Gr 10-Landboubestuurspraktyke-Handleiding

Page 1


Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Landboubestuurspraktyke

Handleiding

Graad 10

Sample

Aangepas vir KABV
JC Zandberg
Í2*È-A-AMP-SG01fÎ

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.

DEFINIEER

Definisies van konsepte om die leerder te help om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK

’n Opsomming of verduideliking van kernbegrippe in die les.

WENKE

Inligting bo en behalwe die inhoud om die leerder deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing vir die leerder om die inhoud self verder in diepte na te vors.

AKTIWITEIT

Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis aan die einde van elke les te toets.

Sample

OEFENING

Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis aan die einde van elke eenheid te toets.

KERNINHOUD

Vaslegging van kerninhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les.

STUDEER/HERSIENING

Afbakening of opsomming van werk wat vir toetse en eksamens hersien moet word

AANVULLENDE BRONNE

Aanbevole boeke word aanvullend tot hierdie handleiding gebruik. Dit is altyd goed om na ander handboeke te verwys. Byvoorbeeld:

• Landboubestuurspraktyk – E Nel

• Landbou tydskrifte soos Landbouweekblad

INLEIDING

Landboubestuurspraktyke (LBP) is die studie en toepassing van ekonomiese en bestuursbeginsels wat in die produksie, transformasie en bemarking van voedsel en ander landbouprodukte gebruik word. Hierdie beginsels word gebruik om waarde tot landbouprodukte van hoë gehalte te voeg sodat hierdie produkte ekonomiese, estetiese, sosiale en kulturele waarde het.

LBP verkry kennis en vaardighede van dissiplines soos gewaswetenskappe, veekunde, ekonomiese en bestuurswetenskappe, ingenieurswese en inligtings- en kommunikasietegnologie.

LBP moet benader word deur die volgende uitkomstes in gedagte te hou:

Kennis en begrip van die interverwantskap tussen LBP, die gemeenskap en die omgewing

Die fokus van LBP is op die ontwikkeling in herskeppende (transformerende) wetgewing, armoede en die globale omgewing. Hierdie leeruitkoms wys jou hoe om LBP te verstaan, ten einde die lewensgehalte van individue en gemeenskappe te verbeter.

Bestuurspraktykproses

Ondersoek en bestudeer die bestuursprosesse en vaardighede deur LBP te onderskryf.

• Agri Farmer Sample

Kennis en begrip van bestuurpraktyke in landbou

Die fokus van hierdie leeruitkoms is die inwinning van kennis, die verkryging van ’n breër begrip van hoe LBP betrekking op jou daaglikse lewe het, en om ingeligte besluite te maak om alle toepaslike praktyke, stelsels en tegnologieë te inkorporeer om ’n volhoubare landbouomgewing te bestuur.

Toepassing van kennis en vermoëns in landbou

LBP spreek die verskillende vaardighede aan wat nodig is om inligting te verkry, te verwerk en te gebruik om die uitdagings van landbou die hoof te bied. Dit behels ook die kennis en vaardighede om basiese en toepaslike landboumasjinerie en -toerusting te hanteer om landbouverwante probleme op te los

2

1 GEWASSEPRODUKSIE

1.1 Inleiding

1.2 Boerderystelsels

JAARPLAN

1.3 Verskillende ondernemings

1.4 Grond- en waterbestuur in gewasproduksie: Basiese grondvereistes

1.5 Grond- en waterbestuur in gewasproduksie: Grondbewerkingsmetodes

1.6 Grond- en waterbestuur in diereproduksie

1.7 Waterbronne

1.8 Gewasbestuursaspekte

1.9 Gewasbestuursaspekte: Monokultuur en wisselbou

1.10 Gewasbestuursaspekte: Rekordhouding

2.1 Diereproduksiepraktyke in Suid-Afrika

DIERE

- PRODUKSIE

2.2 Hoofproduksieareas in Suid-Afrika

2.3 Algemene klassifikasie van plaasdiere

2.4 Beesrasse

2.5 Skaaprasse

2.6 Varkrasse

2.7 Pluimveerasse

3.1 Hantering van plaasdiere

3.2 Versorging van plaasdiere

3.3 Behuising van plaasdiere

3.4 Nasorg van plaasdiere

3.5 Identifikasiemetodes

3.6 Basiese konsepte van dierevoeding

3.7 Siektes en parasiete

3.8 Rekordhouding

3.9 Basiese beginsels van bestuursprogramme

4.1 Definisie van bestuur

4.2 Bestuursbeginsels

4.3 Verskillende soorte natuurlikehulpbronbestuur

4.4 Grondpotensiaal en -bestuur: Grondverbetering

4.5 Grondpotensiaal en -bestuur: Bewaringspraktyke

4.6 Afvalbestuur: Verskillende soorte afval.

EENHEID 1: Gewasseproduksie

Les 1.1: Inleiding

LEERDOELWITTE:

