Í5*È-A-AHT-SG02sÎ
2
1 1
0
-
A
-
A
H
T -
S
G
0
2
AFRIKAANS HUISTAAL HANDLEIDING: LETTERKUNDE Graad 10
Afrikaans Huistaal Handleiding: Letterkunde
2 11 0 - A - A H T- S G 0 2
Í5*È-A-AHT-SG02sÎ
Graad 10
Aangepas vir KABV
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 4 JAARPLAN ......................................................................................................................... 6 EENHEID 1 Poësie ............................................................................................................. 9 Les 1: Literêre begrippe ................................................................................................... 9 AKTIWITEIT 1 ......................................................................................................... 16 Les 2: Gedig: “Die kersieboom” (Ina Rousseau)............................................................ 16 Les 3: Gedig: “Vraag” (Lina Spies) ................................................................................ 16 Les 4: Gedig: “My hand ritsel” (Cas Vos) ....................................................................... 17 Les 5: Gedig: “Draai na my” (Louis Esterhuizen) ........................................................... 17 Les 6: Gedig: “Vyf koeplette as detox” (Johan Myburg) ................................................. 18 Les 7: Gedig: “Die oomblik dat tyd stol” (Barend Toerien) ............................................. 18 Les 8: Gedig: “Psigiatrie” (Johan Steyn) ........................................................................ 19 Les 9: Gedig: “graffiti” (Susan Smith) ............................................................................ 19 Les 10: Gedig: “Raad vir hakkel” (Ilse van Staden) ....................................................... 20 Les 11: Gedig: “die vrou loop in die strate” (Marlise Joubert) ........................................ 20 EENHEID 2 Drama: Drif (Reza de Wet) ........................................................................... 22 Les 12: Literêre begrippe ............................................................................................... 22 Les 13: Biografie van die skrywer: Reza de Wet ........................................................... 26 Les 14: Drama: Drif ....................................................................................................... 27 Les 15: Die dramteks: Drif ............................................................................................. 28 Les 16: Die dramateks: Drif ........................................................................................... 28 Les 17: Die dramateks: Drif ........................................................................................... 29 Les 18: Kontekstuele vrae en langvrae: Drif .................................................................. 29 Les 19: Langer vrae/opstelvrae ..................................................................................... 30 EENHEID 3 Roman: Die driehoekige sirkel (Corrie Vorster) ........................................ 36 Les 20: Wat is ’n roman? ............................................................................................... 36 Les 21: Inleidende bespreking van die roman ............................................................... 41 Les 22: Literêre begrippe ............................................................................................... 42 Les 23: Die lees van Die driehoekige sirkel ................................................................... 42 Les 24: Fase 1: Uiteensetting/Eksposisie (hoofstuk 1) .................................................. 44 AKTIWITEIT 2: Hoofstuk 1 ...................................................................................... 45 Les 25: Fase 2: Motoriese moment (hoofstuk 2 – 4) ..................................................... 46 AKTIWITEIT 3: Hoofstuk 2 – 4 ................................................................................ 47 Les 26: Fase 3: Ontwikkelingsfase (hoofstuk 2 – 4) ...................................................... 48 AKTIWITEIT 4: Hoofstuk 2 – 4 ................................................................................ 50 Les 27: Fase 3: Ontwikkelingsfase (hoofstuk 5 – 6) ...................................................... 54 AKTIWITEIT 5: Hoofstuk 5 – 6 ................................................................................ 56 Les 28: Fase 3: Ontwikkelingsfase (hoofstuk 7 – 8) ...................................................... 58 AKTIWITEIT 6: Hoofstuk 7 – 8 ................................................................................ 60 © Optimi
1
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Les 29: Fase 3: Ontwikkelingsfase (hoofstuk 9 – 10) .................................................... 61 AKTIWITEIT 7: Hoofstuk 9 – 10 .............................................................................. 63 Les 30: Fase 4 en 5: Krisisfase en klimaks (hoofstuk 11 – 16) ...................................... 65 AKTIWITEIT 8: Hoofstuk 11 – 12 ............................................................................ 68 Les 31: Fase 4 en 5: Krisisfase en klimaks (hoofstuk 11 – 16) (vervolg) ....................... 70 AKTIWITEIT 9: Hoofstuk 13 – 14 ............................................................................ 70 AKTIWITEIT 10: Hoofstuk 15 – 16 .......................................................................... 71 Les 32: Fase 6: Ontknoping (hoofstuk 16) ..................................................................... 73 AKTIWITEIT 11: Hoofstuk 16 .................................................................................. 74 Les 33: Langer vrae/opstelvrae ..................................................................................... 75 AKTIWITEIT 12: Opstelvraag .................................................................................. 79 Les 34: Selfstudie .......................................................................................................... 79 AKTIWITEIT 13 ....................................................................................................... 79 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS .................................................................................. 80
© Optimi
2
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
LESELEMENTE LEERDOELWITTE Wat jy aan die einde van die les moet weet (geneem uit KABV).
BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
BELANGRIK Verduidelik misverstande/moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
VIR DIE NUUSKIERIGES Aansporing om die inhoud in diepte na te vors.
AKTIWITEIT Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
KERNINHOUD Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les – moet verstaan word.
© Optimi
3
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
VOORWOORD Welkom by Afrikaans Huistaal graad 10 se letterkunde-afdeling. Hierdie handleiding bevat al die voorgeskrewe letterkunde vir graad 10. Wat is die doel van letterkunde? Letterkunde word gebruik om idees te kommunikeer. Dit bied ’n platform om oor temas te gesels. Soms is hierdie temas omstrede, juis omdat die skrywer ideologieë (wêreldbeskouings) wil uitdaag. Literêre kennis is altyd ideologies gekondisioneer en sal altyd ’n stel waardes bevorder. Jy as leser het ’n keuse om met hierdie waardes saam te stem of daarteen te stry. Indien jy nie daarmee saamstem nie, hoef jy nie die boek toe te slaan en op te hou lees nie. Die letterkunde daag jou juis uit om verder te lees en ten einde te sê of jy saamstem al dan nie. Wanneer ons beginsels met die letterkunde bots, is dit gewoonlik omdat ons voel dat die literêre werk nie ’n ware uitbeelding van die werklikheid is nie. Let veral op wat André P. Brink (1969) hieroor sê: “Die roman kan nie meer fungeer ... soos ’n spieël van die werklikheid nie, want enige weerspieëling van die werklikheid is gebonde aan persepsies.” Dit beteken dat elkeen sy eie persepsie het en sy eie waarheid vorm. Brink sê dat die roman eerder “’n lamp is wat die wêreld om hom heen verlig”, soos M.H. Abrams sê. Een van die bekendste literêre bewegings in Afrikaans – waar ’n groep skrywers (soos André P. Brink, Ingrid Jonker, Jan Rabie, Etienne Leroux, Breyten Breytenbach, Adam Small en Bartho Smit) teen die apartheidsregering in opstand gekom het – was die Sestigers (omdat dit in die 1960’s plaasgevind het). Hulle het hul literêre werke gebruik om die idees van die apartheidswette uit te daag en baie van die Sestigers se werke is verban. Die vernuwing van die prosa deur die Sestigers het vrae oor die maatskaplike, politieke en sosiale stand van sake kom vra en baie van die taboes gebreek en vooroordele en die literêre, morele, godsdienstige en politieke konvensies kom uitdaag (Kannemeyer, 1998). Só kry ons die kans om met hierdie lamp betrokke te raak by die gesprekke waarin die roman ons lei en op ’n nuwe manier na onsself en na ons werklikheid te kyk.
