Skip to main content

DIHLABENG REKORD

Page 1

REKORD DIHLABENG

FRIDAY OCTOBER 09, 2020 | DEADLINE: Thursday 17:00 | Edition: 26/2020 | 072 757 0514

STOP PLAASMOORDE – STOP FARM MURDERS Boer aangeval met petrol gegooi findit-nuus.co.za KOFFIEFONTEIN. – ‘n Boer is Maandag, 11 Oktober 2020 in die Koffiefontein-area uit sy huis gelok en aangeval. Rook buite geruik Vanmiddag om 13:45 was Andries Smith Myburgh (31) besig met middagete in sy plaashuis by Vandermerwesdam, Koffiefontein, toe hy rook buite geruik het. Myburgh het na buite gegaan om ondersoek in te stel en is met ‘n voorwerp op die kop geslaan. Hy het daarin geslaag om die verdagte weg te stoot. Daarna is hy na bewering deur die tweede verdagte met ‘n mes aangeval en in die proses is hy met petrol gegooi. Hy is aan die brand Hy het daarin geslaag om sy

vuurwapen uit te haal waarna die verdagtes gevlug het. Mynurgh het ‘n aantal skote in die rigting van die verdagtes geskiet. Terwyl hy besig was om die skote af te vuur, het hy besef hy is aan die brand en het in die swembad gespring. Die twee verdagtes het te voet gevlug. Myburgh het dadelik die polisie en buurplase gewaarsku. Verdagtes is onbekend Een verdagte is geïdentifiseer as ‘n groot, ongeveer 2 m lange persoon. Die verdagte het ‘n groen langbroek en ‘n ligblou hemp aangehad. Die ander een het ‘n blou oorpak gehad. Albei verdagtes is onbekend aan die slagoffer. Myburgh is deur mediese personeel ondersoek en het geen ernstige beserings nie.

Horner verdagte al 16 keer in hegtenis geneem Gerhard Olivier SENEKAL: Polisieminister Bheki Cele sê een van die verdagtes in die Brendin Horner-moordsaak is al 16 keer in hegtenis geneem. “Ek sal graag wil weet hoe iemand wat al soveel keer gearresteer is, weer die kans gegun word om so iets te doen,” sê hy. Die einste verdagte sal in die hof op Dinsdag 12 Oktober verskyn. Die grumoord het skokgolwe deur die land gestuur en ‘n spontane optog is by die Senekal-landdroshof gehou. ‘n Boer wat in verband met dié optog in hegtenis geneem is, verskyn ook Dinsdag in die hof. Brendin Horner is begrafnis het Saterdag plaasgevind.


02

| REKORD | COMMUNITY

Dis moeilik om die week woorde vas te lê en te skryf. Soveel waaroor ek kan en wil skryf maar dan kom my gedagtes terug na die 21 jarige man wat teen ‘n paal met nylon tou vasgemaak is en ek raak van vooraf kwaad vir wat tans aan die gang is. Ek is dankbaar teenoor die speurder wat so vinnig twee arrestasies kon maak. Dit wil gedoen wees. My hart jubel oor die 2500+ boere wat opdaag in Senekal om die verhoor by te woon. My gemoed sak oor ‘n paar boere wat die situasie onherroeplik verander het. ‘n Vreedsame en tog duidelike boodskap moes uitstuur dat ons genoeg gehad het word nou gepolitiseer en gebruik deur individue om hulle eie agenda aan te voer. En tog het ‘n 21 jarige jong man die prys betaal wat die land (en die wêreld laat regop sit het) dat plaasmoorde lankal nie net meer oor die aanval gaan nie maar oor die wraak en kwaad wat binne die aanvallers woed. Ek kan nie die vrees indink wat deur elke boer gaan as hy die aand by die huis stop nie en wonder of dit veilig is om die hekke oop te maak nie, of die honde hoor blaf of hoor hoe daar by ‘n stoor ingebreek word en wonder hoeveel aanvallers buite wag nie. Ek glo in die krag van gebed en die week word daar gevra om elke dag om 12:00 stil te raak en te bid vir ons boere en korrupisie in die land. Maak kontak en deel jou opinie met my deur my te whatsApp op 073 446 2182. Groete Gerhard Olivier

