ADVERTISE WITH US | 072 757 0514 | GET A POWERBLOCK ADVERT FOR 4 WEEKS FOR R200! 10 Dec 2021 | Edition 46 - 2021 | rekord@rekordmediafs.co.za | 072 757 0514
Bethlehem Including: Paul Roux, Rosendal, Fouriesburg, Golden Gate & more
EKSKLUSIEF IN HIERDIE UITGAWE ‘N 4-BLADSY SPESIALE GELOFTEDAG BYLAE
NUUT VERKOSE BURGEMEESTER SIT SKOUER AAN DIE WIEL BLADSY 2
PICTURE: Facebook
REKORD 02
Corné van Noordwyk
RAADSLEDE VERGADER MET WAARNEMENDE MUNISIPALE BESTUUR EN BURGEMEESTER
Foto: Die nuutverkose Burgemeester van die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit se Mnr. Tseki James Tseki (Facebook)
BETHLEHEM: Verskeie nuutverkose raadslede het onlangs met die waarnemende munisipale bestuurder, Mnr. L Mokgatlhe en die Burgemeester van die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit se Mnr. Tseki James Tseki vergader. Mnr. Mokgatlhe is deur Cogta gestuur om die posisie as waarnemende Munisipale Bestuurder oor te neem, todat ‘n nuwe een aangestel word. Omrede beide hy en die Burgemeester teenwoordig was by dié vergadering met die raadslede, is daar van die geleentheid gebruik gemaak om hulle te ewenaar met die onafgehandelde probleme wat die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit nog tot op hede toe, in die gesig moet staar en wat dringend aandag moet kry. “Hierdié was probleme wat die munisipaliteit gehad het nóg voor die onlangse aanstellings en verkiesing, dus is hulle deeglik bewus daarvan.” Volgens ‘n raadslid het hierdié
‘onafgehandelde-probleme’ dus op die nuut verkose raad se skoot beland en dit dan nou op hulle skouers berus om baie gou opgelos te moet word. “Hulle sal hulle beloftes wat hulle aan die inwoners/kiesers gemaak het, noú moet nakom!” maar, volgens Tseki was die boodskap in sy inhuldigingstoespraak en sy mandaat baie duidelik. “Daar sal geen bedrog, onwettigheid, of nepotisme geduld word nie. Sou dit oopgevlek word sal daar opgetree word teen enige iemand wat hom of haar daaraan skuldig maak. Ons is hiér om Dihlabeng reg te ruk!” en sy boodskap in Engels aan inwoners was: “Service delivery is key!” Volgens ‘n raadslid van die Demokratiese Aliansie (DA) se persverklaring na die vergadering, het die DA dit duidelik gestel dat die volgende dringende aandag moet kry; Die munisipaliteit sal dringend… (vervolg op bladsy 6)
Bethlehem is published on FRIDAYS All adverts and news must reach us by deadline THURSDAY 15:00
Contact us
072 757 0514 rekord@rekordmediafs.co.za
Code of Conduct This publication is obligated to report news truthfully, accurately and fairly. Should you feel we do not adhere to the Press Code you can submit a complaint to the Press ombudsman at pressombudsman@ombudsman.org.za All rights and reproduction material published in this publication are hereby reserved In terms of the copyright act.
Publisher The reproduction or broadcast without written permission of any material published in REKORD and its supplements is forbidden and expressly reserved to LIVERO MEDIA PTY LTD, under section 12(7) of the Copyright Act. 1978 and any amendment thereof. REKORD is published by LIVERO MEDIA (Pty) Ltd. Tinnie van Rooyen Street 3, Clocolan, 9735
Hierdie publikasie beywer…
■ Om ons lesers...
volledig, betroubaar, objektief en geloofwaardig in te lig oor die nuusgebeure in ons gemeenskap.
■ Ons verbind ons... tot geen politieke party of ideologie nie.