© Optimi
4
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Die akademiese jaar ’n Rooster met halfuurperiodes (30 minute) word hieronder gegee. Stel jou eie rooster op volgens die lesbeplanning en jou ander vakke. Periode 1 2 3
Maandag
Afr. Leesbegrip Afr. Luister en praat
Dinsdag
Woensdag Afr. Skryf
Afr. Leesbegrip
5 6 7 8 10
Vrydag
Afr. Letterkunde Afr. Letterkunde
Afr. Skryf Afr. Skryf
4
9
Donderdag
Afr. Skryf
Onthou: Bogenoemde tydtoekenning is slegs ’n voorstelling vir die onderrig van ’n nuwe vaardigheid. Dit sluit glad nie huiswerk of voltooiing van enige werksopdrag in nie. Jy moet ’n werkboek (skrif) vir letterkunde hê. Jy kan ’n 32-bladsyskrif vir elke genre hê om leerwerk te vergemaklik. Tekste Jy ontvang die volgende in jou graad 10 Afrikaans Huistaal-pakkie: • • •
• • •
Taalkunde- en letterkunde-handleiding Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster (roman) Trits: Mis, Mirakel, Drif – drama en besprekings deur Reza de Wet (drama) (Let wel: Slegs Drif word in graad 10 behandel. Leerders kan die ander twee dramas op hul eie lees vir verryking. Die trilogie dramas in die bundel hou verband met mekaar.) Die studiegids vir die drama: Trits: Mis, Mirakel, Drif Literatuurgids (Guidelines) ’n Bundel gedigte: Om die aarde aan te haal en ander gedigte, C. van Rensburg Die studiegids vir die gedigte: X-Kit Presteer! Letterkunde studiegids: Om die aarde aan te haal en ander gedigte
© Optimi
5
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
JAARPLAN WEEK
DATUM BEGIN
LES KWARTAAL 1 Taalstrukture en -konvensies Les 1: Luisteroefening Les 2: Soorte sinne Les 3: Skryf ’n paragraaf
1–2
Letterkunde Poësie – Les 1: Literêre begrippe Poësie – Les 2: “Die kersieboom” (Ina Rousseau) Prosa – drama: Les 12: Literêre begrippe Prosa – roman: Les 20: Wat is ’n roman? Prosa – roman: Les 21: Inleidende bespreking Taalstrukture en -konvensies Les 4: Leestekens Les 5: Leesstrategieë Les 6: Grondbeginsels
3–4
Letterkunde Poësie – Les 3: “Vraag” (Lina Spies) Prosa – drama: Les 13: Biografie: Reza de Wet Prosa – roman: Les 22: Literêre begrippe Prosa – roman: Les 23: Die lees van Die driehoekige sirkel Taalstrukture en -konvensies Les 7: Klankleer Les 8: Sinsleer Les 9: Die skryfproses
5–6
Letterkunde Poësie – Les 4: “My hand ritsel” (Cas Vos) Poësie – Les 5: “Draai na my” (Louis Esterhuizen) Prosa – drama: Les 14: Drama: Drif Prosa – drama: Les 15: Die dramateks: Drif Prosa – roman: Les 24: Fase 1 (hoofstuk 1) Taalstrukture en -konvensies Les 10: Skryftekens
7–8
Les 11: Hoofletters Letterkunde Poësie – Les 6: “Vyf koeplette as detox” (Johan Myburg) Prosa – drama: Les 16: Die dramateks: Drif
© Optimi
6
DATUM VOLTOOI
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Prosa – drama: Les 17: Die dramateks: Drif Prosa – roman: Les 25: Fase 2 (hoofstuk 2 – 4) Taalstrukture en -konvensies Les 12: Woordvorming Les 13: Opsomming 9 – 10
Letterkunde Poësie – Les 7: “Die oomblik dat tyd stol” (Barend Toerien) Prosa – drama: Les 18: Kontekstuele vrae en langvrae Prosa – drama: Les 19: Langer vrae / opstelvrae Prosa – roman: Les 26: Fase 3 (hoofstuk 2 – 4) Prosa – roman: Les 27: Fase 3 (hoofstuk 5 – 6) KWARTAAL 2 Taalstrukture en -konvensies Les 14: Herkoms van die Afrikaanse woordeskat Les 15: Spelling Letterkunde
11 – 12
Poësie – Les 8: “Psigiatrie” (Johan Steyn) Prosa – drama: Hersien les 12 en 13 Prosa – roman: Les 28: Fase 3 (hoofstuk 7 – 8) Taalstrukture en -konvensies Les 16: Woordsoorte Letterkunde
13 – 14
Prosa – drama: Hersien les 14 en 15 Prosa – roman: Les 29: Fase 3 (hoofstuk 9 – 10) Taalstrukture en -konvensies Les 17: Soorte werkwoorde Letterkunde
15 – 16
Prosa – drama: Hersien les 16 en 17 Prosa – roman: Les 30: Fase 4 en 5 (hoofstuk 11 – 16) Taalstrukture en -konvensies Les 18: Woordsoorte Letterkunde
17 – 18
Prosa – drama: Hersien les 18 en 19 Prosa – roman: Les 31: Fase 4 en 5 (hoofstuk 11 – 16) Junie-eksamen