editor@rekordmediafs.co.za

072 757 0514

TLU SA neem ferm standpunt oor beveiliging van Suid-Afrikaners Dit is vir TLU SA duidelik dat die Suid-Afrikaanse regering onbekwaam of onwillig is om die land se inwoners te beskerm. Daarom gaan TLU SA wetgewing ondersteun wat Suid-Afrikaners die basiese geleentheid gun om vir hulle eie veiligheid en sekuriteit te sorg. “Ons sien die regering se onvermoë om ons te beskerm in elke deel van die samelewing,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “SuidAfrikaners is onveilig by die huis, by die werk, in die strate, met vakansie, in die stad, in dorpe, op die platteland en op plase. “Die meerderheid Suid-Afrikaners

leef in vrees en kwesbare groepe soos boere byt die spit die ergste af. Boere is in die spreekwoordelike voorste linie in die oorlog teen misdaad in Suid-Afrika.” TLU SA sal binnekort ‘n voorstel indien wat beleide so sal verander dat alle veiligheiden sekuriteitsuitgawes geheel teen belasting verhaal kan word. TLU SA eis ook dat alle misdaadbestryding in so mate verbeter word dat SuidAfrikaners werklik op enige plek in die land veilig sal wees, en indien die regering dit nie self kan uitvoer nie, moet die taak onder die bestuur van die regering verwyder word. “Ons doen

‘n beroep op Suid-Afrikaners wat keelvol is vir die regering se onvermoë om na ons veiligheid om te sien, om hierdie projek te ondersteun,” sê mnr. Geldenhuys. “Die landgenote wat nie ons verknorsing verstaan nie, moet wakker skrik. Dié oorsee wat blind is vir die feite as ‘n direkte gevolg van die regering se internasionale propoganda, moet kennis neem. Dit is nou tyd dat ons onsself beskerm.” Suid-Afrikaners kan die aksie en komende voorgestelde wetswysigings ondersteun deur die volgende skakel te volg: https://onsstaansaam.co.za/


072 757 0514

editor@rekordmediafs.co.za

188 WORX

| REKORD | 03


04

| REKORD | COMMUNITY

editor@rekordmediafs.co.za

072 757 0514

Ramaphosa oor Brendin Horner: Volgens Google het daar tot op hede so ongeveer 108 biljoen mense geleef, hoewel ek net een bron se syfer gebruik en dit dus onakkuraat kan wees. Elkeen van hulle het 'n naam gehad, soos ek en jy name het. My naam is uiters belangrik in my lewe en ek is wie ek is, en jy ken ook my naam. Maar dis nie al nie. Ps. 146:4 "Hy besluit oor die getal van die sterre en gee elkeen 'n naam.“ Net in ons melkweg is daar ongeveer 100 duisend miljoen sterre, en daar is ontelbaar baie galaksies met ontelbaar baie sterre. Elkeen het 'n naam, en God noem hulle by daardie name. In Gen. 2:19 kry Adam die opdrag om vir al die diere name te gee. Name is 'n groot ding in die Bybel en God stel Homself aan Moses voor as "Ek is". Voorts het die Here etlike mense se name verander. Sara het Sarai geword, Abram het Abraham geword, Jakob het Israel geword en Saulus het Paulus geword. Daar was elke keer 'n rede vir die naamsverandering. En so het jy 'n naam, 'n naam wat die Here in Sy handpalms gegraveer het, op 'n plek waar dit nie uitgewis kan word nie, en so dra Hy jou naam met Hom saam. Dink aan die skepping, die grootsheid daarvan, God se almag, sy vermoëns om alles tot stand te bring, sy versorging van sy kinders en sy soewereiniteit. En hy ken jou naam, jy, ja jy persoonlik is vir Hom bekend, Hy dra jou sorge in sy hart saam, Hy maak deure op wonderbaarlike maniere oop, Hy luister as jy praat en Hy fluister sag in jou oor. Hy hoef nie sy aandag tussen jou en biljoene ander te verdeel nie, sy aandag is by jou, en Hy ken jou naam. Dit laat my nogal spesiaal voel. Geen hooggeplaaste of belangrike mens het ooit my naam uitgeroep nie, maar Hy het, en Hy doen dit daagliks. Jip, ek is inderdaad spesiaal, baie spesiaal, en jy ook. ~ Willem Botha