■ Ons streef na... die waarheid, objektiwiteit en die belange van die gemeenskap in ons beriggewing.
■ Ons beywer ons vir... persvryheid, menseregte en die ekonomiese en maatskaplike opheffing van die dorpe waarin ons digitale koerant versprei word.
Jou nuus bydrae help ons om die gemeenskap ingelig te hou
■ Nuus word ALTYD gratis gepubliseer
Enige nuus – skool, kerk, doop, trou, geboorte, sterf, prestasie, sport en gemeenskapsnuus word verwelkom
■ E.pos of WhatsApp u bydrae media@rekordmediafs.co.za of WhatsApp 073 446 2182
ADVERTISEMENT
► Advertise with us 072 757 0514
REKORD 03
ADVERTISEMENT
► Advertise with us 072 757 0514
REKORD 04
ADVERTISEMENT
► Advertise with us 072 757 0514
REKORD 05
Foto’s: Facebook (DLM)
REKORD 06
“DIENSLEWERING SAL DIE SLEUTELWOORD WEES IN DIHLABENG VAN NOU AF!”
(vanaf bladsy 2) …aandag moet skenk aan die onfunksionele telefoon sisteem waarop die gemeenkap enige probleme op kan rapporteer; die hoeveelheid voertuie wat die munisipaliteit beskikbaar stel om te reageer op breke en instandhoudingswerk en; die infrastruktuur van die watersisteem, veral by die water-aanleg. Volgens ‘n onafhanklike kanidaat is die lys van probleme hier in Dihlabeng baie langer as wat hulle besef, “veral omrede die munisipaliteit nog nie ‘n permanente Munisipale Bestuurder aangestel het nie.” Verskeie ander sake is aangespreek, maar die burgemeester, Mnr. Tseki, het aan hulle positiewe terugvoering gegee en bevestig dat die volgende sake dringende aandag sal ontvang; Verskeie werksvoertuie sal by die huidige vloot ingesluit word vir doeltreffende dienslewering en sal blykbaar binnekort inwerking geplaas word; Die suiweringsaanleg en water
infrastruktuur sal dringende aandag kry, met behulp van die Departement van Water en Sanitasie se raad, advies en hulp. Daar sal onder meer gekyk word na ‘n reuse kragopwekker en opgradering by die aanleg en laaste maar nie die minste sal die toestand van die paaie in al die dorpe verbeter. “Hoofsaaklik sal die twee hoofstrate in Bethlehem, naamlik Muller en Kerkstraat, heeltemal vervang word in 2022.” Die Dihlabeng Plaaslike munisipaliteit het ook onderneem om die huidige Besigheidforum by te staan, dus sal alle wettige besigheidseienaars ook nou ‘n beurt kry om direk en persoonlik met die burgermeester oor hulle probleme te praat en om voorstelle te maak. Daar sal blykbaar vroeg in 2022 ‘n datum bekend gemaak word om met die Burgemeester daaroor te vergader. Die Besigheidforum sal onder meer aandag gee aan die ontwikkeling van oop ruimtes binne die munisipaliteit,
werkskepping, die stimulering van die hele Dihlabeng’se ekonomie, tender geleenthede sal aan die plaaslike inwoners van Dihlabeng toegestaan word, om sodoende geld in Dihlabeng te hou en dat wette wat reeds in plek is, toegepas moet word. Dit is duidelik dat die gemoedere tans op ‘n hoogtepunt verkeer en dat die nuwe besems besig is om baie skoon te vee. “Inwoners wag in spanning om ‘n verskil te sien. Sommige het reeds boedel oor gegee en aanvaar hulle lot.” Die Uitvoernede burgemeester, Mnr Tseki James Tseki het sy belofte nagekom en het saam met ander rolspelers, op Donderdag 09 Desember die wateraanleg van Bethlehem besoek en om ‘n volledige oorsig daarvan te doen. Hy het bevestig dat kragopwekking binnekort indiens sal tree by die aanleg en dat ‘n opgradering binnekort sal plaasvind.