19 – 20
KWARTAAL 3 Taalstrukture en -konvensies 21 – 22
Les 19: Betekenisontleding Letterkunde Poësie – Les 9: “graffiti” (Suzaan Smith)
© Optimi
7
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Prosa – roman: Les 32: Fase 6 (hoofstuk 16) Taalstrukture en -konvensies Les 20: Sinonieme en antonieme Letterkunde
23 – 24
Poësie – Les 10: “Raad vir hakkel” (Ilse van Staden) Prosa – roman: Les 33: Langer vrae / opstelvrae Taalstrukture en -konvensies Les 21: Sinsleer 25 – 26
27 – 28 29 – 30
Letterkunde Poësie – Les 11: “die vrou loop in die strate” (Marlise Joubert) Prosa – roman: Les 34: Selfstudie Letterkunde Deeglike hersiening van die drama Letterkunde Deeglike hersiening van die roman KWARTAAL 4 Taalstrukture en -konvensies
31 – 32
Les 22: Hersiening Letterkunde Deeglike hersiening van die drama
33 – 34 35 – 36 37 – 38 39 – 40
© Optimi
Letterkunde Deeglike hersiening van die roman Letterkunde Deeglike hersiening van poësie Doen enige hersiening wat nodig is. Novembereksamen
8
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
EENHEID 1 Poësie Les 1: Literêre begrippe LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet jy: • tipografie, bou van ’n gedig, enjambement, rym, rymskemas, vrye vers, herhaling, die verskil tussen spreker en skrywer, progressie en inversie verstaan • die Italiaanse sonnet verstaan • beeldspraak volgens ooreenkomste en assosiasies kan ontleed • stylfigure verstaan, soos antitese/teenstelling, paradoks, klimaks, antiklimaks, hiperbool, litotes, eufemisme, herhaling, woordspeling, inversie, retoriese vraag, ironie, sarkasme, metonimia en sinekdogee Die volgende punte moet in ag geneem word met die ontleding van ’n gedig: •
• • •
Daar is twee kernvrae wat jy oor ’n gedig moet vra: Wat word gesê? Hoe weet ek dit? Die tweede vraag dien as motivering van die eerste. Die eerste vraag bepaal wat deur die tweede vraag geopenbaar sal word. Alle outeurs skryf omdat hulle iets het om te sê – iets wat hulle as interessant beskou en gewoonlik van belang is vir die kultuurgroep vir wie hulle skryf. Daar is nie altyd finaliteit met betrekking tot die interpretasie van ’n gedig nie. Die volgende aspekte ondersteun die boodskap of tema van ’n gedig: o letterlike en figuurlike betekenis o stemming o tema en boodskap o beeldspraak (personifikasie, metafoor en vergelyking) volgens ooreenkomste en assosiasies o stylfigure (inversie, simbool, klanknabootsing/onomatopee, ironie, kontras, satire, sarkasme, antiklimaks, eufemisme, hiperbool, woordspeling, sinekdogee, metonimia, onderbeklemtoning en retoriese vraag) o tipografie, bou van ’n gedig, enjambement, rym, rymskemas, vrye vers, herhaling, verskil tussen spreker en skrywer, progressie en inversie o tradisionele digsoorte: die Italiaanse sonnet
Voordat ons met gedigte kan werk, is dit belangrik om die verskil tussen prosa (’n kortverhaal, roman of drama) en poësie (gedigte) te verstaan. Gedigte het spesifieke kenmerke wat die skrywer (digter) tydens die skryf daarvan toegepas het. © Optimi
9
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
BELANGRIKE TERMINOLOGIE: POËSIE Bestudeer die onderstaande kenmerke sodat jy dit makliker kan raaksien in die toepassing van die gedigte. Gebruik hierdie lys as verwysingsbron wanneer jy die voorgeskrewe gedigte bestudeer. Hoe moet ek ’n gedig lees? • Kyk na die titel van die gedig – dit gee reeds ’n idee van waaroor die gedig gaan. • Lees die hele gedig vinnig sodat jy weet waaroor dit gaan. • Lees die gedig vir ’n tweede of derde keer deur en merk die moeilike dele of begrippe. • Gebruik ’n woordeboek om die moeilike woorde na te slaan en die betekenisse neer te skryf. • Lees die gedig weer deur – sommer hardop – en probeer agterkom hoe die dele bymekaar inskakel, en wat die gedig vir ons probeer sê. • Let ook op na hoe die gedig uitgelê is (uiterlike bou), en watter tegnieke stylfigure gebruik is (innerlike bou). 1.