Sy dood ‘moet almal raak’ Pres. Cyril Ramaphosa het hom sterk uitgelaat oor die moord op Brendin Horner, ʼn jong Vrystaatse plaasbestuurder wat voorverlede week wreed in die omgewing van Paul Roux vermoor is. Ramaphosa het dit as ʼn “verskriklike daad van wreedheid” bestempel en sê sy moord behoort elke mens te ontstel. “Dit maak nie saak wie ons is, in watter gemeenskap ons bly, wat ons ras, geloof of taal is nie, ons moet so diep geraak word deur die dood van Brendin Horner as wat ons geraak word deur die talle ander SuidAfrikaners wat jaarliks ʼn gewelddadige dood sterf.” “Ons gedagtes is met hulle families in hierdie tyd van rou. Dit is op sulke tye dat ons as Suid-Afrikaners na mekaar moet uitreik en medelye, empatie en solidariteit moet bewys. Hierdie misdade is ʼn donker herinnering van die vlakke van misdaad in ons land.” Ramaphosa sê hoewel misdaad almal raak, is die meerderheid slagoffers van geweldsmisdaad swart en arm en dit is jong swart mense wat die grootste gevaar loop om vermoor te word. Hy sê ʼn groot taak lê voor om ʼn einde aan moord, aanranding, roof, verkragting en geweld teen vroue en kinders te maak – en dat alle vredeliewende SuidAfrikaners moet saamstaan om dit reg te kry. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief die oppergesag van die reg moet gehandhaaf word en dat die strafregstelsel versterk moet word om te

verseker oortreders ry aan die pen. “Die gewelddadige betogings wat in Senekal plaasgevind het ná die inhegtenisneming van die verdagtes in Brendin Horner se moord wys dat ons nog nie die verdeeldheid en wantroue van die verlede afgeskud het nie. “Hoewel woede oor die sinnelose moord regverdig kan word, kan boendoegeregtigheid nie regverdig word nie. “Die wrede moord van ʼn jong, wit boer – glo deur swart mans – gevolg deur die spektakel van wit boere wat ʼn polisiestasie bestorm om ʼn swart verdagte by te kom, krap wonde oop wat geslagte lank teruggaan. Om ons geweldsmisdaad suksesvol gaan pak, veral in landelike gemeenskappe, moet ons hierdie trauma konfronteer en die rassehoudings uitdaag wat ʼn verenigde reaksie verhoed.” Ramaphosa sê diegene wat dink dat plaasaanvalle net ʼn klein gedeelte van die samelewing raak, is verkeerd. Die boerdery gemeenskap is ʼn belangrike deel van die ekonomie en die landbousektor produseer die kos wat almal eet. Geweldsmisdade op plase bedreig dus nie net die veiligheid van landelike gemeenskappe nie, maar ook die land se voedselsekerheid, sê hy. “ Lees die volledige berig op maroelamedia.co.za deur op die link te kliek: https://maroelamedia.co.za/nuus/sanuus/ramaphosa-oor-brendin-horner-sydood-moet-almal-raak/

Bethlehem en omgewing se weeklikse gemeenskapskoerant! Adverteer in Vrydag se uitgawe deur 072 757 0514 te skakel


