelwitte, is spesifieke vaardighede of bevoegdhede geïdentifiseer. Dit is nie raadsaam om te probeer om elk van hierdie vaardighede apart te assesseer nie, en ook nie om oor elkeen apart verslag te lewer nie. Goed ontwerpte assesseringstake moet aan die einde van die jaar bewys lewer dat al die vaardighede geassesseer is op ʼn toepaslike graadvlak. Daar moet ʼn duidelike verband tussen die doelwitte en die uitkomste van les wees. Die prosesse van onderrig, leer en assessering sal die skakels tussen die spesifieke doelwitte en die bereiking van die uitkomste gee. 2.4 DIE ONTWIKKELING VAN TAALVAARDIGHEDE: LEES EN SKRYF Lewenswetenskappe fasiliteerders behoort bewus te wees daarvan dat hulle ook betrokke is in die onderrig van taal oor die kurrikulum. Dit is veral belangrik vir die leerders vir wie die Taal van Leer en Onderrig (TLO) nie hul huistaal is nie. Dit is belangrik om leerders die geleenthede te gee om hul taalvaardighede te ontwikkel en te
© Optimi
11
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
verbeter in die konteks van die leer van Lewenswetenskappe. Dit sal dus van kardinale belang wees om leerders die geleentheid te gee om wetenskaplike tekste te lees en om verslae, paragrawe en kort opstelle te skryf as deel van veral (maar nie uitsluitlik nie) informele assessering vir leer.
© Optimi
12
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
Brief aan die fasiliteerder Geagte fasiliteerder Wat is Lewenswetenskappe? Die vak Lewenswetenskappe bestaan uit ‘n sistematiese studie van lewe in die steeds veranderde natuurlike en mensgemaakte omgewing. Hierdie sistematiese studie sluit in: kritiese navorsing, nadenke, en insig in konsepte en prosesse, asook die implementering daarvan in die gemeenskap. Die vaardighede wat die leerders ontwikkel en gebruik in Lewenswetenskappe, leer hulle om probleme op te los, krities te dink, besluite te neem, antwoorde te soek en om hul nuuskierigheid te prikkel – hierdie vaardighede kan nie in isolasie ontwikkel word nie. Die beste ontwikkeling vind plaas binne die konteks van die breë raamwerk van kennis. Watter ander vakke moet saam met Lewenswetenskappe geneem word? Daar is geen ander verpligte vakke wat saam met Lewenswetenskappe geneem moet word nie. Vakke wat geneem word, sal afhang van die leerders se toekomsplanne. Indien leerders in ‘n wetenskaplike studieveld wil studeer, bv. B.Sc, medies, landbou of veeartsenykunde, moet Wiskunde as verpligte vak geneem word. Daar word ook aanbeveel dat Fisiese Wetenskappe geneem moet word. Watter beroepsmoontlikhede is daar in die Lewenswetenskaplike studierigting? Lewenswetenskappe bou op die basis vir enige rigting in die Natuurwetenskappe. Natuurwetenskappe fokus op drie spesifieke doelwitte: i. Wetenskaplike navorsing; ii. Versameling van wetenskaplike kennis; en iii. Wetenskaplike, tegnologiese, omgewings- en gemeenskapsbetrokkenheid. Die vak, Lewenswetenskappe, het drie spesifieke doelwitte wat hierop uitbrei. Lewenswetenskappe berei die leerders voor vir verdere opleiding en studie, beroepsrigtings, asook vir entrepreneurskap. Lewenswetenskappe maak voorsiening vir beroepe soos medies, bio-ingenieurswese, sielkunde, verpleging, opvoedkunde, marine-biologie en omgewingstudies. Die fasiliteerdersgids vir graad 11 se Lewenswetenskappe loop parallel met die voorgeskrewe modules in graad 11 se handleiding. Elke module in hierdie handleiding het ‘n assesering – TOETS JOU KENNIS. Die antwoordboek bevat die antwoorde vir al die vrae. Die puntetoekenning vir elke antwoord in die toets word met die simbool (√) aangedui. As fasiliteerder kan jy van die leerders se toetse nasien deur gebruik te maak van die memorandum in die antwoordboek. Let daarop dat van die assesseringstake individueel gedoen word, en ander in groepsverband. Leerders kan mekaar se werk in groepstake assesseer. Punte is nie vir alle take toegeken nie. Sommige van die aktiwiteite vereis die leerders se siening. Antwoorde op hierdie vrae moet ‘n duidelike standpunt motiveer wat met goeie beredenering ondersteun word.