ADVERTISEMENTS ► Advertise with us 072 757 0514
REKORD 07
SEVERAL ALLEGEDLY KILLED IN VARIOUS INCIDENCES BETHLEHEM: Police attended to three scenes in which three women including a child were allegedly killed by boyfriends in various crimes reported in Qwaqwa and Bethlehem over the weekend. On Saturday 04 December 2021 at about 15:05 police attended a crime scene at Captain Charles here in Bohlokong, Bethlehem, where the body of a woman (31) was found lying inside a shack with a fatal stab wound on her right ear, swollen and muddy body lying on the floor covered with a blanket. The motive behind the killing is not yet known. A case of murder is being investigated. No arrest has been made yet. The next day on Sunday 05 December 2021 at about 13:30 Tseki police and Emergency Medical Services were summoned to Phamong Village in Qwaqwa where three bodies were found in the house with fatal gunshot wounds and a firearm on the floor. The child (9) was rushed to the
local hospital as she was still alive but died later. It is alleged that the boyfriend was from Makwane Village and arrived at the house in Phamong where he allegedly shot and fatally wounded the girlfriend (22), child (9) and himself (25). The motive behind the killings is not yet known but the postmortem will be conducted. Cases of double murder and inquest were opened. The Phuthaditjhaba police also on Sunday 05 December 2021 at about 17:50, were summoned to Mphatlalatsane Village of Phuthaditjhaba at the certain house with Emergency Medical Service where a body of a woman (28) was found inside the house with serious fatal wounds allegedly resulting from being battered with a stick by boyfriend. The suspect is still on the run but police are looking for him. The motive behind the killing is not yet known. A case of murder is being investigated.
REKORD 08 DRIE VAN JORRIES SE PERSONEEL GROET Foto: Facebook
BETHLEHEM: Op Woensdag 01 Desember 2021 moes Primêre Skool Jordania drie van hulle geliefde onderwyseresse groet. Hulle skryf op sosiale media: “Ons Jorrie personeel groet drie van ons eie. Baie dankie vir elkeen van julle se bydrae by Jordania.” Hulle is DinaMari Botha, Izette Redelinghuys en Maria Dieroff.
HOLIDAY GUIDE - VAKANSIEGIDS To advertise on this page call Kleintjie Koen – 072 757 0514
REKORD 09 EVENTS CALENDAR
FREE to all churches, schools and NPO’s – Send your event info to: corne@rekordmediafs.co.za
10 December 2021 BETHULIE (FREE STATE) Join Bethulie Bowling Club for a fun day! Bring and braai, entry fee will be R50 per person which includes pap & sous and your green fee to play bowls. Come dressed up, theme is Christmas. There will be prizes for the best dressed. Contact Francois de Villiers 082 879 5463 to book your spot! 10 & 11 December 2021 WELKOM (FREE STATE) Welkom SPCA Christmas Fair – Christmas Market, food stalls, fresh produce, Fun Park with Merry-go-round, dunk tank target throwing. Refreshment stalls, Round Table Beer Tent. Prizes for all games & plenty more. Venue: 5 Alma Road, Welkom. For more information contact: Dulcie on 074 899 4164 or Salome 063 773 0214 11 December 2021 BETHLEHEM (FREE STATE) Summer Fitness Camp, 07:30 AM, Goble Park Stadium, Theme: Black and Bright. Essential: wear a mask, bring water and a mat (ENTRY IS FREE!)
HOLIDAY GUIDE - VAKANSIEGIDS
REKORD 10
To advertise on this page call Kleintjie Koen – 072 757 0514
Holiday Safety Tips – Holiday Travel
Many of you are gearing up to travel for the holidays. Here are some tips to help you prevent home burglary this holiday season.
