Eerste Addisionele Taal: Taalkunde

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Ā© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiƫring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URLāe van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Fasiliteerdersgids: Taalkunde
Graad 10
INHOUDSOPGAWE

LESELEMENTE
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ān mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ān slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik
Sample

AKTIWITEIT
Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING
Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ān spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word
STUDEER / HERSIENING
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
G10 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
VOORWOORD
AANVULLENDE BRONNE
Dit is raadsaam om ān goeie tweetalige en Afrikaans verklarende woordeboek aan te skaf. Geen ander voorgeskrewe boeke hoef aangekoop te word nie, aangesien ALLE werk in hierdie handleiding ingeskryf is.
Welkom by Afrikaans Eerste Addisionele Taal graad 10. Ons wens jou sukses toe en hoop dat jy die fasiliteerdersgids sal geniet. Hierdie fasiliteerdersgids is ontwikkel om aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) of (CAPS), te voldoen.
Die kursus betaan uit:
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10 ā Handleiding: Taalkunde
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10 ā Fasiliteerdersgids: Taalkunde
Daar is vier temas in die boek:
⢠Kwartaal 1: In die sportwêreld
⢠Kwartaal 2: Afrikaanse musiek rock
⢠Kwartaal 3: Slaan misdaad hok
⢠Kwartaal 4: Die lewe is ān strokie
ān Kort uiteensetting van hoe hierdie gidse werk:
⢠Die leerders se handleiding beskik ook oor ān voorwoord wat hulle welkom heet en wat ān kort oorsig gee van wat in elke eenheid behandel gaan word.
⢠Om die studiewerk en daaglikse oefeninge te onderskei, is daar verskillende LESELEMENTE wat die leerders in staat te stel om die handleiding gemaklik te kan hanteer.
⢠Vir die fasiliteerder is die volgende ikoon in hierdie gids aangebring, waar die betrokke opdrag of metodiek van ān nuwe leerproses verduidelik word.

FASILITEERDER:
Instruksies sal dan hier volg.
⢠Voor die afskop van elke taaleenheid, word die die lesdoelwitte aan die leerders verduidelik.
⢠Die leerders moet oor die volgende werkboeke (skrifte) beskik:
⢠dun hardebandboek vir stelwerk
⢠91-bladsye hardebandboek vir taalleer
2. AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: INHOUD
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Gr 10 bestaan uit die volgende komponente:
⢠Luister
⢠Praat
⢠Lees en kyk
⢠Skryf en aanbied
⢠Taalstrukture en -konvensies.
2.1 ān Oorsig van die LUISTER- EN PRAATVAARDIGHEDE, kan soos volg saamgevat word:
2.1.1 Luister
Die luisterproses
⢠Pre-luister: strategieë om leerders voor te berei vir luister, bv. aktiveer agtergrondkennis, voorspelling, fisiek gereed te wees
⢠Tydens luister:
⢠Luister vir spesifieke inligting en begrip
⢠Luister vir kritiese ontleding en evaluering
⢠Luister vir interaksie
⢠Luister vir waardering
⢠Post-luister: beantwoord vrae, hersien aantekeninge, gebruik inligting (bv. om ān diagram van byskrifte te voorsien), maak opsommings, maak afleidings en gevolgtrekkings, evalueer, reageer krities.
2.1.2 Praat
Die praatproses
⢠Beplanning, navorsing en organisering van idees en inligting.
⢠Voorbereiding en aanbieding: toon bewustheid van doel, teikengroep en konteks; gebruik korrekte taalstrukture en -konvensies; duidelike aanbieding, gebruik van gepaste verbale en nie-verbale tegnieke.
⢠Kenmerke en konvensies van mondelinge kommunikasietekste:
⢠Informele praat en groepwerk: bespreking, gesprek, dialoog, debat, groepwerk, onvoorbereide hardoplees.
⢠Formele praat en aanbied: voorbereide en onvoorbereide toespraak, hardoplees en onderhoud.
⢠Argument en standpunt/perspektief: paneelbespreking en debat.
⢠Praat vir spesifieke doeleindes/kontekste: aanwysings en instruksies, bekendstelling van ān spreker, bedanking.
Voorbeelde van taalhandelinge (daaglikse mondelinge kommunikasie)
2.2 Lees en kyk
Die leesproses
⢠Pre-lees: strategieë wat die leerders voorberei vir lees, bv. aktiveer agtergrondkennis, voorspelling, vluglees opskrifte.
