Bybelse Magswette Die absolute mag van Jesus Christus korrupteer nie.
En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. Amen. Matteus 28:18-20 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde. Handelinge 1:8
Pentateug En julle weet dat ek met al my krag julle vader gedien het. Dit is in my mag om julle kwaad aan te doen, maar die God van julle vader het gisteraand met my gespreek en gesê: Pas op dat jy met Jakob geen goed of kwaad spreek nie. Genesis 31:6 , 29 Toe sê Hy: Jou naam sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want soos 'n vors het jy mag gehad met God en met die mense, en jy het oorwin. Genesis 32:28 Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die begin van my sterkte, die uitnemendheid van waardigheid en die uitnemendheid van krag. Genesis 49:3 En waarlik, juis daarom het Ek jou laat optree, om in jou my krag te toon en sodat my Naam oor die hele aarde verkondig kan word. Eksodus 9:16 U regterhand, o HERE, is verheerlik in krag; u regterhand, o HERE, het die vyand verpletter. Eksodus 15:6 As sy haar heer, wat haar met homself verloof het, nie behaag nie, moet hy haar laat loskoop; hy sal geen mag hê om haar aan 'n vreemde nasie te verkoop nie, aangesien hy bedrog met haar gehandel het. Eksodus 21:8 Toe het Moses die HERE sy God gesmeek en gesê: HERE, waarom sou u toorn ontvlam teen u volk wat U met groot krag en met 'n sterke hand uit Egipteland uitgelei het? Eksodus 32:11 En Ek sal die trotse van julle mag verbreek; en Ek sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper. En hulle sal teen mekaar val soos voor 'n swaard, wanneer niemand hulle agtervolg nie; en julle sal geen krag hê om voor julle vyande stand te hou nie. Levitikus 26:19 , 37 En nou smeek ek u, laat die mag van my Here groot wees, soos U gespreek het deur te sê: Numeri 14:17 Toe sê Bileam vir Balak: Kyk, ek het na jou toe gekom. Het ek dan nou die mag om enigiets te spreek? Die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek. Numeri 22:38