ADVERTISEMENT
► Advertise with us 072 757 0514
REKORD 11
BLADSY 1
Geloftedag 2021
Omdat ons hierdie dag, elke jaar as ‘n dankdag deurbring…
16 Desember
’n Gelofte uit nood gebore en wat as ’n smeekgebed aan God gerig is. In die uitkoms is die hand van die Almagtige Drie-Enige God duidelik sigbaar. Daarom wil ons vanoggend ook hierdie gedenkdiens alleen tot eer van God hou in erkenning dat ons net van Hom afhanklik is en dat Hy ons nooit sal verlaat nie. Die geskiedenis van die slag van Bloedrivier. Die verhaal van Bloedrivier is nie volledig sonder die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het nie. Shaka die broer van Dingane wat voor hom koning van die Zoeloes was het begin met die uitdelgingsoorloë wat as die Mfecana tydperk bekendstaan. Dit was die oorsaak dat duisende inheemse volke uitgewis of verdryf is. Baie stamme het by Shaka aangesluit, terwyl diegene wat nie wou aansluit nie, uitgemoor is. Dit was die oorsaak dat die hele Natal, suid van die Tugela, ontvolk geraak het. Drie van sy generaals het weggeloop, hul eie koers ingeslaan en meegedoen aan die uitdelging op dieselfde patroon: Soshangana het die Shangaannasie in Mosambiek laat ontstaan en in Transvaal ingetrek. Zwangendaba het tot in Malawi gevorder. Die ergste was Mzilikazi wat met sy Ndebele-nasie die grootste dele van die later Transvaal en Vrystaat domineer en laat ontvolk het. In dieselfde tyd het Moshweshwe aan vlugtende Sotho's asiel gebied by Thaba-Bosiu waar Lesotho vandag nog bestaan. Die Voortrekkers verdien die eer dat hulle die Mfecana beëindig het. Eers is Mzilikazi verslaan en verdryf tot in die huidige Zimbabwe en Dingane van die Zoeloes is na die Bloedrivier-veldslae verdryf na Swaziland waar hy vermoor is. Na 1838 kon duisende Tswanas uit die Kalahari terugtrek en hulle lewens vervat in die gebiede waaruit hulle verdryf was. Die Groot Trek Die Groot Trek het in 1835 al begin, hoofsaaklik as gevolg van die onsimpatieke houding van die Britse regering teenoor die grensboere in die Oos-Kaap. Die Britse sendelinge (filantrope) in die Kaapland het bygedra tot hierdie hatige gesindheid teenoor die grensboere. Die Xhosas het die grensboere herhaaldelik geteister met moorde en strooptogte en is nooit behoorlik gestraf nie. Al die Voortrekkers is nie in een groep weg nie. Hoewel Louis Trichardt in 1835 en Hans van Rensburg vroeg in 1836 weg is, het groter groepe, onder leiers soos Hendrik Potgieter, Piet Retief en Piet Uys later die jaar eers oor die Oranjerivier getrek. In totaal het omtrent 10 000 mense, bestaande uit omtrent 2300 gesinne, uit Kaapland getrek. Die Voortrekker gemeenskap het verskillende groepe gevorm onder leiding van Piet Retief en Hendrik Potgieter. Retief wou Natal toe trek terwyl Potgieter verder Noord oor die Vaalrivier wou trek. Die ontmoeting met Dingane en die moord op Retief Retief het in Oktober 1837 al Natal toe gereis