© Optimi
13
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
Die leerders moet die inhoud van die handleiding ken om gereed te wees vir die eksamen. Die leerders se kennis, insig en vaardighede gaan in die toetse en portefeuljewerk gemeet word. Die eksamen sal die leerders se kennis toets, hoe hulle verstaan en analiseer, asook hulle evaluerings- en verduidelikingsvaardighede. Let daarop dat dit baie belangrik vir die leerders is om die uitdagingsaktiwiteite aan die begin van elke eenheid te doen. Hoewel daar geen antwoorde daarvoor in die fasiliteerdersgids is nie, sal hierdie aktiwiteite die leerders se kennis uitbrei, en dit sal aandui of die leerders die kerninhoud wat volg, verstaan. HOE OM DIE LEERDERS TE ASSESSEER INLEIDING Assessering is ʼn deurlopende, beplande proses van identifisering, versameling en interpretasie van inligting oor leerders se prestasie, deur die gebruik van verskillende vorme van assessering. Dit behels vier stappe: om bewyse van prestasie te genereer en te versamel, evaluering van hierdie getuienis, die aantekening van die bevindinge en die gebruik van hierdie inligting om te verstaan en om sodoende die leerders met ontwikkeling te help om die proses van leer en onderrig te verbeter. Assessering moet beide informeel (assessering vir leer) en formeel (assessering van leer) wees. In beide gevalle moet gereelde terugvoering aan die leerders gegee word om hul leerervaring te verbeter. Assessering is ʼn proses wat individuele leerders se bemeestering van kennis (inhoud, konsepte en vaardighede) in ʼn vak meet deur die insameling, analisering en interpretasie van data en inligting wat verkry is uit hierdie proses, om: • die fasiliteerder in staat stel om ʼn betroubare oordeel te fel oor leerders se vordering; • leerders in te lig oor hul sterk punte, swak punte en vordering, en • fasiliteerders en ander belanghebbendes te help om besluite te maak oor die leerproses en die vordering van die leerders. Assessering moet getoets word teen die inhoud en die beoogde doelwitte wat vir Lewenswetenskappe gespesifiseer is. Dit is belangrik dat daar deur die loop van die jaar tydens informele en formele assessering verseker word dat: • al die vakinhoud gedek word; • die volle spektrum van vaardighede ingesluit is, en • verskillende vorme van assessering gebruik word. INFORMELE ASSESSERING OF DAAGLIKSE ASSESSERING Assessering vir leer se doel is om voortdurend inligting in te samel oor leerders se prestasie wat gebruik kan word om hul leer te verbeter. Informele assessering is ʼn daaglikse kontrolering van leerders se vordering. Dit word gedoen deur middel van waarnemings, besprekings, praktiese demonstrasies, leerderfasiliteerderkonferensies, informele klaskamerinteraksie, ens. Informele assessering kan so eenvoudig wees as om tydens die les te stop en leerders waar te neem of om hul leervordering te bespreek. Informele assessering moet gebruik word om terugvoer te gee aan die leerders en om beplanning vir onderrig toe te lig, maar dit hoef nie
© Optimi
14
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
aangeteken te word nie. Dit moet nie gesien word as apart van leeraktiwiteite wat in die klaskamer plaasvind nie. Leerders of fasiliteerders kan hierdie assesseringstake nasien. Self- en groepassessering behels dat die aktiewe deelname van die leerders geassesseer word. Dit is belangrik aangesien dit leerders toelaat om te leer uit, en te besin oor, hulle eie prestasie. Die resultate van die informele daaglikse assesseringstake word nie formeel aangeteken nie, tensy die fasiliteerder verkies om dit te doen. Die resultate van daaglikse assesseringstake word nie in ag geneem vir bevordering of sertifisering nie. Informele, deurlopende assessering moet gebruik word om die verkryging van kennis en vaardighede te struktureer en moet ʼn voorloper tot ʼn