072 757 0514

BRENDIN HORNER

editor@rekordmediafs.co.za

We remember

| REKORD | 05

Ons onthou

Brendin Horner

“Kom ons gaan haal hulle uit . . ." Die wrede moord van ‘n jong boer, Brendin Horner (21) in die distrik Paul Roux sny diep. Van heinde en ver het duisende mense opgeruk na Senekal om hulle afsku in die daad vreedsaam en met erns te betoog. So wou hulle ‘n boodskap uitstuur na die regering en tot aan die einde van die wêreld, by wyse van spreke. ‘n Klein groep boere wat nié so vreedsaam was nie, het egter handuit geruk. Ek wonder wat bepaal mense se optrede in sulke omstandighede. Ek wonder wat sit in die kop van die spesifieke persoon wat dit opgerui en aangemoedig het en met woorde en 'n machohouding daarvoor verantwoordelik was. Só ontvanklik was mede-boere wat in daardie oomblik aan sy woorde gehang het dat hulle 'n hofgebou ongedissiplineerd binnegestorm het – met vloeke (die f-woord het feesgevier) en boonop twee wilde vuurwapenskote deur wie ookal. Daarna het hulle ook 'n polisievoertuig omgegooi en aan die brand gesteek. Vandalistiese anargiste wat nie vir hulself kan dink nie. Hulle wou die reg in eie hande neem. So is 'n bedoelde dag van vreedsame, erntige optog ontstellend bederf. Die oorgrote meerderheid boere het die protes op 'n veel waardiger wyse hanteer. Hulle het in hul eie ontsteltenis oor die daad van moord wat gepleeg is en oor plaasmoorde in Suid-Afrika ook na God uitgereik. Daarvan getuig foto’s van knielende boere. Die onbeheersde trek van 'n vuurhoutjie of woorde en emosies van vergelding van mense wie se emosionele intelligensie (EK) hulle duidelik verlaat het, het die boere se goeie naam ‘n dwarsklap gegee. Ek wonder hoe hulle vanoggend, 7 Oktober, wakker geword het. Is daar 'n heldegevoel, gevoelens van genoegdoening en kon hulle die vorige dag toe van sommige van hul innerlike wraak en woede ontslae raak? Die Paul Rouxmoord vat diep aan almal se harte en so elke ander plaasmoord wat gepleeg word. Plaasmoorde word al hoe lank in die media uitgerafel en bespreek met ‘n president en regering wat hulle nie sterk daaroor wil uitspreek nie. Die ANC sit waarlik met baie dorings in sy vlees wat hy nie kan beheer of regeer nie. Maar, wat nou? Is die terugbring van kommando’s, byvoorbeeld, regtig die oplossing en watter waarborg gaan ‘n goeie, gedissiplineerde kommando se leierskorps hê dat sy werk nie deur medeboere met ‘n lae EK bederf gaan word? Die keuringsproses sal uitermate streng moet wees. Dis nie die Wilde Weste hierdie nie, dis ‘n Christen-land (veronderstel om te wees) met Christen-boere. So ver soos die ooste van die weste verwyder is, of die noorde van die suide, só is die denkrigtings en kultuur verskillend tussen mense met ‘n Westerse afkoms teenoor Afrika se mense, skryf Abraham Kriel in sy boek, Eenders dink, eenders doen (Lux Verbi, 1996). Kriel is ‘n kenner van die tradisionele denkwyse van Afrika. Die twee denkwyses soos genoem skei mense van mekaar want hulle kan (en wil) mekaar nie verstaan nie. Dit