waar hy in Port Natal die Engelse handelaars ontmoet het. Toe het hy noordwaarts oor die Tugela na Mgungundlovu (Dingaanstat) gereis en Dingane, koning van die Zoeloes, in November 1837, versoek om die onbewoonde gebied tussen die Tugela en Umzimvuburivier tot aan die Drakensberg, aan die Trekkers as woongebied af te staan. Dingane het Piet Retief vriendelik ontvang, maar hom beskuldig dat die Voortrekkers 'n trop beeste van hom gesteel het en dat hy nie voor Retief die vee terugbesorg het, die woongebied sou afstaan nie. Retief is dus terug na die laers wes van die Drakensberg. Die Trekkers het geweet dat die beesdief 'n Tlokwa- kaptein Sikonyela was, wat in die omgewing van die latere Harrismith gewoon het. Hulle het maklik die gesteelde beeste gekry en ook beslag gelê op 'n klomp Tlokwa-beeste as skadevergoeding aan Dingane. Retief en 'n gevolg van 70 man en 30 agterryers het op 25 Januarie 1838 weer na Mgungundlovu gereis en op 3 Februarie 1838 die beeste aan Dingane afgelewer. Op 4 Februarie 1838 het Dingane die kontrak (traktaat) onderteken wat die oordrag van grond aan die Trekkers beskryf het. Baie vriendelik het Dingane die Retief-groep genooi om op 6 Februarie 'n Zoeloe- dansvertoning en onthaal by te woon voor hulle vertrek. Tydens die vertoning het Dingane eenkant toe gestap en hard geroep: "Bulalani abathakati!" (dit beteken: "maak dood die towenaars!"). Die Voortrekkers is vinnig oorval, met rieme vasgebind en noordoos van die stat gesleep tot op die klipkoppie genaamd "Kwa Matiwana" aan die kant van die paradegrond, wat genoem word "Hlom'amabutho". Hier is almal met kieries doodgeslaan, Retief laaste. Dis verstaanbaar dat die Trekkers na langer as 'n jaar se kamplewe nie kon rus om Natal, suid van die Tugela in te trek nie. Boonop het almal geglo dat Retief se tweede besoek aan Dingane 'n blote formaliteit sou wees, want hy het die gesteelde beeste teruggeneem soos hy belowe het. Ongelukkig wou verskeie gesinne ook nie in Natal in laers staan nie, en het ooswaarts uitgesprei aan die walle van die Bloukrans- en Boesmansriviere. Daar het hulle die terugkoms van Retief en sy gevolg verwag, maar is in stede aangeval deur duisende moordlustige Zoeloekrygers Die bloedbad van 17 Februarie 1838 het die dood van 'n verdere 282 Trekkers gekos: 41 mans, 56 vrouens en 185 kinders is vermoor Daarbenewens is 250 bediendes vermoor en ook duisende stuks vee geroof. Die Strafekspedisie Na die moord op die Trekkers het Hendrik Potgieter Natal toe gekom om sy volksgenote te kom help. Op 6 April 1838 het twee berede kommando's, een onder leiding van Potgieter en een … (vervolg op bladsy 2)
BLADSY 2
Geloftedag 2021
Omdat ons hierdie dag, elke jaar as ‘n dankdag deurbring…
16 Desember
(vanaf bladsy 1) …onder Piet Uys na Zoeloeland vertrek. Ongelukkig wou nie een van die genoemde here onder die ander een dien nie. Op 10 April was die kommando's aan die hange van die Italeni-berg, waar hulle in hinderlae gelok is. Piet Uys en sy seun Dirkie en nog vyf ander het geval, maar die res moes vlug vir hul lewe. Die kommando by die Slag van Italeni het toe die naam van die Vlugkommando gekry. Potgieter is spoedig terug oor die Drakensberg, want hy is ten onregte deur baie mense beskuldig van lafhartigheid. Die volgende aanval deur die Zoeloes het plaasgevind op 3 Augustus 1838, maar die laer aan Boesmansreivier was goed verskans en met doringtakke dig gemaak. Na drie dae se vrugtelose pogings het die Zoeloes die beleg opgegee, maar weereens baie vee saamgejaag na Zoeloeland. Kort na die laasgenoemde aanval, op 23 Oktober 1838, is Gerrit Maritz oorlede. Die Trekkers in Natal was nouleierloos, daarom is 'n afvaardiging na Oos-Kaapland gestuur om Andries Pretorius te versoek om sy volksgenote te kom help. Op sy advies het