formele taak in die Assesseringsprogram wees. FORMELE ASSESSERING Alle assesseringstake wat deel vorm van ʼn formele program van assessering vir die jaar, word beskou as ʼn formele assessering. Alle formele assessering is in die portefeuljeboek. Formele assesseringstake word gemerk en formeel aangeteken deur die fasiliteerder vir bevordering en sertifiseringsdoeleindes. Alle formele assesseringstake is onderhewig aan moderering om te verseker dat toepaslike standaarde gehandhaaf word. Formele assessering gee fasiliteerders ʼn sistematiese manier om te evalueer hoe goed leerders vorder in ʼn graad en in ʼn bepaalde vak. Voorbeelde van formele assessering sluit toetse, eksamens, praktiese take, projekte, mondelinge voordragte, demonstrasies en optredes, in. Formele assesseringstake vorm deel van ʼn jaarlange formele assesseringsprogram in elke graad en vak. Die kognitiewe eise in assessering moet gepas wees vir die ouderdom en ontwikkelingsvlak van die leerders in die graad. Assessering in Lewenswetenskappe moet voorsiening maak vir ʼn reeks kognitiewe vlakke en vermoëns van die leerders. Die assesseringstake moet omsigtig ontwerp word om die inhoud van die vak asook die verskeidenheid vaardighede en die kognitiewe vlakke wat in die spesifieke doelwitte geïdentifiseer is, te dek. Die ontwerp van assesseringstake moet dus verseker dat die volle omvang van die inhoud en vaardighede binne die graad en fase geassesseer word. Die spesifieke doelwitte, onderwerpe, inhoud en omvang van vaardighede in die vak moet gebruik word om die beplanning en ontwikkeling van die assesserings toe te lig.
© Optimi
15
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
Wat is Bloom se taksonomie? Die kategorieë in Bloom se taksonomie is hiërargies georden, wat beteken dat elke vorige vlak die voorwaarde vir die daaropvolgende vlak is. By die formulering van leerdoelwitte kan nie van die leerders verwag word om denkhandelinge op 'n gevorderde vlak uit te voer voor bemeestering van denkhandelinge op die voorgaande vlakke nie. Kennis is dus 'n lae kognitiewe vlak, terwyl evaluering 'n hoë kognitiewe vlak is. Kennis
Om inligting bykans onveranderd op te roep en weer te gee
Begrip
Om elementêre verbande tussen gegewens te lê
Toepassing
Om nuut-verworwe kennis in nuwe omstandighede toe te pas
Analise
Om inligting te analiseer (ontleed) of op te breek ten einde die verwantskap van die dele te toon
Sintese
Om tot die bepaling van 'n struktuur te kom
Evaluering
Om waarde-oordele oor sake uit te spreek
Die volgende tabel gee ‘n aanduiding van die vaardigheidsvlakke van assessering vir eksamens in Lewenswetenskappe: BLOOM SE KATEGORIENAAM KENNIS en GEHEUE BEGRIP/INSIG
Verklarend Letterlik Wiskundig TOEPASSING
HOËR VERMOËNS: Analise Sintese Evaluering
© Optimi
KATEGORIE ITEM HERKENNINGSVERWYSING BESONDERHEDE A Items assesseer deur die oproep en weergee van feite B Items vereis meer as “A” en assesseer begrip van roetine en bekende materiaal: (BI) bv. van letterlik na simbolies en/of van simbolies na letterlik (BV) bv. verduidelikings (BN) bv. standaard oefeninge C Items vereis die toepassing van abstrakte idees en veralgemenings op nuwe, moderne of onbekende situasies D Items vereis: • Ontleding van data en patroonerkenning • Samestelling van data • Waardebepaling van data teen gegewe maatstawwe
16
GEWIG % 30
20
30
20
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
6. ASSESSERINGSVEREISTES VIR GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE FORMELE, AFGELEGDE, SKOOLGEBASEERDE ASSESSERINGS 25% INHOUD PRAKTIES ‘n Keuse van 3 • 4 toetse verteenwoordigende praktiese • 1 Junie-eksamen (2½ uur) • 1 navorsingsprojek (kan in die take, wat die reeks uitkomste dek. (Die punte vir die praktiese eerste kwartaal gedoen word, take moet tussen 10 en 30 en in die vierde kwartaal wissel.) ingedien word.)