DIE BOU VAN ’N GEDIG
1.1
’n Gedig word opgebou uit versreëls. Versreëls word onder mekaar gedruk, nie aaneenlopend soos in prosa nie. Die onbedrukte wit gedeelte aan weerskante sluit die versreël af.
1.2
Die einde van ’n versreël val nie noodwendig saam met die einde van ’n sin nie. Wanneer die sin sonder onderbreking na die volgende versreël oorloop, noem ons dit enjambement. Die funksie van enjambement is om die rym te verdoesel (weg te steek of die aandag van die rym af te lei) en om beweging te ondersteun.
1.3
Die lang reeks versreëls wat onmiddellik op mekaar volg en wat deur tipografiese wit van mekaar geskei word, word strofes genoem. • ’n Strofe met twee reëls is ’n koeplet. • ’n Strofe met drie reëls is ’n tersine. • ’n Strofe met vier reëls is ’n kwatryn. • ’n Strofe met ses reëls is ’n sekstet. • ’n Strofe met agt reëls is ’n oktaaf.
2.
TIPOGRAFIE Dit is die manier waarop ’n gedig uitgelê is, vir ’n sekere effek. Dit beteken dat daar gekyk moet word na hoe die gedig letterlik lyk – die uiterlike bou van die gedig. Visuele tekens tot die teks is onder meer spasiëring, leestekens, hoofletters en kleinletters.
© Optimi
10
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
Soms gebruik die digter tipografies ’n oop ruimte in ’n gedig. So ’n oop ruimte word tipografiese wit genoem. Die funksies is veral om stilte te suggereer en om die leser vir ’n oomblik te laat ophou lees. 3.
RITME EN RYM: DIE ASSOSIASIE MET KLANKE
3.1
Ritme Die ritme van ’n gedig dui die pas aan en moet by die betekenis van die gedig pas. ’n Stadige ritme weerspieël ’n somber betekenis en ’n vinnige pas kan op ’n gelukkige gemoedstemming dui. Wanneer versreëls ewe veel lettergrepe bevat, skep dit ook goeie ritme. Bv. hoe / la / ter / hoe / kwa / ter wie’s / daar / in / die / wa / ter?
3.2
Rymskema Paarrym: Kruisrym: Omarmde rym: Gebroke rym: Slagrym: Verslingerde rym:
aabbcc abab abba abcb aaaa abaabcbccb
Om die rymskema van ’n gedig te bepaal: • • •
Onderstreep die laaste woord in elke versreël. Ken die alfabetletter “a” toe aan die eerste woord en aan elke versreël (van die strofe) waar die woord ook soos daardie woord klink. Doen dieselfde met die volgende rymwoorde en kyk of jy ’n patroon sien.
Voorbeeld Duiwe Bali se singende duiwe Omsingel die maan in hul vlug En hang, ’n tros donkerblou druiwe Aan die hoë prieel van die lug.
a b a b
I.D. du Plessis
© Optimi
11
Kruisrym
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
3.