INLEIDING

Nadat jy hierdie les voltooi het, moet jy kennis dra oor die volgende: Vier gewasproduksieondernemings:

• Algemene gewasproduksiepraktyke en -faktore

• Oorsig oor die ekonomiese belangrikheid van gewasse

• Algemene oorsig en vergelyking van gewasverbouing in Suid-Afrika:

o Potensiële rol en belangrikheid van die bedryf

o Hoofproduksieareas van verskillende gewasse

• Vereistes vir suksesvolle gewasproduksie, met verwysing na:

o land (grond, water, klimaat en ander natuurlike hulpbronne)

o arbeid

o kapitaal

o bestuur

Gewasproduksie is ’n komplekse besigheid wat baie vaardighede vereis (soos biologie, akkerbou, meganika en bemarking) en dek ’n verskeidenheid bedrywighede.

Gewasse is plante wat vir voedsel of ander gebruike gekweek word. Ons onderskei tussen vier basiese kategorieë:

• Tuinbougewasse

Sample

• Akkerbougewasse

• Voergewasse

• Bosbougewasse

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Agri: Dit wat met landbou verband hou.

Bruto Binnelandse Produk (BBP): Die TOTAALe waarde van goedere geproduseer en dienste gelewer in een jaar.

Gewasse: Plante wat vir voedsel of ander gebruike gekweek word, veral graan.

Volume van landbouproduksie: Die hoeveelheid produkte wat op enige gegewe tyd geproduseer word.

Tuinbougewasse

Tuinbougewasse is die afdeling van landbou wat handel oor die kuns, wetenskap, tegnologie en besigheid van plantkweking. Dit sluit in die verbouing van medisinale plante, vrugte, groente, neute, sade, kruie, spruite, sampioene, alge, blomme, seewiere en nievoedselgewasse soos gras en ornamentele bome en plante. Dit sluit ook plantbewaring, landskaprestourasie, landskap- en tuinontwerp, konstruksie en instandhouding in

Akkerbougewasse

Akkerbougewasse (buiten vrugte of groente) word vir landboudoeleindes gekweek; katoen, hooi en graan is voorbeelde van akkerbougewasse.

Voergewasse

Voergewasse word hoofsaaklik vir veevoer verbou. Natuurlike grasveld en weiding word ingesluit, hetsy dit gekweek word of nie. Voergewasse kan as óf tydelike óf permanente gewasse geklassifiseer word. Dit word verbou en geoes soos enige ander gewas.

Bosbougewasse

Bosbouboerdery is die verbouing van hoë-waarde spesialiteitsgewasse onder ’n blaredak wat doelbewus aangepas of onderhou word om skaduwee en habitat te verskaf wat groei en produksievlakke verbeter. Dit kombineer landbou- en bosboutegnologieë om meer diverse, produktiewe, winsgewende, gesonde en volhoubare grondgebruikstelsels te skep.

ALGEMENE GEWASPRODUKSIEPRAKTYKE EN -FAKTORE

Grond- en klimaatstoestande moet in ag geneem word en goeie bestuurspraktyke moet toegepas word om ’n optimale oes te verseker.

Faktore vir suksesvolle gewasproduksie:

• Neem die klimaat van die gebied in ag.

• Kies gewasse wat geskik is vir die spesifieke klimaat- en grondtoestande.

• Plant die gewasse op die regte tyd van die jaar.

• Kies en plant hoë gehalte saad wat siektevry is.

• Kies die regte kunsmis om die spesifieke voedingsbehoeftes te verskaf wat die plant nodig het om te groei.

• Neem die waterbehoeftes van die gewas in ag.

• Pas geïntegreerde plaagbeheer toe.