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING (gedurende die jaar) KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4 • 1 toets • 1 toets • 1 toets • 1 toets • 1 praktiese • 1 praktiese • 1 praktiese • 1 navortaak taak taak singsprojek • 1 Junieeksamen (2½ ure) 25% 25% 25% 25% Verwerk tot 25%
© Optimi
17
EINDE VAN DIE JAAR INTERNE EKSAMEN 75% INHOUD Twee geskrewe eksamens van 2½ ure elk. Inhoud, begrippe, vermoëns oor alle onderwerpe. Kennis van praktiese werk sowel as sommige van die vermoëns verwant aan praktiese werk moet in die geskrewe eksamen geassesseer word.
PRAKTIES Praktiese kennis en vermoëns
80% = 60 punte 75%
20% = 15 punte
75%
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
UITEENSETTING VAN NOVEMBEREKSAMEN Die eksamen sal bestaan uit twee vraestelle van 2 ½ ure en 150 punte elk. Die gewig en die beoordeling van die onderwerpe in Vraestel 1 en Vraestel 2 sal soos volg wees:
Vraestel 1 Onderwerp
Gewig %
Punte
3 weke
18
27
3 weke
18
27
1½ weke
10
15
2½ weke
15
22
T3: • Gaswisseling
2½ weke
15
23
• Ekskresie in die mens
4 weke
24
36
• Bevolkingsekologie Totale
16½ weke
100%
150
T2: • Energie-omskakelings om lewe te onderhou: Fotosintese
Tyd
• Dierevoeding • Energie-omskakeling: Respirasie
Vraestel 2 Onderwerp T 1: • Biodiversiteit en klassifikasie van mikroorganismes
Tyd
Gewig %
Punte
2 weke
20
30
3 weke
20
30
2 weke
13
20
7 weke
47
70
15 weke
100%
150
• Biodiversiteit in plante en reproduksie • Biodiversiteit van diere T4: • Menslike impak op die omgewing: huidige krisisse Totale
Die gewig per onderwerp moet dien as ʼn riglyn vir fasiliteerders, geringe afwykings ten opsigte van die aantal punte wat toegeken word aan ʼn onderwerp is aanvaarbaar. Die doel van die toekenning van persentasies is om te verseker dat alle onderwerpe gedek word in min of meer die korrekte gewig.
© Optimi
18
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
WERKSKEDULE KWARTAAL 1 Kennisarea 1: Diversiteit, verandering en kontinuïteit Lewe bestaan uit ʼn wye verskeidenheid vorms wat in verskillende nisse leef. Hierdie afdeling stel leerders bloot aan ʼn verskeidenheid lewensvorme, van mikro-organismes tot makroskopiese plante en diere. Dit is georganiseer volgens ʼn mensgemaakte klassifikasiestelsel wat gegrond is op waarneembare kenmerke. Leerders verken die rol van organisms in ʼn ekosisteem, insluitend mikro-organismes wat ʼn groot oorsaak van siektes is. Hierdie kennis sluit ook ʼn paar evolusionêre ontwikkelinge in die plant-en dierefilums in. Tyd Onderwerp Inhoud Ondersoeke Bronne 3 weke (12 ure)
Biodiversiteit en klassifikasie van mikroorganismes
Biodiversiteit • Mikro-organismes: basiese struktuur en algemene kenmerke van die volgende groepe (Skakel met grade 9 en 10): - virusse; - bakterieë; - Protista, en - swamme (fungi). (Makroskopiese organismes in die Protista en swamme moet net genoem word – moet nie in detail bestudeer word nie) • Noem die rolle wat hierdie groepe in die handhawing van balans in die omgewing en lewensweb speel. • Simbiotiese verhoudings, insluitend stikstofbindende bakterieë in plante en E. coli in die menslike ingewande (skakel met graad 10).
