FREE!
12 AUGUST 2022
072 757 0514
info@veldbrandmediasa.co.za
NOW YOU KNOW!
Veldbrand
BETHLEHEM | CLARENS | PAUL ROUX | ROSENDAL | FOURIESBURG
060 405 8979
@veldbrandvonk
@news_nuus
@veldbrandnow
Clarens se eie “Jurassic Park”
CLARENS | CORNÉ VAN NOORDWYK Soos daar in die bekende Steven Spielberg rolprent “Jurassic Park” gewys is hoe dit was toe dinosaurisse nog die aarde bewoon het, gaan dit vir nog lank so bly, ...fiktief, maar Oos-Vrystaters kan solank hulle vere regskud om binnekort in voeling te kom met daardie oertydperk toe hierdie reuse ‘reptiele’ hulle spore gemaak het hier in ons eie Oos-Vrystaat. Dít gaan binnekort reggekry word met die opening van die nuwe ‘Dinosaur-nabootsingsentrum’ by die Golden Gate Hoogland Nasionale Park hier in Clarens. Volgens wat berig word, kom die projek alhoe nader aan voltooiing en sal hierdie sentrum, met sy unieke boustyl en ontwerp die geskiedenis van dinosourusse in ons omgewing, haarfyn en akkuraat kan oor-vertel. Die gebou, wat opgerig word deur SANParke, kos sowat R83,5 miljoen. Die konstruksie self gaan iets wees wat uit ‘n sprokiesverhaal kom. In ‘n verklaring wat uitgereik is, gaan hierdié projek ‘n argitektoniese en konstruksieprestasie wees. Soos wat in die vrygestelde foto’s gesien kan word, gaan die gebou spog met… (vervolg op Bladsy 4)
Die nuwe ‘dinosourus nabootsing-sentrum’ by die Golden Gate Hoogland Nasionale Park in Clarens, is amper voltooi en sal binnekort gereed wees vir gaste om die geskiedenis van dinosourusse in die omgewing te verken....