Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Landbouwetenskappe
Fasiliteerdersgids
Graad 11
Aangepas vir KABV
M Kotzè JC Zandberg
Wat behels Landbouwetenskappe?
INLEIDING
Landbouwetenskappe is die studie van die verwantskap tussen grond, plante en diere in die produksie en verwerking van voedsel, vesel, brandstof en enige ander landboukommoditeite wat ’n ekonomiese, estetiese en kulturele waarde het.
Dit is ’n geïntegreerde wetenskap wat die kennis en vaardighede van Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Geografie, Ingenieurswese, Wiskunde en Ekonomie kombineer. Hierdie vak moet binne die holistiese wetenskapraamwerk gesien word, en nie as ’n geïsoleerde wetenskap nie. Met die vak Landbouwetenskappe moet ’n volhoubare landbou-omgewing ingeskerp word deur teorie en vaardighede in die studie van die voedselproduksieketting en -verwerking te integreer. Dit konsentreer op die bestuursvaardighede wat nodig is om produksie op ’n lewensvatbare wyse vol te hou.
Die hoofonderwerpe in Landbouwetenskappe se kurrikulum is:
1. Grondkunde
2. Plantestudies
3. Dierestudies
4. Landbou-ekonomie
5. Basiese landbouchemie
6. Basiese genetika en biologiese konsepte
7. Volhoubare natuurlike hulpbronbenutting
8. Landbou-ekologie
AANVULLENDE BRONNE
Agricultural Science for All – Gr 11 deur W Burger; M Burger, N Phewa
Focus on Agricultural Sciences deur J de Fontaine; B Letty; K Morrison; A Smuts
Landboutydskrifte: Landbouweekblad, Farmer’s Weekly en Agri Farmer. Die nuwe Landbouwetenskap deur: Burger en Moolman.
Die internet
HULPBRONNE
Die volgende hulpbronne word vereis om die vak suksesvol te voltooi:
• Impaq-handleiding
• Impaq-fasiliteerdersgids
• Impaq-portefeuljeboek
• Junie-eksamen
• Novembereksamen
• Klere, skoene en toerusting vir praktiese aktiwiteite.
• ’n Plaas waar praktiese werk gedoen kan word.
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die leerder te help om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
’n Opsomming of verduideliking van kernbegrippe in die les.
WENKE
Inligting bo en behalwe die inhoud om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing vir die leerder om die inhoud self verder in diepte na te vors.
KERNINHOUD
Vaslegging van kerninhoud; in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les.
AKTIWITEIT
Sample
Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis van elke voltooide les te toets.
OEFENING
Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis van elke voltooide les te toets.
STUDEER / HERSIENING
Afbakening of opsomming van die werk wat ter voorbereiding vir toetse en eksamens hersien moet word.
*Alle leselemente word nie noodwendig in hierdie gids gebruik nie.
Elke les bestaan uit die volgende leeraktiwiteite:
• ’n Uitdaging
• Landbouwetenskap-inhoud
• Aktiwiteite om die uitdaging op te los
• Toepassing en hersiening
Asook:
• Leerdoelwitte
• Bykomende aktiwiteite
• Definisies
• Verrykingsaktiwiteite (Vir die nuuskieriges)
• Opsommings
• Aktiwiteite vir selfassessering
ROOSTER EN TYDSBESTUUR
Die voorgestelde tydstoedeling vir Landbouwetenskappe in graad 11 is soos volg:
Aantal eenhede per jaar 4 eenhede/jaar
Totale aantal weke beskikbaar om inhoud te bestudeer30
Duur van elke eenheid ± 7 weke
Aantal eenhede 4
Voorgestelde tydsduur per eenheid 4 ure/week
Aantal lesse per eenheid 7 – 10 lesse
Tydsduur per les 45 minute
* Probeer om ten minste een uur per dag aan die vak te spandeer. Daar kan self besluit word op watter vier dae daar aan Landbouwetenskappe gewerk gaan word.
Vereistes vir Landbouwetenskappe as vak:
• Elke leerder moet ’n handleiding hê.
• Leerders moet genoeg tyd hê om aan take te werk.
• Leerders moet toegang hê tot ’n plaas waar vereiste praktiese aktiwiteite gedoen kan word.
• Die vorige dag se werk moet daagliks hersien word.
• Die aktiwiteite in die handleiding moet voltooi word. Dit sal help met voorbereiding vir toetse en eksamens.
• Aktiwiteite in die handleiding vorm nie deel van die portefeuljewerk nie.
• Portefeuljewerk bestaan uit die sewe take, soos uiteengesit op die assesseringsplan in die portefeuljeboek. Slegs dié take vorm deel van die portefeulje en moet apart ingedien word.