© Optimi
19
• Waar moontlik, moet die voorkoms van bakterieë/ fungi gedemonstreer word deur die groei van kulture op agar, of broodmuf (fungus) op brood.
• Handboeke • Naslaanboeke • Tabelle • Agar • Petri-bakkies • Handlense
1-3
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String • Die effek en die bestuur van een siekte van elk van die vier groepe: - virusse (hondsdolheid, MIV/Vigs, griep); - bakterieë (roes, cholera, tuberkulose, miltsiekte); - protiste (malaria), en - swamme (roes, sproei, omlope, atleetvoet). • Immuniteit, insluitend plante en diere se immuunreaksie teen die infekterende mikro-organismes en inentings (kortliks). • Die gebruik van dwelms, bv. antibiotika, effek op mikro-organismes • Die gebruik van mikro-organismes om medisyne (bv. insulien en antibiotika) te produseer. • Tradisionele tegnologie om produkte soos, bv. bier, wyn en kaas te produseer.
© Optimi
20
• Soek na bakteriële/swamsiektes op plante (skool en huis). Dui op ʼn kaart die verspreiding van een van die siektes in die studiegebied aan.
1-3
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
KWARTAAL 1 3 weke (12 ure)
Biodiversiteit van plante (Fokus op die ontwikkelingslyne en nie op die indiepte studies van die lewensiklusse nie. Leerders moet ʼn algemene begrip hê en in staat wees om filogenetiese stambome en Kladogramme te gebruik en te interpreteer) Voortplanting in plante
• Groepering van briofiete, pteridofiete, gimnosperme en angiosperme volgens die teenwoordigheid/afwesigheid van: - vaskulêre weefsels (xileem en floëem); - ware blare en wortels; - sade of spore; - vrugte. Vermindering van die afhanklikheid van water vir voortplanting vanaf briofiete tot angiosperme
• Handboeke • Plantmonsters • Identifiseringsgidse/ sleutels • Handlense • Mikrograwe • Tabelle • Modelle • Mikroskope • Voorafbereide plaatjies
• Aseksuele en seksuele voortplanting, gee die voor- en nadele van elk. • Blomme as voortplantingstrukture Aanpassings vir bestuiwing deur middel van verskillende bestuiwers: wind, insekte en voëls (slegs Suid-Afrikaanse voorbeelde). Noem verskille en ooreenkomste. • Die betekenis van sade - saadbanke; - saad as ʼn voedselbron, en - endemiese spesies in Suid-Afrika.
© Optimi
• Waarneming en teken van relevante makroskopiese dele wat as voorbeelde van elk van die volgende groepe dien: - briofiete: mosplant - pteridofiete: risoom, varingblaar met sori - gimnosperme: naalde, keëls en sade; - angiosperme: blomme, vrugte en sade.
21
• Teken ʼn filogenetiese boom wat die evolusionêre geskiedenis van die vier plantgroepe toon asook groot strukturele veranderings in hul geskiedenis van ontwikkeling. • Dissekteer ʼn voorbeeld van elk van die volgende blomtipes: - windbestuifde blom; - insekbestuifde blom; - voëlbestuifde blom. Teken waarnemings in ʼn vergelykende tabel aan. Opsioneel: ontkiem sade: rekordeer die proses.
• Verskillende blomme • Skalpel of lemmetjies • Handlense • Mikrograwe • Sade
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
KWARTAAL 1 2 weke (8 ure)
Biodiversiteit van diere met ʼn fokus op 6 van die hooffilums.