Halfrym
3.3.1
Alliterasie Alliterasie is die herhaling van dieselfde klanke van konsonante/medeklinkers, gewoonlik aan die begin van woorde in dieselfde reël. Omdat halfrym oor die herhaling van dieselfde klanke eerder as oor die herhaling van dieselfde letter gaan, is die herhaling van byvoorbeeld “v” en “f” in dieselfde reël alliterasie. Bv. Die valse voëls foeter deur die venster.
3.3.2
Assonansie Assonansie is die herhaling van dieselfde klanke van vokale/klinkers binne-in woorde. Onthou, halfrym gaan oor klanke, nie letters nie. As ons “rus” in die volgende voorbeeld ontrond, is dit assonansie: Bv. Dis die rus wat in die bosveld is.
4.
Die herhaling van woorde/sinskonstruksies/versreëls/strofes het onder meer die volgende twee belangrike funksies: 1) Dit beklemtoon ’n sekere aspek. 2) Dit ondersteun progressie.
5.
In elke gedig is daar ’n spreker aan die woord. Die spreker is nie die digter van die gedig nie, behalwe wanneer die gedig dit uitdruklik sê of biografiese inligting bevat. Die digter skep ’n spreker in die gedig en stel die spreker aan die woord. ’n Mens kan gewoonlik baie duidelik uit die gedig aflei wie/wat die spreker is. Soms praat die spreker in die gedig met iemand. Dié iemand word die aangesprokene genoem. Wanneer die spreker in die gedig in ’n gesprek met homself of ’n stilswyende tweede party gewikkel is, word dit ’n monoloog of alleenspraak genoem.
6.
Die meeste gedigte bevat progressie. Progressie is die ontwikkeling wat in ’n gedig voorkom wanneer die gegewens in die gedig tot ’n klimaks oploop.
7.
Wanneer ’n digter ’n woord uit sy normale sintaktiese posisie haal (die gewone woordorde verander), word dit inversie genoem. Inversie word meestal vir beklemtoning gebruik – die woord word in die bevoorregte posisie aan die einde van die versreël geplaas waar dit die klem ontvang. Dit word agterplasing genoem. As die woord eerste in die sin staan, is dit voorplasing. Wanneer inversie bloot ten doel het om ’n rymprobleem op te los, is dit rymdwang.
8.
TRADISIONELE DIGSOORTE
8.1
Die Italiaanse (Petrarkaanse) sonnet Uiterlik bestaan die Italiaanse sonnet uit twee kwatryne met omarmde rym wat gesamentlik ’n oktaaf vorm. Die oktaaf word gevolg deur ’n sekstet met die rymskema cdccdc of efgefg. Innerlik word in die oktaaf ’n beeld of natuurbeskrywing
© Optimi
12
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
gegee en in die sekstet kom daar ’n wending in die vorm van ’n toepassing, teenstelling of verdieping in perspektief. 8.2
Engelse sonnet ’n Gedig wat bestaan uit 14 reëls met drie kwatryne (vier reëls elk = kwatryn) en ’n rymende eindkoeplet (twee reëls). In die drie kwatryne word die beeld/storie vertel, maar in die eindkoeplet vind daar ’n hoogtepunt plaas.
9.
BEELDSPRAAK Wanneer twee uiteenlopende sake met mekaar geskakel word op grond van een of ander verwantskap, het ons met beeldspraak te make.
9.1
Vergelyking ’n Vergelyking is die langsmekaarstel van ’n voorwerp en die beeld wat ’n sekere ooreenkoms daarmee toon. Sleutelwoorde wat gewoonlik in vergelykings voorkom, is “so”, “soos”, “nes” of “asof”. “ … Dis laat en lang ligvaandels wapper oor die straat soos oor ’n dam die blinkpad na die maan.”