TUINBOUGEWASSE

VRUGTE

Vrugte word hoofsaaklik in drie groepe geklassifiseer:

• Tropiese vrugte soos piesangs, papajas, mango’s en pynappels.

• Subtropiese vrugte soos avokadopere, sitrusvrugte, grenadellas, lietsjies en neute.

• Sagtevrugte soos druiwe, appels, pere en pitvrugte soos perskes en kersies.

www.zastavki.com/eng/Food/Berries_and_fruits_and_nuts/wallpaper-33749.htm

Basiese klimaat- en grondvereistes vir vrugte: Soort gewas Klimaatsvereistes Grondvereistes

• Groei goed in temperature wat wissel tussen 13 en 38 °C.

Tropiese vrugte

Subtropiese vrugte

Sample

• Verkies diep, ryk, leemagtige grond met ’n pH tussen 6 en 7,5.

Sagtevrugte

• Het ’n relatiewe vogtigheid van 75

– 85%.

• Hoë temperature veroorsaak sonskroei.

• Sterk winde beskadig gewasse.

• Vereis ’n klimaat sonder ryp en met min wind.

• Optimale groeitemperatuur is tussen 20 en 24 °C.

• Jaarlikse reënval moet 1 000 mm oorskry.

• Vereis warm, droë toestande.

• Groei in matige klimaatstreke.

• Koel, nat winters met min ryp.

• Warm, droë somers.

• Grond moet goed gedreineer wees met voldoende vog.

• Moet ryk wees aan stikstof met genoeg fosfor en baie potas.

• Benodig goeddeurlugte, goedgedreineerde grond wat dieper as 1 m is.

• Benodig ’n klei-inhoud van 20 –40%; indien minder het die grond ’n beperkte waterhouvermoë.

• Benodig goeddeurlugte grond met goeie organiese inhoud.

• Benodig goedgedreineerde grond met ’n diepte van 1 m.

• Die ideale klei-inhoud moet tussen 10 en 35% wees.

Produksiestreke

www.ppecb.com/index.php/production-map.html

GROENTE

Groente word in vyf groepe verdeel volgens die plantorgaan waarin die plant se voedsel geberg word. Ons onderskei tussen:

• wortelgroente bv. wortels en beet

• blaargroente bv. spinasie en kool

• stingelgroente bv. aartappels

• vruggroente bv. tamaties

• blomgroentes bv. blomkool

TOTAALfruitandvegetable.com

Kern Steen
Subtropies Sitrus
Druiwe Ander

Basiese klimaat- en grondvereistes vir groente: Soort gewas Klimaatvereistes

• Wintergewasse

• Vroeë oeste het volle sonskyn nodig.

Wortelgroente

Blaargroente

Stingelgroente

• Hoofoeste het beskerming teen die son nodig.

• Vereis ’n gematigde klimaat

• Kool is uiters gehard.

• Ontkiem teen 18 – 28 °C

• Hoë grondtemperature verminder en benadeel ontkieming.

• Die optimale grondtemperatuur om knolgroei te inisieer is tussen 16 en 19 °C.

• Koel nagtemperature is belangrik vir die opbou van koolhidrate in die knolle.

• Opbrengs is hoër wanneer gemiddelde dagtemperature ongeveer 21 °C is.

• Benodig ’n redelike warm, droë klimaat.

Vruggroente

• Benodig baie sonlig.

• Geen oormatige skaduwee nie.

• Oorleef nie ryp nie.

• Vereis ’n koel, klam klimaat.

Blomgroente

Grondvereistes

• Diep, ligte, sanderige leem is ideaal.

• Verdra nie droë toestande nie.

• Groei nie goed in versuipte of swak gedreineerde grond nie.

• Vereis vrugbare, sanderige leem met hoë organiese materiaalvlakke.

• Die grond se pH moet tussen 6,4 en 6,8 wees

Sample

• Temperature tussen 10 en 21 °C is nodig vir goeie saadontkieming.

• Hoë temperature veroorsaak gelerige blare.

BLOMGEWASSE

• Grond wat te suur of te alkalies is laat plante vrek.

• Vereis ’n ligte, sanderige grond.

• Grond moet goed omgespit wees.

• Gebruik ’n matige hoeveelheid misstof of kompos.