(Fokus op die ontwikkelingslyne en filogenetiese bome. Geen verdere besonderhede oor die morfologie van die ses filums word benodig nie).
• Die verwantskap tussen die liggaamsplan en die groepering van diere in filums. Die begrip: filum.
• Bereken benaderde oppervlakte tot volume verhoudings van geselekteerde voorbeelde.
• Handboeke
• Ses filums (uit ongeveer 30 in die diereryk): - Porifera; - Cnidaria; - Platyhelminthes; - Annelida; - Arthropoda; - Chordata.
• Kyk na soveel as moontlik voorbeelde van die filums (foto’s/DVD’s).
• Foto’s
• Belangrike kenmerke ten opsigte van die liggaamsplanne: - simmetrie en kefalisasie; - die getal weefsellae wat uit die embrio ontwikkel; - die getal openinge in die verteringskanaal; - seloom en bloedstelsels. • Die verhouding tussen liggaamsplanne en maniere van lewe vir elk van die ses filums, ooreenkomste en verskille.
Totaal: 8 weke (32 ure)
© Optimi
• Die rol van ongewerweldes in landbou en ekosisteme (bv. bestuiwing, ontbinding, gronddeurlugting, ens.)
22
• Kies EEN filum en ontwerp ʼn plakkaat om diversiteit te toon van die filum in Suid-Afrika. • Konstrueer ʼn vergelykende tabel van hierdie vier belangrike kenmerke in die ses geselekteerde filums.
• Naslaanboeke
• DVD’s indien moontlik
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
KWARTAAL 2 Kennisarea 2: Lewensprosesse in plante en diere Organismes het energie nodig om aan die lewe te bly. Hulle kry dit op een van twee maniere: deur uitstralingsenergie van die son op te vang en dit in chemiese energie om te skakel wat hulle kan gebruik (outotrofe), of ( indien hulle dit nie self kan doen nie), deur ander organismes te eet (heterotrofe). Die energie-omskakelings wat lewe onderhou, sluit fotosintese (waar energie in voedsel opgeneem is) in, gevolg deur dierlike voeding (waar die kos verwerk word sodat dit by die selle kan uitkom), en sellulêre respirasie (hoe hierdie energie beskikbaar gestel word aan organismes ten einde lewe te onderhou). Gaswisseling tussen ʼn organisme en sy omgewing is nodig vir fotosintese en sellulêre respirasie. Lewensprosesse behels ook die verwydering van koolstofdioksied en later stikstofbevattende afvalstowwe uit die liggaam deur die niere. Tyd Onderwerp Inhoud Ondersoeke Bronne 3 weke (12 ure)
Energieomskakeling om lewe te onderhou
Fotosintese • Die proses van fotosintese deur gebruik te maak van woorde en simbole: die inname van grondstowwe, vasvang en berging van energie, vervaardiging en berging van voedsel in chloroplaste. Die vrystelling van suurstof. Slegs melding van lig en donker fases (Geen biochemiese besonderhede van lig en donker fases word vereis nie); • Die belangrikheid van fotosintese: vrystelling van suurstof, opname van koolstofdioksied uit die atmosfeer, voedselproduksie (vaslegging van energie); • Gevolge van veranderende hoeveelhede lig, koolstofdioksied en temperatuur op die tempo van fotosintese (kort bespreking saam met grafieke).
© Optimi
23
Essensiëel • Ondersoek fotosintese deur te bewys dat: - stysel tydens fotosintese geproduseer word; en dat - lig noodsaaklik is vir fotosintese.
• Handboeke
• Die volgende ondersoeke kan gedoen word (deur leerders) as eksperimente of as demonstrasies: - koolstofdioksied is noodsaaklik vir fotosintese; - chlorofil is noodsaaklik vir fotosintese - suurstof word tydens fotosintese geproduseer Of - data kan voorsien word aan leerders wat dit dan moet interpreteer.
• Chemikalieë
• Lewende plante • Geskikte toerusting
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String • Die rol van koolstofdioksied verryking, optimum lig en optimum temperatuur in kweekhuisstelsels om oeste te verbeter (skakel met omgewingskwessies wat later bespreek word). • Die rol van ATP as ʼn belangrike energiedraer in die sel.