die afvaardiging onderneem omveghekke van hout te maak, sodat die laer elke aand tydens die tog na Umgungundlovu doeltreffend en vinnig dig gemaak kon word. Boonop moes die vrouens linnesakkies maak, tien of twaalf lopers daarin toewerk en in gesmelte vet week, sodat diekommando's vinniger sou kon laai tydens 'n geveg. Op 22 November 1838 het Andries Pretorius by die laers in Natal opgedaag. Alhoewel hy versoek was om as leier te dien, het hy vereis dat daar eers gestem sal word om seker te maak dat almal met sy leiding tevrede is. Daarbenewens het Andries Pretorius van die bestaande kommandante van Natal aanvaar: Karel Pieter Landman is as tweede-in-bevel bevestig, met Pieter Daniël Jacobs, Koos Potgieter, Hans de Lange en Stephanus Erasmus as offisiere. Die kommando van bykans 470 man met 64 waens kon vertrek na Zoeloeland, vanaf Schietdrift in die Tugela op 3 Desember 1838. Dit is verstaanbaar dat elkeen in die kommando met groot kommer vervul moes wees oor hul dierbares wat agtergebly het. As die kommando verslaan sou word, sou die Natalse Trekgemeenskap ook geen kans op oorlewing hê nie. Almal was reeds verarm en daar was ook nie genoeg waens en osse oor
om terug te trek oor die Drakensberg nie. Daar was wel 'n aantal manne by die laers, maar die wapens en kruit sou nie lank hou as verdere aanvalle op die laers sou plaasvind nie. Die naam Sooilaer, soos een van die laers bekend was, dui ook aan dat die waens in die laer te min was om dit te beveilig. Die eer kom Charl (Sarel) Cilliers toe dat hy die eerste gedagte aan 'n gelofte aan die Here uitgespreek het. Geskiedkundiges verskil oor die presiese tyd en plek waar die Gelofte die eerste keer afgelê is. Dit wissel van 7 Desember naby Danskraal aan die Kliprivier tot 10 Desember aan die Wasbankrivier. Wat wel belangrik is, is dat die Voortrekkers die Gelofte sedertdien elke aand herhaal het tydens die gebruiklike aandgodsdiens, tot en met die aand van 15 Desember. Die Gelofte Die gelofte, deur Charl (Sarel) Cilliers opgestel, bestaan uit 'n versoek en drie beloftes wat nagekom sou word: 1. Ter ere van die Here, waar dit Hom sal behaag, 'n kerk bou. 2. Die datum van die oorwinning jaarliks soos 'n Sabbat van die Here deurbring. 3. Ons sal ons kinders daarvan vertel sodat ons nageslagte die Gelofte kan onderhou en die roem en die eer aan Hom daarvoor te gee. Die roete tot by Bloedrivier Die kommando van Andries Pretorius het vanaf die laers, in die huidige EstcourtColenso- gebied, noordwaarts getrek tot deur die Kliprivier (by die huidige Ladysmith) toe noordoos geswaai deur die Sondagsrivier en Wasbankrivier tot by Endumeni- berg, suid van die huidige Dundee. Aan die voet van hierdie berg het die Engelse handelaar, Alexander Biggar se skotskar gebreek nadat dit in 'n gat geval het en moontlik is hy ook deur die voorval beseer. Die plaas waarop dit gebeur het heet vandag nog Biggarssgat en die berg is genoem Biggarsberg. Sedertdien heet die hele voetheuwelgebied vanaf Dundee tot aan die Drakensberg die Biggarsberge. Die noord-ooswaartse trekrigting is voortgesit tot aan die Buffelsrivier, waar 'n geskikte drif gevind is wat sedertdien Kommandodrif heet. Die plaas oorkant die Buffelsrivier aan die Utrecht-kant, waar die drif is, heet nog steeds Kommandodrif. Hans de Lange, algemeen bekend as Hans Dons, het tydens die tog opgetree as verkenner. Hy het elke… (vervolg op bladsy 3)