• Vir maksimum sonlig moet aartappelrye van noord na suid loop

• Vereis ryk grond.

• Baie kunsmis moet by arm grond aangevul word.

• Word verbou in sanderige tot swaar, goedgedreineerde grond wat ryk is aan organiese materiaal.

• ’n pH van 5,5 tot 7,0 word vereis.

Die belangrikste blomgewasse wat op grootskaal in Suid-Afrika geproduseer word, is fynbos, tuinblomme en snyblomme. Fynbos is ’n unieke plantegroei wat hoofsaaklik in die Suidwes-Kaap voorkom, in ’n beskermde gebied wat die Kaapse Floraryk genoem word. Die Kaapse Floraryk is een van Suid-Afrika se agt UNESCO Wêrelderfenisgebiede, en staan ook as die Kaapse Blommeryk/Fynboskoninkryk bekend. Tuinblomme en snyblomme word regoor Suid-Afrika geproduseer, hoofsaaklik naby stedelike gebiede en dus naby markte. Agritoerisme is ’n belangrike bydrae tot die ekonomie van die WesKaap. Ekotoerisme stel mense in staat om die verstommende blomdiversiteit van fynbos te ervaar.

FYNBOS

Fynbos word op grond van hul blaarsoort in drie groepe verdeel:

• Restios

• Proteas

• Ericas

Die bekendste fynbosplant is die protea.

TUINBLOMME

Tuinblomme word plaaslik en internasionaal gebruik om landskappe, tuine, dorpe en stede te verfraai.

SNYBLOMME

https://starkeayresgc.wordpress.com/

’n Snyblom is enige blom wat van die plant afgesny en in rangskikkings van vars blomme gebruik kan word. Snyblomme kan in die buitelug of in kweekhuise gekweek word.

Basiese klimaat- en grondvereistes vir blomgewasse: Soort gewas

Klimaatsvereistes

Fynbos

Tuinblomme

• Pas goed aan in ’n kouer klimaat met nat winters en warm, droë somers.

Snyblomme

• Vereis ’n matige klimaat met koel, nat toestande, gevolg deur ’n warm, droë seisoen.

• Uiterste temperature en oorvloedige reënval kan blomgewasse beskadig.

• Klimaatsvereistes sal wissel volgens die spesie.

• Sommige spesies groei goed in koel klimate, terwyl ander verkies warm klimate verkies.

Grondvereistes

• Meeste fynbosplante het effense suur grond nodig met ’n pH tussen 5 en 6.

• Groei goed in mineraalgebaseerde grondsoorte wat laag is in fosfate en vinnig dreineer.

• Vereis ligte, goedgedreineerde, vrugbare, leemagtige grondmengsels wat ryk is aan organiese materiaal.

• Ideale grond is goed belug, dreineer maklik, effens suur, en ryk aan organiese materiaal met ’n hoë bergingskapasiteit.

• Grond moet gesteriliseer word om teen grondgedraagde siektes, patogene en plae te beskerm.

VIR DIE NUUSKIERIGES

EKONOMIESE WAARDE VAN TUINBOUGEWASSE:

Die bruto waarde van tuinbougewasse dra ongeveer 25,7% tot die TOTAALe bruto waarde van landbouproduksie by

• Kommersiële produksie van vrugte vir beide inmaak en vars vrugtegebruik Ongeveer 48,7% van sagtevrugte word uitgevoer, wat dit ’n groot verdiener van buitelandse valuta vir Suid-Afrika maak.

• Kommersiële produksie van groente lewer ook ’n belangrike bydrae tot die ekonomie van Suid-Afrika.

• Proteas en rose is gesogte uitvoerprodukte en verdien ’n groot inkomste vir ons ekonomie.

VEREISTES VIR SUKSESVOLLE GEWASPRODUKSIE:

Grond is nodig vir die produksie van alle stowwe vir alle aspekte van menslike lewe en verskillende menslike aktiwiteite. Vanuit ’n ekonomiese oogpunt is grond die mees basiese hulpbron. In die konteks van landbou verwys grond na ’n stuk aarde wat vir boerdery en landbouproduksie gebruik word.

• Grond sluit alle natuurlike hulpbronne in.

• Arbeid sluit alle menslike hulpbronne in.

• Kapitaal sluit alle mensgemaakte hulpbronne in, insluitend geld.