9.2
Elisabeth Eybers (“Busrit in die aand”)
Metafoor In ’n metafoor word twee verskillende goed met mekaar vergelyk, maar ’n sekere eienskap van die beeld word direk op die voorwerp oorgedra. Die woorde “soos”, “nes” of “asof” kom dus nie voor nie. “Ek sit daagliks gekluister aan my rekenaar – ’n getroue en geteisterde Penelope”
9.3
Lina Spies (“Geen luitoon”)
Personifikasie Personifikasie is waarin menslike eienskappe aan lewelose voorwerpe, diere en natuurverskynsels gegee word. “Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur, …”
Uys Krige (“Ken jy die see …”)
10.
STYLFIGURE
10.1
Inversie (omgekeerde woordorde) Inversie kom voor wanneer die woordorde doelbewus verander word om byvoorbeeld ’n woord in ’n rymposisie te plaas, of ’n woord na die begin of einde van ’n versreël te skuif ter wille van beklemtoning.
© Optimi
13
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
10.2
Eenheid
1
Simbool Dit is ’n teken/voorwerp wat ’n ander saak verteenwoordig, byvoorbeeld, ’n kruis is ’n tradisionele simbool, wat soos beeldspraak na die werklikheid verwys, maar ook ’n dieper betekenis kry omdat dit na iets anders verwys. Kruis: Tradisionele simbool wat met Christenskap geassosieer word, maar dit het ook ’n dieper betekenis, bv. dit dui moontlik op liefde, opoffering, ens.
10.3
Onomatopee/klanknabootsing Dit is woorde wat die klanke van ’n geluid weergee, soos sis, miaau, woef, kadoef.
10.4
Ironie Ironie is ’n vorm van humor. Dit is gebaseer op die gebruik van woorde wat die teenoorgestelde van hul letterlike betekenisse bedoel. Met ander woorde, dit is wanneer jy die teenoorgestelde sê van dit wat jy bedoel of iets is die teenoorgestelde as wat mens verwag. Voorbeeld: Die skepper van ’n verslankingsdieet is oorgewig.
10.5
Kontras (ook antitese of teenstelling genoem) Dit is ’n stylmiddel waarin twee uiterstes teenoor mekaar gestel word om ’n sekere effek te bereik, bv. hoe meer haas, hoe minder spoed.
10.6
Satire (spot) Dit is ’n manier om spottend die foute en dwaashede van individue of die wanbestuur van ’n samelewing oop te vlek; ’n hekelende/spottende manier van kritiek lewer.
10.7
Sarkasme Dit is om op ’n skerp, bytende manier met iemand te spot om seer te maak of met minagting op iemand se foute te wys.
10.8
Antiklimaks Dit is die omgekeerde van ’n klimaks of ’n hoogtepunt, die teenoorgestelde van dit wat die leser verwag en is gewoonlik ’n onverwagse teleurstellende uiteinde met ’n komiese of skokkende effek.
10.9
Eufemisme Dit is ’n vorm van taalgebruik wat versagting uitdruk of gebruik word om nie gevoelens seer te maak nie, bv. deur te sê dat iemand lang vingers het wanneer hulle steel, of idiome oor die afsterwe van iemand, bv. hy het die tydige met die ewige verwissel i.p.v. hy is dood.
10.10
Hiperbool Dit is ’n stylfiguur of vorm van taalgebruik wat doelbewus oordryf; om iets erger of groter te maak as wat dit werklik is, bv. ’n eindelose pad.
© Optimi
14
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
10.11
Woordspeling Dit is die doelbewuste gebruik van ’n woord om terselfdertyd ’n ander toepassing van die woord ook te aktiveer. Dit het dikwels te doen met die letterlike en figuurlike toepassing van ’n woord of gesegde. Dit word meestal op ’n humoristiese wyse gebruik om die leser te verras en daarop te wys dat sekere woorde op verskillende maniere gebruik kan word en dikwels misleidend kan wees. Voorbeeld: Op ’n advertensiebord waarop daar staan “Hou jou oë op die pad” is daar ’n prent van oë wat op ’n pad lê.
10.12
Sinekdogee Sinekdogee is wanneer daar na ’n gedeelte van iets verwys word in plaas van die geheel, bv. “Gee ons vandag ons daaglikse brood” – ons bedoel eintlik: Gee ons vandag alles wat ons nodig het.
