FREE!
15 DECEMBER 2022
BETHLEHEM | PAUL ROUX | ROSENDAL | CLARENS | GOLDEN GATE | FOURIESBURG
Bethlehem
Advertiser Veldbrand
Local. Useful. Digital.
MEDIA
KRY ‘N VOLLEDIGE GELOFTEFEESKALENDER 2022 IN DIE SPESIALE UITGAWE DEUR:
Wat is die Gelofte?
Foto: Travel Triangle
Hierdié maand is dit G eloft edag en herdenk Afrikaners wêreldwyd weer eens die G eloft e van 1838. Hierdie G eloft e is die eerste k eer op 16 Desember 1838 op die slagveld van Bloedrivier herdenk toe die Voortrekkers daar ’n dankdiens na afloop van die veldslag geho u het. Daarna is dit jaarliks informeel gevier. In 1864 het twee predikante, di. Piet Huet en Jan Lion Cac het, besluit dat die “dankdag” (soos hulle dit geno em het) jaarliks amptelik k erklik herdenk mo et word. In 1866 het is ’n groot fees op die slagveldterrein gereël. Op die o ggend van 16 Desember 1866 het Cachet oor Exo dus 17 v ers 15 gepr eek (waar beskryf word ho e ’n alt aar tot eer v an die Here gebo u word), waarna ’n et e gevolg het. Die middag het die aanw esige mans en seuns ’n klipst apel as gedenkt eken aan die Slag v an Blo edrivier opgerig. Dit is gedoen op die plek waar die middel van die laer van 1838 na bewering w as. ’n Gro ep Zoelo es het hand by gesit deur klippe nader te rol. Na die tyd het die kinders wat die fees by gewoon het, gesing en Cac het het ’n herdenkingstoespraak gehou waarin hy weer die noods aak om die dag te herdenk en om sendingw erk te do en, bepleit het.
Na afloop van die toes praak het oud-stryders hulle herinneringe aan die slag vertel. Intussen het Cachet deur middel van ’n tolk vir die swart werkers wat saam na die fees geko m het, asook die Zoeloes wat in die omgewing woo n en kom kyk het wat daar gebeur, gepreek. Hy het v ertel dat hy die oggend ’n boo dskap van die Zoelo ekoning, Cetshwayo, gekry het waarin die ko ning verklaar het dat hy bly was dat ’n predik ant op die plek kom kerk ho u het . Cac het het Cetshwayo laat weet dat ’n gedenkt eken met die naam “Vrede” op die terrein opgerig so u word. Hy het die hoo p uit ges preek dat harmonie voortaan tussen die Zo eloes en ander Natallers sou heers. Die dag se verrigtinge is met gebed en s ang afgesluit. Hierdie buitelugfees het die grondslag vir die formaat van duisende toekomstige G eloft eherdenkings gelê. Die laertrekproses, dienste en toespr ake deur oudstryders het jare lank ’n int egrale deel van feeste uitgemaak. In die Transvaalse Republiek is 16 Desember van 1865 af as vakansiedag erken en in die Oranje-Vrystaat van 1894 af. Met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika het dit ’n nasionale vakansiedag geword.