• Bestuur sluit al die strukture in wat die vorige hulpbronne byeenbring om uitsette doeltreffend te produseer.

GROND

Die mees basiese funksie van grond is om lewe te onderhou.

DEFINIEER Sample

Hulpbron: Iets wat deur mense gebruik word om te oorleef, ’n bestaan te maak of rykdom te skep.

Kommoditeit: Iets wat waarde het, wat geruil kan word of teen ’n prys verkoop kan word, gewoonlik op ’n basis van ’n gewillige verkoper en ’n gewillige koper.

Die belangrikste funksies van grond:

• Dit maak die produksie van voedsel, veselstof, brandstof en ander biotiese materiaal vir menslike gebruik moontlik.

• Dit verskaf fisieke ruimte vir menslike nedersettings.

• Dit verskaf fisieke ruimte vir nywerhede, ontspanning en vervoernetwerke.

KERNINHOUD

Voorbeelde van grondgebruik vir landboudoeleindes:

• Natuurlike weiding

• Droëlandlandbou

• Besproeiingsboerdery

• Plantasies

• Boorde

• Wingerde

• Voerkrale

ARBEID

Arbeid verwys na mense en die werk wat hulle doen. Dit kan beskryf word as die somtotaal van menslike, fisiese en verstandelike pogings om goedere en dienste te produseer. Daar is twee soorte arbeid:

• Fisiese inspanning

• Verstandelike inspanning

Landbou speel ’n belangrike rol in die verskaffing van werksgeleenthede en help dus om werkloosheid in Suid-Afrika te verminder.

af.wikipedia.org

smithfield-news.com/ 2009/ 08/ 02/

KAPITAAL

Kapitaal sluit enigiets in wat nodig is om die plaasonderneming te bedryf. Kapitaal is een van die pilare van landbouproduksie. Kapitaal verwys oor die algemeen na geld.

BATES

Bates is fisieke artikels wat ekonomiese waarde het en in kontant omgeskakel kan word as dit verkoop word. Grond is ’n bate, asook al die masjinerie op die plaas, die vee en die gewasse op die lande in

KONTANTVLOEI

Kontantvloei verwys na die in- en uitvloei van geld in die boer se bankrekening. Geld is nodig om krediteure te betaal en die boer moet produkte vanaf die plaas verkoop om kontant in te bring. Die boer kan ook geld by die bank leen.

SOORTE KAPITAAL:

• Bedryfskapitaal is die geld wat beskikbaar is om die boerdery te bedryf. Die boer het bedryfskapitaal nodig om lone te betaal, vee, saad en kunsmis aan te koop, en om enige ander skuld wat die plaas aangaan, te betaal.

• Vastekapitaal sluit toerusting, geboue en enige vorm van tegnologie in wat ontwerp is om die sakeonderneming se produksiepotensiaal te verhoog.

• Roerende kapitaal is kapitaal wat minder permanent van aard is, bv. vee, plaasimplemente, toerusting en masjinerie.

• Natuurlike kapitaal is deel van die natuurlike wêreld en sy ekologiese stelsels Die riviere waaruit die boer water pomp, die grond van die lande en die reën wat val is alles deel van natuurlike kapitaal.

BESTUUR

Bestuur is die algemene term wat gebruik word vir metodes wat in plek gestel word om ’n plaas produktief en winsgewend te maak.

Risiko is die kans of bedreiging van skade of enige ander negatiewe gebeurtenis

Vyf basiese beginsels van doeltreffende bestuur:

• Stel doelwitte.

• Beplan hoe om die doelwitte te bereik.

• Allokeer verantwoordelikheid deur te besluit wie wat gaan doen.

• Gee leiding hoe dinge gedoen moet word.

• Maak seker dat resultate behaal word en dat doelwitte bereik word.

HERSIENING

• Die belangrikste produksiefaktore in landbou is:

o Grond

o Arbeid

o Kapitaal

o Bestuur

• Arbeid en kapitaal kan nie sonder grond bestaan nie.

• Arbeid is een van die hoekstene van landbouproduksie.

DEFINIEER Sample

• Kapitaal verwys na geld.

• Kontantvloei verwys na geld wat in, deur en uit die boerdery beweeg.

• Kapitaal word aan produksie gekoppel.

