FREE!
26 AUGUST 2022
072 757 0514
info@veldbrandmediasa.co.za
NOW YOU KNOW!
Veldbrand
BETHLEHEM | CLARENS | FOURIESBURG | PAUL ROUX | ROSENDAL
060 405 8979
@veldbrandvonk
@news_nuus
@veldbrandnow
Spieëltjie spieëltjie aan die wand… BETHLEHEM | CORNÉ VAN NOORDWYK
Diereliefhebbers, spits julle ore! Dis weer sulke tyd. Elke jaar bied die Dierebeskermings Vereniging (DBV) se Bethlehem-tak hulle foto-kalender kompetisie aan. Met dié kompetisie kry diere-eienaars die geleentheid om te spog met hulle vierpoot-‘kinders’. Hetsy dit ‘n kat, ‘n hond of ‘n skilpad is, enige troeteldier-eienaar is welkom om vir die kompetsie in te skryf. Om in te skryf is baie maklik. Al wat jy hoef te doen, is om ‘n foto van jou troeteldier te neem en saam met ‘n inskrywingsfooi van R50, waarvan jy ‘n bewys van betaling moet kan toon, te stuur na 072 329 4699. Die DBV in Bethlehem is baie afhanklik van fondse wat uit die gemeenskap kom en dié kompetisie is een van die DBV-Bethlehem se inisiatiewe om broodnodige fondse vir die organisasie in te samel. Bonop kan jou troeteldier dalk een van 12 diere wees, wat op die 2023 kalender in honderde huishoudings en kantore in Dihlabeng gaan ‘pronk’. Volgens ‘n woordvoerder van die DBV gaan
die ‘wenner’ bepaal word, deur elke inskrywing op sosiale media (Facebook) te plaas, waar die publiek dan vir hulle gunsteling troeteldier kan gaan stem. Die foto wat die meeste ‘likes’ gaan ontvang sal dan as die wenners gekies word. Die kalenders wat kort voor 2023 gedruk en beskikbaar gaan wees, sal dan verder deur die DBV verkoop word om fondse vir die organisasie in te samel. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is nog nie bekend gemaak nie, maar inskrywings is reeds welkom. Ondersteun die DBV en wys jy gee om, deur jou foto in te stuur vir die kompetisie. Die DBV vra ook die publiek om hulle blad gereeld te besoek en dop te hou, sodat julle kan gaan stem. Op die foto is Kallie en Mika, wat wys hoe dit gedoen word. Die foto is op die DBV-Bethlehem se Facebook blad geplaas om inskrywings vir die kompetisie te lok. media@veldbrandmediasa.co.za
FOTO: Twee ‘Boxers' met die name Kallie en Mika – (Facebook DBV-Bethlehem)