⢠Lees: noukeurige lees van die teks ondersteun deur die fasiliteerder se vrae; ontwikkeling van strategieë soos die maak van afleidings; fokus op woordkeuse, taalgebruik, beelde, ens.
⢠Post-lees: interpreteer die teks as geheel deur die gebruik van strategieë soos die skep van sinteses, opsomming, vergelyk en kontrasteer, maak afleidings en gevolgtrekkings, evalueer, gee opinies.
Aandagtige lees van literĆŖre en nie-literĆŖre tekste.
Uitgebreide selfstandige lees en kyk.
2.3 Skryf en aanbied
Prosesskryf
⢠Beplanning/Pre-skryf ā ontleed die struktuur en taalkenmerke van die tekssoort.
⢠Konsep, hersien, redigeer, proeflees, aanbied.
Taalstrukture en -konvensies tydens prosesskryf
Tekssoorte ā strukture en taalkenmerke
⢠Kognitief-akademies: inligtingsverslag, prosedures, verduideliking, beredenering, argumentering, bespiegeling, resensie.
⢠Kreatief: verhalend, beskrywend.
⢠Persoonlik/interpersoonlik: dagboekinskrywing, vriendskaplike brief, persoonlike mededeling/vertelling, uitnodiging en antwoord, huldeblyk.
⢠Sake: sakebrief, CV, invul van ān vorm, agenda, notule, strooibiljet/pamflet, advertensie.
2.4 Taalstrukture en -konvensies
Sample
Taalstrukture en -konvensies word in die konteks van bostaande vaardighede onderrig en ook as deel van ān sistematiese taalontwikkelingsprogram. Dit sluit in woordkeuse, spelling, sinsbou, punktuasie, die skryf van paragrawe, die hersiening van taalstrukture wat in vroeĆ«r grade onderrig is en die inleiding van nuwe taalstrukture.
3. PORTEFEULJEWERK
ān Portefeuljeboek sal apart van die lesmateriaal hanteer word. Elke opdrag sal volledig bespreek word sodat die leerders weet wat hulle opsies is en hoe die taak aangepak moet word.
Die take (assesseringsplan) wat vir Graad 10 Eerste Addisionele Taal geassesseer word, word volledig in die portefeuljeboek bespreek.
Die portefeuleboek is op my.Impaq beskikbaar.
4. TOETSE EN EKSAMEN
Verwys na my.Impaq vir inligting rakende toetse en eksamens.
5.
ONDERRIGPLAN VIR TAALKUNDE
In graad 10 is die onderrigtyd vir EAT 4,5 uur per week tydens ān akademiese jaar van 40 weke.
Die rooster moet voorsiening maak vir ten minste een dubbelperiode per week. In ān tweeweeklikse siklus word die volgende tydsindeling vir die verskillende vaardighede voorgestel:
* Taalstrukture en -konvensies (geĆÆntegreerde aanbieding by ander vaardighede)
G10 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
ān Rooster met halfuurperiodes (30 minute) word hieronder gegee. Help die leerders om hul eie rooster volgens die lesbeplanning en hul ander vakke op te stel.
Onthou: Bogenoemde tydstoekenning is slegs ān voorstelling vir die onderrig van ān nuwe vaardigheid. Dit sluit glad nie huiswerk of voltooing van enige werksopdrag in nie.
SampleDie onderstaande jaarplan is slegs in kwartale en die lesse per kwartaal ingedeel.