© Optimi
24
1-3
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
KWARTAAL 2 3 weke (12 ure)
Dierevoeding (Soogdiere)
• Die verskille ten opsigte van die gebit van herbivoriese, karnivoriese en omnivoriese lewenstyle met betrekking tot voedingswaarde en energieverhoudings (skakel met ekologie - voedselkettings). • Menslike voeding Die makrostruktuur van die spysverteringskanaal en geassosieerde organe en die funksies van die verskillende dele. • Die prosesse van ingestie, vertering, absorpsie, assimilasie en egestie en die belangrikheid van elk:
• Handboeke • Koerante • Gewilde tydskrifte • Kry die ingewande van ʼn skaap by ʼn slagter en volg die gang wat kos sal neem.
• Ingewande van ʼn skaap wat by ʼn slaghuis gekry is.
• Sny die maag oop, asook ʼn gedeelte van die dunderm en ʼn gedeelte van die dikderm om die struktuur van die wande in elk te vergelyk.
• Skalpel of skerp mes • Handlense
- Meganiese of fisiese vertering: tipes en funksies van verskillende soorte tande, prosesse van kou. Peristalse - Chemiese vertering: Ensieme: Funksies van karbohidrase, protease en lipase: waar dit geproduseer word, substrate, pH en eindprodukte (Bepaalde ensieme hoef nie benoem te word nie – skakel met ensiemaktiwiteit.) - Absorpsie: dunderm as ʼn gebied waar die meeste absorpsie van verteerde voedsel plaasvind; aanpassings om oppervlakte te verhoog. Struktuur (tot weefselvlak) en belangrikheid van villi. Die
© Optimi
25
• DVD/video om die disseksie van ʼn soogdier te toon
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
belangrikheid van lewerpoortstelsel in die vervoer van geabsorbeer kos na die lewer en dan deur die hepatiese aar na die res van die liggaam - Assimilasie: inlywing van glukose en aminosure in die selle, die rol van die lewer: glukose-metabolisme, deaminasie van oortollige aminosure, en die afbreek van alkohol, dwelms en hormone. • Homeostatiese beheer Hormonale beheer van bloedsuikervlakke. Die toename in aantal mense wat geraak word deur diabetes in die afgelope jare en ʼn kort verduideliking van diabetes. • Die verhouding tussen voedselinname, energie, groei en gesondheid. Die belangrikheid van ʼn gebalanseerde dieet en veranderende behoeftes as gevolg van ouderdom, geslag en aktiwiteitsvlakke.
• Verskeidenheid van voedselverpakking
Ondersoek: - Verskillende diëte as gevolg van kulturele, godsdienstige, persoonlike en gesondheidskeuses, bv, vegan, vegetaries, halaal, kosher; - Interpreteer voedingsinligting op kosverpakkings; - Voedingsaanvullings: vir
© Optimi
26
• Bereken die voedingswaarde van ʼn maaltyd/dieet. Gebruik dieetinligting of voedselverpakkings.
Fasiliteerdersgids G11 ~ Lewenswetenskappe
String
1-3
gesondheid, sport, skoonheid en anti-veroudering (skakel met organiese en anorganiese stowwe); - Wanvoeding: die rede vir en die effek van wanvoeding met betrekking tot ongebalanseerde dieet (bv. kwasjiorkor), hongersnood (bv. marasmus en anoreksie), bulimie, voedselallergieë, koronêre hartsiekte, diabetes en vetsug.
• Foto’s van die gevolge van kwasjiorkor, uittering, anoreksie, vetsug
• Analise van inligting in die gewilde pers, of enige ander bronne, met betrekking tot wanvoeding. • Tandbederf wat verband hou met dieet en fluoried in watertoevoer en die effek daarvan op tande. • Die uitwerking van alkohol- en dwelmmisbruik en die gevare wat met misbruik verband hou.
© Optimi
27
• Tydskrifte, koerantartikels, ens.