BLADSY 3
Geloftedag 2021
Omdat ons hierdie dag, elke jaar as ‘n dankdag deurbring…
16 Desember
(vanaf bladsy 3) …dag vooruitgery om te verseker dat die kommando nie onverhoeds op trek deur die Zoeloemag oorval word nie. Toe die kommando deur Kommandodrif trek, het Hans Dons hulle laat weet dat die wêreld vorentoe uit oop grasvlaktes bestaan en dat hulle eers by Doringberg (naby die huidige De Jagersdrift) moet gaan hout kap en saamneem vir daaglikse gebruik. Van Doringberg af het die commando in 'n suid-ooswaartse rigting getrek. Omtrent 20 kilometer verder is daar 'n sytak van die Buffelsrivier (wat ons vandag ken as Bloedrivier, toe bekend as die Ncome). Die Trekkers was reeds deur die rivier toe die dringende boodskap die kommando bereik dat die Zoeloemag op die rante, omtrent 2 uur te perd, of 10 kilometer vorentoe, in aantog is. Dadelik het Andries Pretorius besef dat hulle pas by 'n strategiese plek vir die laer verby was. Aan die wesoewer van die rivier het 'n diep droë sloot reghoekig by 'nlang seekoeigat aangesluit. ('n Seekoeigat is 'n diep kuil water waardeur mens slegs kon swem). Die waens is dadelik deur die rivier terug na die wesoewer geneem. Bloedrivier Dit was Saterdag, 15 Desember toe laer getrek is. Voorbereidings vir die geveg is getref en die bykans 900 osse en 500 perde was onder beheer in die laer. Die posisie van die laer sou die Zoeloes dwing om hoofsaaklik uit die noordweste aan te val aangesien die rivier aan die oostekant en die sloot aan die suidekant die laer beskerm het. Voor donker het van die Zoeloemagte reeds deur dieselfde drif gekom, terwyl andere aan die noordekant bokant die kuil deurgekom het. Die Zoeloeregiment wat eerste aan die geveg sou deelneem, was die Abafana (seuns) met swart skilde toegerus. Die Swartskilde regiment was sedert Shaka se tyd die jong krygers wat nie mag trou voordat hulle assegaailemme bloed getrek het nie. Op hulle versoek is hulle juis om die rede toegelaat om die geveg in te lei. Die Zoeloe opperbevelhebbers, Ndlela en Tambuza, met ander hooggeplaastes, byvoorbeeld twee "prinse" (jonger broers van Dingane) het aan die ooste-kant van die seekoeigat saam met die Witskilde regiment gesit om
die geveg dop te hou. Die aand van Saterdag, 15 Desember was baie donker en boonop het 'n digte mis oor die gebied getrek. Daardie nag het geen aanval plaasgevind nie en dit het gelei tot verskillende verklarings, byvoorbeeld: Die Voortrekker-lanterns het 'n spookagtige skynsel in die miswolke tot gevolg gehad. (Die lanterns was nie soos ons dit vandag ken en soos die wat nou aan die sweepstokke hang nie. Dit was 'n blikkie wat soos 'n groenterasper lyk met 'n kersie binnein. In die museums in Bloemfontein en Pretoria is voorbeelde van die lanterns). Die Zoeloes het reeds geweet dat vogtige lug die ontvlamming van buskruit kan verhinder, en het gedink hulle sou die Voortrekkers maklik in die vroeë more kon doodsteek. Die bekende fisikus, Prof Lotz Strauss, het op skrywer se versoek vasgestel dat Maandag, 17 Desember 1838 nuwemaan was en dit bevestig dat die nag van 16 Desember donkermaan was. Nie een van die vegtende partye kon vooraf die tyd van ontmoeting bepaal nie, tog was dit bestem om mekaar op 16 Desember te ontmoet met donkermaan. Anders as wat normaalweg