WEEK
1 ā 2
3 ā 4
Les 1: Praat oor sportfotoās
JAARPLAN
LES
KWARTAAL 1
Taalstrukture en -konvensies
Les 2: Taal: Hoofletters en spelling
Les 3: Leesbegrip: Koerantartikel
Les 4: Skryf ān paragraaf
Les 5: Luisterbegrip
Les 6: Taal in konteks: Woordeskat en samestellings
Letterkunde
PoĆ«sie: Letterkunde terme (OLP ā Welkomles)
Prosa: Die Pro: Aantekeninge (OLP Resources)
Taalstrukture en -konvensies
Les 7: Woordeskat
Les 8: Taal in konteks: Voorsetsels
Les 9: Lees en kyk: Visuele lees
Les 10: Skryf ān vriendskaplike brief
Les 11: Lees: Die opsomming/prƩcis
Les 12: Taal: Voegwoorde
Letterkunde
PoĆ«sie: āDie tweegevegā (Breyten Breytenbach)
Prosa: āVirusse en bakterieĆ«ā
Taalstrukture en -konvensies
Les 13: Taal: Woordvorming
Les 14: Taal in konteks: Stelsinne, feite en menings in die teenwoordige tyd
Les 15: Taal: Selfstandige naamwoorde
Les 16: Taal in konteks: Byvoeglike naamwoorde
Les 17: Skryf ān verbeeldingsteks: ān Gedig
Letterkunde
PoĆ«sie: āDis alā (Jan F.E. Cilliers)
Prosa: āMikrofiete en fikofieteā 7
8
Taalstrukture en -konvensies
Les 18: Luister en praat: Groepbesprekings
Les 19: Skryf: Vul ān vorm in
Les 20: Taal in konteks: Gevoelstaal, stereotipering en veralgemening
Les 21: Taal in konteks: Direkte en indirekte rede
Les 22: Taal: Soorte werkwoorde
Les 23: Skryf ān verhalende opstel
PoĆ«sie: āPalimpsesā (Johann de Lange)
Letterkunde
Prosa: āBriofieteā
Les 24: Luister en praat: Liriek
Taalstrukture en -konvensies
Les 25: Lees ān advertensie
Les 26: Skryf ān resensie
Les 27: Taal in konteks: Deelwoorde, homofone en homonieme
Les 28: Skryf: Ontwerp ān plakkaat
Letterkunde 9 ā 10
Prosa: āPteridofieteā
KWARTAAL
2
Taalstrukture en -konvensies
Les 29: Praat: Pas en bespreek fotoās
Les 30: Luister en praat: ān Liedjie
Les 31: Skryf ān paragraaf oor ān literĆŖre teks
ā 12
Les 32: Taal in konteks: Stam, afleiding, samestellende afleiding (woordbou) en sinsoorte
Les 33: Skryf ān voorbereide toespraak
Letterkunde
ā 14
PoĆ«sie: āboekmerkā (Marlise Joubert)
Prosa: āSpermatofieteā
Taalstrukture en -konvensies
Les 34: Enkelvoudige sinne: Bywoordelike bepalings van tyd, wyse en plek
Les 35: Skryf: Maak ān advertensie
Les 36: Luister en praat: Hardoplees
Les 37: Lees ān visuele teks: Spotprent
Les 38: Skryf ān aanbeveling of ān verslag
Letterkunde
PoĆ«sie: āān Miteā (Kobie Korf)
Prosa: āInvertebraā
Taalstrukture en -konvensies
Les 39: Taal in konteks: Spelling: Los of vas
Les 40: Taal in konteks: Woordorde en woordkeuse
Les 41: Taal in konteks: Ontkenning Sample
Les 42: Taal in konteks: Hersiening 15 ā 16
PoĆ«sie: āhartbreekā (Susan Smith)
Prosa: āInvertebra (nog ān paar)ā
Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies
Les 43: Luister en praat: Onderhoud
Les 44: Aandagtige lees
Les 45: Skryf oor ān persoonlike ervaring
Les 46: Taal in konteks: Sinonieme, antonieme, paronieme en woorde wat verwar
Les 47: Skryf ān formele brief
Voorbereiding vir die eksamen:
⢠Hersien poësie
⢠Hersien prosa
Junie-eksamen
Letterkunde
KWARTAAL 3
Taalstrukture en -konvensies
Les 48: Praat: Bespreek prente
Les 49: Praat: Gesels oor eie ervarings
Les 50: Praat: Lees hardop
Prosa: āVertebrataā
ā 24
ā 26
Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies
Les 51: Skryf ān beskrywende opstel
Les 52: Taal: Voornaamwoorde
Les 53: Luister na ān toespraak
Prosa: āVertebrata (Aves)ā
Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies
Les 54: Taal: Byvoeglike naamwoorde
Les 55: Luister na debatprosedures
Les 56: Skryf ān uitnodiging
Prosa: āVertebrata (Mammalia)ā
Prosa: āSelkerne en nuklĆÆensureā 27 ā 28
Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies
Les 57: Taal in konteks: Hersiening
Les 58: Luister en praat: Hou ān vergadering
Les 59: Skryf ān kennisgewing, agenda en notule
Prosa: āSeldelingā
Prosa āGenetikaā
Les 60: Taal: Die infinitief
29 ā 30
31 ā 32
33 ā 34
Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies
Les 61: Taal in konteks: Woordeboekgebruik
Les 62: Taal in konteks: Afkortings en akronieme
Letterkunde
Prosa: āVoortplanting van die mens (gr. 12-werk)ā
KWARTAAL 4
Taalstrukture en -konvensies
Les 63: Praat: Bespreek strokies
Les 64: Aandagtige lees: ān Koerantberig
Les 65: Skryf ān brief aan die pers
Prosa hersiening
Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies
Les 66: Taal in konteks: Woordeskat en lettergrepe
Les 67: Luister na ān liedjie
Les 68: Lees strokiesprente
Voorbereiding vir die eksamen: Hersien poƫsie
Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies
Les 69: Skryf ān brief van waardering/bedanking
Les 70: Taalhersiening
35 ā 36
Letterkunde
37 ā 38
Voorbereiding vir die eksamen: Hersien prosa
Taalstrukture en -konvensies
Voorbereiding vir die eksamen: Hersien vraestel 1 en 3
39 ā 40 Novembereksamen
*Bykomende notas en opgedateerde lesplanne is aanlyn beskikbaar op die Optimi Learning Portal (OLP). Verwys na OLP vir alle ander lesinhoud.