• Risiko is altyd ’n kwessie in boerdery.

AKTIWITEIT 1.1

1.1 Bespreek die faktore vir suksesvolle gewasproduksie. (7)

1.2 Voltooi die volgende tabel: (14)

Soort gewas

Tropiese vrugte

Subtropiese vrugte

1.3 Verduidelik die ekonomiese waarde van tuinbougewasse. (3)

1.4 Verduidelik die stelling: “Fynbos is hoogs diverse plategroei.” (2)

1.5 Lys die grondvereistes wat nodig is vir die produksie van snyblomme. (4)

1.6 In die konteks van landbou verwys grond na ’n stuk aarde wat vir boerdery en landbouproduksie gebruik word.

Verduidelik hierdie stelling en verwys na die hulpbronne wat gebruik word (4)

1.7 Definieer die terme:

1.7.1 Hulpbron

1.7.2 Kommoditeit

1.7.3 Risiko

1.7.4

(4 x 2) = (8)

1.8 Bespreek die VIER soorte kapitaal. (8)

TOTAAL: 50

Les 1.2: Boerderystelsels

LEERDOELWITTE:

Nadat jy hierdie les voltooi het, moet jy kennis dra oor die volgende:

Boerderystelsels gebaseer op:

A. UITSET:

• Bestaansboerdery

• Kommersiële boerdery

• Kontantboerdery

• Saadprodusente

B. INSET:

• Arbeidsintensiewe boerdery

• Kapitaalintensiewe boerdery

C. GRONDGEBRUIK:

• Intensiewe boerdery

• Ekstensiewe boerdery

D. KOMPONENTE:

• Gewasboerdery

• Diereboerdery

• Gemengde boerdery

• Gespesialiseerde boerdery

E. TEGNOLOGIE EN ENERGIE:

• Handaangedrewe

• Dieraangedrewe

• Gemeganiseerd

INLEIDING

Produktiwiteit is belangrik op enige plaas. ’n Produktiewe plaas moet beskou word as ’n funksionele eenheid waar lewensbestaan belangrik is.

Boerderymetodes verskil van boer tot boer en van land tot land. In ontwikkelende lande, gaan baie tradisionele boere voort om hul gebruiklike praktyke toe te pas, maar in hoogs geïndustrialiseerde lande is intensiewe verbouing en gemeganiseerde boerdery algemeen, soos in die geval van groot plantasies wat bedryf word deur multinasionale maatskappye en individue wat voldoende kapitaal het.

BOERDERYSTELSELS GEBASEER OP:

A. UITSET

BESTAANSBOERDERY

Bestaansboerdery is ’n vorm van landbou wat bedoel is om ’n selfonderhoudende leefstyl vir die boer en sy gesin te voorsien, asook om alles te voorsien wat hulle in staat stel om eenvoudig en gemaklik te kan lewe.

cnx.org/content/m29191/latest/graphics1.png

Vee- en gewasopbrengste is gewoonlik laag en net genoeg om aan die familie se vereistes te voorsien, nie vir verkoop of om handel mee te dryf nie. Die surplus word nie verkoop nie, maar gestoor en gebruik tot die volgende oes.

Bestaansboerdery is wanneer gewasse en diere deur ’n boer geproduseer word om sy gesin te voed, eerder as om dit te verkoop. Bestaansboere verbou gewoonlik gewasse wat ryk is in koolhidrate soos koring en produseer geen surplus vir verkope nie. Hulle stoor die gewasprodukte vir gebruik tydens nie-produktiewe seisoene. Hulle hou gewoonlik ook diere aan. Hierdie plase bestaan gewoonlik uit slegs ’n paar hektaar en baie min tegnologie word gebruik. Die opbrengs van diere en gewasse is gewoonlik laag.

Sample

Bestaansboerderye het verskeie eienskappe wat dit onderskei van grootskaalse boerderye wat algemeen beoefen word in moderne tyd. Bestaansboere gebruik meestal eenvoudige handgereedskap soos skoppe en kruiwaens en implemente wat deur diere aangedryf word om hul lande te bewerk in plaas van meer gevorderde masjinerie. Dit spruit uit die feit dat hulle nie in staat is om die koste van standaard tegnologieë en chemikalieë te dra nie, sowel as die gebrek aan die behoefte vir intensiewe en wydverspreide bewerkings. Met behulp van die gebruik van eenvoudige gereedskap help dit die boer se leefstyl ondersteun deur dit meer gelokaliseerd te hou.