gebeur, het die mis voordag opgeklaar en was Sondag, 16 Desember 1838 'n helder, sonnige dag. Die eerste aanval, vroeg na sonop, is deur sarsies geweerskote en kanonvuur afgeslaan. Nog verskeie verwoede pogings deur die swartskilde het gevolg, maar geeneen kon die waens bereik nie. Later het ook die Witskilde bokant die kuil deurgekom en hard prober om die laers te bereik, maar ook hulle kon nie die laaste 40 meter na die laer indring nie. Die presiese plek waar die laer opgerig is, is in 1971, voor die oprigting van die pragtige brons walaer bevestig. Volgens meneer George Chadwick van die N.O.D, is deur middel van infrarooi fotografie bepaal dat die middelpunt van die laer, wat omstreeks 1860 deur 'n klipstapel gepak deur oudstryders aangedui is, hoogstens 10 meter na eenkant toe aangedui. Die diep sloot is vandag nog duidelik - nou baie vlak waar die sloot in die kuil eindig. Die waens het… (vervolg op bladsy 4)
BLADSY 4
Geloftedag 2021
Omdat ons hierdie dag, elke jaar as ‘n dankdag deurbring…
16 Desember
(vanaf bladsy 3) …daar suidwaarts deurgetrek en +200 meter verder deur die rivier getrek deur 'n drif "Izibuku Labafazi" (Vrouedrif). Die laer was minstens 400 tot 500 meter wes van die seekoeigat; die vorm daarvan soos 'n reuse letter D met sy reguit sy teen die diep sloot. Strategies was dit vir bykans 470 geweerskutters meet moontlik om uit 'n verspreide gebied sterk vuurkrag te lewer, terwyl die beskikbare frontwydte vir die naderkomende Zoeloes al nouer geword het. Slegs 'n klein aantal, moontlik 20 geweerskutters, was nodig om die aanvallers, wat op 'n stadium in die diep sloot langs probeer het om die laer te bereik, te verhinder op die wal uit te klouter. 'n Skeepskanon, een van 2 of 3 kanonne wat saamgeneem was, is deur Pretorius aangewend in 'n oostelike rigting teen die hooggeplaastes oorkant die kuil. Een is deur 'n kanonkoeël getref en nog andere beseer. Hierdie kanon het slegs "Canon Balls" gevuur, want brisantbomme wat ontplof as dit die teiken of die grond tref, is eers later uitgevind. Hierdie aksie het veroorsaak dat die witskilde ook aan die geveg kom deelneem het. Na omtrent drie uur se geveg het die Zoeloes tou opgegooi en het Pretorius 'n paar berede aanvalle buitentoe onderneem om die Zoeloes te dwing om weer te probeer of om hulle te verjaag. Pretorius self
en nog twee Trekkers het assegaaiwonde opgedoen, maar kon voortgaan met die geveg. Teen elf- of twaalfuur die dag was die slag gelewer. Rondom die laer het 'n wal dooies gelê. Elke geweerskoot was egter nie 'n doodskoot nie en baie bloeiende gewondes het die kuil ingevlug en probeer om deur te swem en koers te kry "huis toe". Gevolglik het die kuil spoedig bloedrooi geword van die bloed en so aanleiding gegee dat die rivier sy naam gekry het: BLOEDRIVIER. Baie gewonde Zoeloes het ook geslaag om deur die rivier te kom, maar beswyk op die lang oop vlakte aan die oostekant. Vandag nog noem Zoeloes die bult oorkant "Ukhalo lamathambo" (bult van doodsbeendere). My broeders en mede- landgenote, hier staan ons voor die heilige God van hemel en aarde, om ’n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag, soos ’n Sabbat sal deurbring, en dat ons ’n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hul met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van die oorwinning aan Hom te gee.