• GEEN portefeulje = GEEN punte. Dit is baie belangrik om die portefeulje op datum te hou en die take/punte volgens die datums op die assesseringsplan in die portefeuljeboek in te dien.
G11 ~ Landbouwetenskappe
ASSESSERINGSVEREISTES
Portefeulje
Taak 1Praktiese opdrag
Taak 2Kwartaal 1-toets
Taak 3Praktiese ondersoek
Taak 4Junie-eksamen
Taak 5Navorsingsprojek
Taak 6Kwartaal 3-toets
PunteInhandigingsdatums
50Sien portefeuljeboek
75Sien portefeuljeboek
50Sien portefeuljeboek
150Sien portefeuljeboek
50Sien portefeuljeboek
75Sien portefeuljeboek
Taak 7.1Novembereksamen 1150Sien portefeuljeboek
Taak 7.2Novembereksamen 2150Sien portefeuljeboek
* Die assesseringstake dra 25% by tot die finale punt.
* Kwartaal 1 en 2 se werk word tydens die Junie-eksamen geassesseer.
Formaat van Novembereksamen
Die Junie-eksamen (slegs een vraestel) sal dieselfde formaat hê, maar nie dieselfde inhoud insluit nie aangesien al die inhoud nog nie behandel is nie.
Die Novembereksamen (twee vraestelle) word soos volg saamgestel:
VRAESTEL 1
Tyd: 2½ ure
A
• Basiese landbouchemie
B
• Grondkunde Vraag 1 Vraag 2 – 4
(35 punte per vraag)
VRAESTEL 2
Tyd: 2½ ure
A
• Plantestudies
• Optimale hulpbronbenutting Vraag 1 Vraag 2 – 4
(35 punte per vraag)
* Die Novembereksamen tel uit 300 – dus 75% van die finale punt.
* SBA tel uit 100 – dus 25% van die finale punt.
Totale punt = 100 + 300 = 400 ÷ 4 = 100
STUDIEWENKE EN -METODES
Landbouwetenskappe is ’n wetenskap, daarom moet leerders wat hierdie vak neem heelwat tyd spandeer aan intensiewe studie om al die fasette en feite van die vak te bemeester.
• Moenie toelaat dat die werk ophoop nie – studeer.
• Leer die feite en maak opsommings ná voltooiing van ’n hoofstuk.
• Maak seker dat jy alles verstaan. Indien jy iets nie verstaan nie, vra iemand om dit aan jou te verduidelik.
• Indien daar te veel tyd verloop, mag jy vind dat die werk nie meer sin maak nie, en dat meer tyd nodig is om dit te leer.
• Maak gebruik van diagramme, teken die sketse self en onderstreep die belangrikste feite.
• Sketse in toetse en eksamens kan verskil van die handleiding se sketse. Kyk dus na sketse in ander handleidings of Google verskillende “images” vir dieselfde onderwerpe.
• Maak kolomme van die moeilike name/terme – maak seker dat jy die betekenis van elkeen van die name ken.
• Gebruik die aktiwiteite in die handleiding as toetse. Ná voltooiing van ’n les, leer die materiaal en doen die vrae in die aktiwiteit asof dit ’n toets is. Op die manier sal jy kan bepaal watter werk meer aandag benodig.
2020Plantvoeding en fotosintese 2121Water en voedingstowwe 2222Mineraalvoeding: Makro- en mikro-elemente
2323Plantvoedingstofopname en -ontleding
2424Organiese en anorganiese bemesting
2525Organiese bemesting en bemestingspraktyke
2626
2727
3
4
Plantreproduksie: Geslagtelike voortplanting en bestuiwing
Bevrugting en afspening
Sade en vrugset
Ontkieming van saad
4
PLANTESTUDIES
2828Plantreproduksie:Ongeslagtelike voortplanting
2929Plantverbetering en biotegnologie
3030Onkruidbeheer en -bestuur
3131Plantsiektes/-plae en beheer
OPTIMALE HULPBRONBENUTTING
3232Bodemopnames en beplanning
3233Waterverbruik en besproeiing
3334
Gronddreineringsisteme, grondbewerking en gewasrotasie
3435Kweekhuis, hidroponika en waterkultuur
KWARTAAL
1 Basiese landbouchemie Sample
LES 1: Inleiding tot basiese chemie
Toets jouself 1
1.1
Atome: Die kleinste boustene waaruit alles om ons gemaak is.
1.2 Molekules: ’n neutrale groep van twee of meer atome wat sterk genoeg aan mekaar gebind is, om as ’n afsonderlike eenheid saam in ’n chemiese reaksie op te tree.
1.3 Periodieke Tabel: Elemente is gerangskik volgens hul chemiese en fisiese eenskappe.
1.4 Isotope: Is atome met dieselfde atoomgetalle, maar verskillende massagetalle.
1.5 Elemente: ’n Element is ’n suiwer stof. Elemente bevat slegs een soort atome en kan dus nie in kleiner stowwe opgebreek word nie.