’n Betroubare en doeltreffende watervoorsiening is van kardinale belang vir bestaansboerdery. Munisipale watervoorsiening en ’n gemotoriseerde pomp is noodsaaklik vir die verskaffing van die water wat nodig is vir die gewasse en diere op die plaas.

Die meeste van die kos wat deur bestaansboerdery geproduseer word is vegetaries van aard, aangesien meer kos verbou kan word op ’n kleiner stukkie grond, in teenstelling met die grootte grond wat benodig word vir vee. Grane en vrugte is algemene en belangrike gewasse. Vee word aangehou op ’n kleiner skaal wat fokus op kwaliteit bo kwantiteit met eenvoudige en ekonomies gesonde praktyke.

KONTANTBOERDERY

Landbou is die bron van noodsaaklike gewasse, insluitend dié wat bevolkings voed, grondstowwe produseer vir vervaardiging en voorsiening van voer vir vee. Dus is kontantboerdery enige produkte wat verbou word om teen ’n wins verkoop te word ’n Kontantgewas kan die oorskot wees van wat ’n boer produseer, wat hy nie hoef te hou vir voortbestaan nie.

’n Kontantgewas is ’n gewas wat verbou word met die doel om dit te verkoop, eerder as om dit te gebruik of verbruik vir persoonlike doeleindes.

Katoen wat verbou word om te verkoop is ’n voorbeeld van ’n kontantgewas.

http://www.yourdictionary.com/cash-crop

Kontantgewasse word nie vir veevoer of enige ander doeleindes gebruik as om dit te verkoop nie Kontantgewasse maak staat op groot areas bewerkbare grond asook deeglike beplanning en vaardige bestuur om ’n hoë opbrengs te produseer wat verkoop kan word vir ’n prys wat kliënte kan bekostig en die boer in staat stel om sy eie produksiekostes te dek en ’n wins te maak Lemoene (regs) is ’n uitstekende kontantgewas.

http://en.wikipedia.org/wiki/Cash_crop#/media/File:OrangeBloss_wb.jpg

http://en.wikipedia.org/wiki/Cash_crop

Jatropha curcas (bo) is ’n kontantgewas wat gebruik word om biobrandstof te produseer. Afrika het ’n beduidende groei in biobrandstofplantasies gesien, baie op plase wat deur Britse maatskappye aangekoop word. Sommige kritiseer die verhoging in verbouing van nie-voedselgewasse vir uitvoer terwyl Afrika probleme het met hongersnood en voedseltekorte. ’n Paar studies toon dat die verhoging in grondaankope vir gebruik om nievoedselkontantgewasse op te verbou, stem ooreen met toenemende hongerte tendense in Afrika.

https://lh3.googleusercontent.com

Nageregpiesangs is een van die kontantboerderysoorte wat tipies in tropiese lande voorkom.

Sample

Volhoubaarheid van kontantgewasse

Ongeveer 70% van die wêreld se voedsel word deur 500 miljoen kleinboere geproduseer. Vir hulle bestaan is hulle afhanklik van die produksie van kontantgewasse, basiese kommoditeite wat moeilik is om te onderskei in die mark. Individuele boere plant kontantgewasse vir ’n lewensbestaan en om kontant vir die gesin se behoeftes te genereer. ’n Ekstra wins is nodig om die volgende gewasaanplanting te finansier.

Die verskil tussen kontantboerdery en bestaansboerdery

Mono-verbouing of enkelverbouing, wat die verbouing van ’n enkele gewas op ’n spesifieke stuk grond, is algemeen onder kontantboere, terwyl bestaansboerdery gewoonlik verskeie boerderysoorte of ’n gemengde boerderysoort beoefen. In teenstelling

met die doel van kontantboerdery, word bestaansboerdery beoefen vir lewensmiddele, dit is vir die voorsiening van voedselbehoeftes van die boer en sy gesin. Bestaansboere verbou ook gewasse vir veevoer, insluitend die diere wat gebruik word om implemente aan te dryf.