10.13
Metonimia Metonimia kan maklik met sinekdogee verwar word. Metonimia is wanneer daar na een saak verwys word wat baie na aan ’n ander saak staan en amper as een aspek gesien word, bv. Die ketel kook. Dit is eintlik die water in die ketel wat kook. Nog ’n voorbeeld: Hy het die bottel lief. Hy het eintlik die drank in die bottel lief.
10.14
Antonomasia (naamsverwisseling) Dit is om iets aan te dui deur ’n kenmerkende eienskap te noem, dikwels die gebruik van ’n eienaam as ’n soortnaam om ’n algemene begrip uit te druk, bv. blink klippies i.p.v. diamante. Of: ’n Mens moet ’n Salomo wees.
10.15
Onderbeklemtoning Dit is ’n manier om iets te beklemtoon deur dit met terughouding te stel; nie al die feite of die volle waarheid te noem nie, bv.: Hierdie boek is ’n bietjie duurder as daardie een (wanneer dit baie duurder is).
10.16
Retoriese vraag Dit is ’n vraag waarmee ’n mens jou mening uitspreek en waarop jy nie ’n antwoord verwag nie omdat dit vanselfsprekend is, bv.: Hoe kan ’n moeder haar kind vergeet?
10.17
Litotes Dit is wanneer iets beklemtoon word deur die ontkenning van die teenoorgestelde, of deur verkleining of versagting, bv.: Sy’t ’n klein ou lyfietjie.
10.18
Sinestesie Dit is die vermenging van sintuie, bv. klapsopwaternat-gevoel – dit dui aan dat dit byna pynlik is (klap-), so erg voel dit. Of: Daar is ’n klankie in die vertrek – dui op ’n onaangename reuk.
10.19
Oksimoron Dit is twee teenoorgestelde begrippe wat direk teenoor mekaar gestel word, bv.: Ou nuus of siende blind.
© Optimi
15
Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
AKTIWITEIT 1 Voltooi die sinne en spoor al die woorde op wat horisontaal, vertikaal en diagonaal in die blok versteek is. B Z
E E
E A
D E
V B
E I
R N
G D
E A
L E
Y I
K T
I S
N V
G A
G R
F S
W E A
I S R
K R Y
S L T
T E A
S N A
O D E
F I V
E G E
N J A
M T R
S E R
T R O
A V R
B M P
V E E
E T A
P
E
R
S
O
N
I
F
I
K
A
S
I
E
R
A
F
I G N
V N I
P A E
A V R
R M E
O S S
K E Q
S N A
A J A
E A M
A M P
T B B
F E A
G M L
A E T
S N I
O T O
A A N A
B P E A
A Z M B
A H S E
T A I G
A E M N
L E E A
S R F W
A B U D
B N E M
Z O B Y
A U O R
K L G T
Y O K I
P M P A
T Y B D
N A M A
R E I O
E M A U
T V S B
O E T C
R R R D
I S O F
E R F G
S E E E
E E I H
T F T I
A E A J
O A E A
R E E L
S G S T
A I K K
E P N P
T O G G
LEIDRADE 1. Hoe die gedig se woorde op die papier lyk, word ... genoem. 2. Wanneer ’n sin sonder onderbreking oor die einde van ’n versreël loop. 3. ’n Vraag waarop daar nie ’n antwoord verwag word nie. 4. So gelukkig soos ’n vis in die water is ’n voorbeeld van ’n ... 5. Ons tref twee soorte halfrym aan: alliterasie en ... 6. Wanneer ’n digter ’n woord doelbewus verander om in die rympatroon te pas. 7. Watter beeldspraak kom in die volgende uittreksel voor? “Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur, …” (Uys Krige) 8. Wanneer die woordorde doelbewus verander word om byvoorbeeld ’n woord in ’n rymposisie te plaas, of ’n woord na die begin of einde van ’n versreël te skuif ter wille van beklemtoning. 9. “Miaauw” is ’n voorbeeld van ... 10. “’n Mollige meisie in plaas van ’n vet meisie” is ’n voorbeeld van ...
© Optimi
16