EENHEID 1 In die sportwĆŖreld

Luister en praat
LEERDOELWITTE
Nadat die leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle die volgende kan doen:
ļ oor sport en die rol van sport in die samelewing praat;
ļ na ān teks luister en ontbrekende woorde invul;
ļ ān visuele teks in kan verduidelik;
ļ na ān liedjie luister om betekenis te verstaan;
Lees en kyk: Begrip en letterkunde
Skryf en aanbied
Taalstrukture en -konvensies
ļ deelneem aan ān groepbespreking om eie mening en standpunt in te neem;
ļ na ān literĆŖre teks te luister en karakters te identifiseer;
ļ na ān liriek te luister vir waardering;
ļ tekens en beskrywings by mekaar pas;
ļ ān artikel vir inligting en begrip lees en vrae daaroor beantwoord;
ļ inligting op te som;
ļ advertensies te lees en te geniet;
ļ in ān paragraaf kan verduidelik hoe ān stophorlosie werk;
ļ skryf van ān vriendskaplike brief, ān verbeeldingteks (gedig); invul van ān vorm; ān verhalende opstel; ān resensie; en die ontwerp van ān plakkaat;
ļ spelling en hoofletters inoefen;
ļ voegwoorde reg gebruik en woordeskat uitbrei;
ļ met voorsetsels werk;
ļ met woordvorming deur afleiding, samestelling en samestellende afleiding werk;
ļ samestellings vorm;
Sample
ļ stelsinne, feite en menings in die teenwoordige tyd, selfstandige naamwoord (meervoud, verkleining en geslag), byvoeglike naamwoorde;
ļ gevoelstaal, stereotipering en veralgemening;
ļ direk en indirekte rede en korrekte leestekens;
ļ soorte werkwoorde (tye, verwarrende werkwoord, hulpwerkwoord, deeltjiewerkwoord);
ļ homofone en homonieme.
INLEIDING

FASILITEERDER
In graad 10 ā 12 gaan die leerders voortbou op die mondelinge vaardighede wat in vroeĆ«r grade ontwikkel is. Die doel is om meer selfvertroue te kry en makliker op vrae te reageer. Hulle sal ook beter verstaan wat gepas is en wat nie.
Hierdie aktiwiteit is ontwikkel om informele en formele praataktiwiteite te oefen. Die nodige woordeskat en taalstrukture word ontwikkel sodat alle leerders aan hierdie praatvorme kan deelneem. Die leeromgewing of klas moet ondersteunend en ontspanne wees.
Bespreek die verskillende taalhandelinge met die leerders. Maak seker dat hulle die korrekte woordorde kan gebruik wanneer hulle hul kommunikasievaardighede oefen.
Les 1: Praat oor sportfotoās
KERNINHOUD
Hierdie aktiwiteit is ān informele bespreking/gesprek. Die doel hiervan is om idees, opinies en standpunte te deel. Die fasiliteerder moet sekere vrae stel om die leerders te help om kommunikasie vol te hou. Let op na taal, gebare en oogkontak. Toon belangstelling deur om op ān gepaste wyse te reageer. Let op na die daaglikse taalhandelinge in sekere situasies. Sien die volgende ikoon: VIR DIE NUUSKIERIGES.