In sommige gevalle kan die invoer van kapitaal die landbouproduksiesiklus verander en dit skuif van ’n bestaansboerdery na ’n kontantboerdery. Dit is die geval wanneer kapitaal van beleggers vir ’n landelike boer voorsien word om ’n klein boerdery uit te brei. In ander gevalle beïnvloed die aanvraag vir kontantgewasse bestaansboere om die gewasse wat geplant word om hul gesinne te voed, te verander sodat dit teen ’n wins verkoop kan word.

KOMMERSIËLE BOERDERY

Kommersiële boerdery is ’n grootskaalse produksie van gewasse/diere wat bedoel is vir verspreiding aan groothandelaars of winkels.

cnx.org/content/m29191/latest/graphics1.png

Kommersiële boerdery teen ’n wins vind plaas wanneer produksie op ’n groot skaal plaasvind. Gewasse word op groter oppervlaktes verbou en groter getalle vee word aangehou. Kommersiële boere maak gebruik van verskillende verspreidingskanale en bemarkingsplekke om produkte na verbruikers oor die hele land te neem. Die belangrikste oogmerk van hierdie soort boerdery is om soveel moontlike wins uit insette te verdien.

Sample

en.wikipedia.org/wiki/Commercial_agriculture

Kommersiële boerdery word tipies op ’n baie groot skaal gedoen, dikwels deur landboumaatskappye. Die doel van kommersiële boerdery is om winste te genereer, wat gedoen

word deur die maksimalisering van oesopbrengste deur van arbeidsbesparende tegnieke en tegnologie gebruik te maak. Die gebruik van sintetiese kunsmis, baster saad, swaar boerderymasjinerie en gesofistikeerde besproeiingstegnologie is algemeen op kommersiële plase. Kommersiële plase groei gewoonlik een gewas in groot hoeveelhede. Sommige van die belangrikste gewasse wat gekweek word op kommersiële plase sluit in piesangs, koffie, koring, katoen, neute, tee, suikerriet en koring.

Die verskil tussen kommersiële boerdery en bestaansboerdery

Kommersiële boerdery behels die verbouing van gewasse en vee om te verkoop teen ’n wins. Die behoeftes van die mark help bepaal watter gewasse geplant moet word. Met bestaansboerdery, verbou die boer gewasse vir voedsel wat hy nodig het om voorsiening te maak vir homself en sy familie of gemeenskap. Kommersiële plase is dikwels groter as gewone familieplase, omdat die aanvraag vir wins heelwat hoër is as gevolg van die geweldige kompetisie betrokke in die ekonomiese wêreld.

Nog ’n verskil is dat kommersiële plase gereeld hulp van buite in diens neem vir die vlak van die werk wat gedoen moet word. Familielede kan ook betrokke wees, maar ’n belangrike faktor wat kommersiële boerdery onderskei is dat gehuurde hulp gebruik word. Kommersiële plase is ook geneig om gebruik te maak van nuwe tegnologie ten einde produksie te verhoog en waar moontlik, mededingende voordele te skep.

SAADPRODUSENTE

http://sansor.org/

Saadproduksie is ’n eksklusiewe, winsgewende bedryf met baie moontlikhede en ’n blink toekoms. Saadprodusente vorm deel van ’n spesiale uitvoerbedryf en bied ’n waardevolle bydrae tot voedselproduksie en voedselsekerheid in die wêreld.

Die ontwikkeling van saad in Suid-Afrika dateer terug na die 1940’s, toe die eerste groepering gestig is in die vorm van die South African Seedsmen’s Association Saadgehaltebeheer is geformaliseer in die 1950’s met die vestiging van die eerste maatskappylaboratoriums vir saadtoetsing. Die bekendstelling van saadwetgewing in Suid-Afrika en die daaropvolgende herorganisasie gedurende die 1960s het gelei tot die vestiging van die:

• Suid-Afrikaanse Planttelersregte-assosiasie

• Suid-Afrikaanse Bastermieliesorganisasie

• Suid-Afrikaanse Groentekwekersvereniging

• Suid-Afrikaanse Voergewassaadassosiasie

Onderhandelinge tussen die onderskeie gewasspesifieke saadverenigings het gedurende die 1970’s begin, wat uiteindelik gelei het tot die stigting van ’n oorkoepelende organisasie, ANSO (Assosiasie van Nasionale Saadorganisasies). Privatisering gedurende hierdie tyd

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.