1.6 Verbindings: Vorm wanneer twee of meer elemente chemies verbind om ’n sterk band te vorm.
1.7 Oplossings: Suiwer homogene mengsels of stowwe waarvan die samestelling dwarsdeur dieselfde is en bestaan uit twee of stowwe in dieselfde fase. (16)
2.
HOMOGENE MENGSELS
MENGSELS
Stowwe in die mengsel is in dieselfde fase bv. Lug (N2 (gas), O2 (gas), CO2 (gas)).
Komponente kan nie onderskei word van mekaar bv. soutwater (oplossing van sout in water).
Is ’n mengsel met ’n eenvormige samestelling bv. koeldrank (konsentraat in water).
Mengsels wat ook oplossings genoem word, bv. gasoplossing: lug. ’n Mengsel van twee of meer gasse.
Gas-vloeistofoplossing: Sodawater.
’n Gas opgelos in ’n vloeistof.
Vloeistofoplossing: Water en metanol.
’n Mengsel van twee of meer mengbare vloeistowwe.
Vastestofoplossing: Seewater.
’n Vastestof volledig opgelos in ’n vloeistof.
HETEROGENE MENGSELS
Stowwe in die mengsel is in verskillende fases bv. modder (Sand in water)
Maklik onderskeibaar, bv. voermengsel (mielies, melassestroop, grondlusern en soja-oliekoek).
Is ’n mengsel met ’n nie-eenvormige samestelling, bv. voermengsel (droë melassepoeier, lusern en growwe sout).
Is nie oplossings maar suspensies.
Modder (sand in water)
Water en olie
Konglomeraatrots
3.
ELEMENTE VERBINDINGS (MENGSELS)
Suiwer Stof Suiwer stowwe
Bestaan uit een soort atoom
Bestaan uit een soort atoom
Kan nie geskei word nie
Het eie, unieke eienskappe
1.3.1 Onsuiwer stowwe
1.3.2 ’n Chemiese binding met twee of meer soorte elemente ’n Fisiese kombinasie van twee of meer elemente
1.3.3 Bestaan uit dieselfde elemente in dieselfde massaverhouding
1.3.4 Kan alleenlik geskei word deur chemiese metodes
Eienskappe van die verbinding is verskillend van die eienskappe van elemente
Hoeveelhede van stowwe kan wissel in ’n mengsel
1.3.5 Kan geskei word deur fisiese metodes
1.3.6 Stowwe in die mengsel behou hul unieke eienskappe (9)
4. Die elektrone vul altyd die orbitale met die kleinste moontlike energiewaarde eerste.
Elke orbitaal kan ’n maksimum van twee elektrone bevat, op voorwaarde dat hulle in teenoorgestelde rigtings draai. ’n Enkele elektron in ’n orbitaal word ’n ongepaarde elektron genoem.
Elektronparing kan slegs plaasvind (twee elektrone in ’n orbitaal) wanneer al die orbitale in dieselfde energievlak ten minste een elektron bevat. (6)
5. ’n Molekule wat bestaan uit twee atome van dieselfde element. (1)
6. ’n Element; dit bestaan uit een soort atooe/dit kan nie van mekaar geskei word nie. (2)
7.
(12 x ½) = (6)
8.1
ElementnaamSimbool
8.2
– oorgangsmetale
reg vir elke element x 1 punt) = (9)
(36 x ¼) = (9)
9.1 Elektrone , in energievlakke. (2)
9.2 i Atoomgetal; dit dui die aantal protone in die kern aan. (2) ii. Nommer 4 in voorstelling: Aantal protone en neutrone in die kern Nommer 2 in die illustrasie: Kern met protone en neutrone. (2)
LES 2: Chemiese binding
Toets jouself 2
Sample
Totaal: 70
1.1 ’n Chemiese binding is ’n krag wat atome bymekaar hou om ’n enkele eenheid te skep, in die meeste gevalle bekend as ’n molekule
1.2 ’n Molekule is ’n groep atome wat kovalent gebind is.
1.3 Anione is negatiefgelaaide ione.
1.4 Katione is positiefgelaaide ione.
1.5 Ioniese verbindings vorm wanneer elektrone oorgedra word van een element na ’n ander element en elektrostatiese kragte (aantrekkingskragte) trek die positiefgelaaide ioon en die negatiefgelaaide ioon na mekaar en vorm ’n kristalrooster. (10)
2. ’n Watermolekuul (H2O) bestaan uit 2 waterstofatome en 1 suurstofatoom. Met betrekking tot die feit dat water uit meer as een soort atoom bestaan, word dit ’n verbinding genoem. (3)