lyk of ‘n eenheid in Suid-Afrika nooit moontlik gaan wees nie. Ook nie onder die boere nie. Harry A. Gailey jr. onderskei in sy boek, History of Africa from earliest times to 1800 tussen drie tipes boere-setlaars aan die begin van die 18de eeu. Die eerste groep was van Kaapstad en omgewing – mense wat ervare was in handeldryf, besigheid en regeringsake. Hulle was deel van die kultuursentrum van Suider-Afrika met skole, kerke en volgehoue kontak met Europa. Die tweede groep Boere was die setlaarboere in die Wes-Kaap met Stellenbosch eerder as Kaapstad hul hoofdorp. Hulle was veral vee-, saai- en wingerdboere. Hierdie boere was konserwatiewe, morele Calviniste en het deurgaans ‘n probleem vir die owerheid. Saam met Kaapstad het die landelike boere egter tot ‘n kommersiële, sosiale en elite ekonomiese gemeenskap gegroei en ontwikkel. Die veldboer as derde groep het vir vryheid weggebreek het van die Wes-Kaap. Hierdie boere het ‘n vrye gees gehad en wanneer dinge hulle nie aangestaan het nie, het hulle weggetrek na beter weivelde. Hulle het net eenvoudig al hul besittings in ‘n ossewa gelaai, hulle lewende hawe bymekaar gemaak en saam met hul Khoisan-werkers pad gevat. Hulle wou so ver moontlik wegkom van bestaande strukture en wou die wet in eie hande neem eerder as om daaronder te staan. Meer liberale idees het by hulle sewentiende eeuse Calvinisme ingesluip. Hulle was individualiste wat geneig was om hulself met Israel van die Ou Testament te vergelyk. Met sulke uiteenlopende groepe as deel van Suid-Afrika se geskiedenis is dit verstaanbaar dat boereeenheid dalk nooit verwesenlik sal word nie. Dit is al hoe lank waarneembaar in politieke verkiesings en bewys hoe tweedrag, teenoor eendrag, ‘n volk kan verswak. In ander bevolkings geld dieselfde, hoewel die ANC om verskeie redes (meestal negatief) mense wel kan oorreed om vir die party te stem met leë beloftes, leuens en ingebore saamgroepering. Die emosionele intelligensie van die ANCkieser blyk laag te wees, want na meer as ‘n kwarteeu sal hulle steeds vir die party stem wat hulle benadeel al woon hulle in ‘n shack, steeds wagtend op Nelson Mandela se beloofde gratis huise. Nuwe beloftes, nuwe leuens, nuwe korrupsie en ‘n vars kruisie op die kieserslys. Die week se anargistiese optrede in Senekal deur ‘n groepie boere is dus nie vreemd nie. Hulle het kers opgesteek by die EFF en ander bevolkingsgroepe wat hierdie metode van protes verkies bo ander metodes. ‘n Voertuig wat die anargistiese boere dalk ook moet beskerm, soos wat die ongewilde polisiehoof Mbeke Cele tereg opgemerk het, is aan die brand gesteek. Hierdie groep boere, aangedryf deur hul emosies en bepaalde denkrigting wou die reg in eie hande neem. En het hulle dit toe reggekry?

DEEL JOU OPINIE MET ONS WhatsApp jou opinie na 073 446 2182 begin met die woord “Brendin”

Aanklagte van terrorisme van André Pienaar ‘dubbele standaarde’ “Die aanklagte van onder meer terrorisme, poging tot moord, aanhitsing van openbare geweld en openbare geweldpleging waarvan mnr. André Pienaar (51) aangekla word ná die Senekal-hofsaak, dien as bewys dat daar dubbele standaarde is wanneer boere en die landbougemeenskap geraak word.” Staat gaan borgtog teenstaan Só sê dr. Pieter Groenewald, VF+ leier. Groenewald sê die staat het gister ‘n senior advokaat aangestel om die borgtogaansoek van Dinsdag 13 Oktober teen te staan. “Dit is duidelik dat die vervolgingsgesag ‘n voorbeeld van mnr. Pienaar wil maak om sodoende ‘n boodskap aan die boere en die landbougemeenskap te stuur.” Groenewald sê die klagte van terrorisme en poging tot moord is ernstig en onbillik en daardeur maak die vervolgingsgesag homself skuldig aan vooroordele en vervul hy nie sy rol as ‘n objektiewe gesag wat gelykmatig in belang van elke persoon in die land moet optree nie. Vervolgingsgesag moet billik en regverdig optree “Die vervolgingsgesag moet objektief, billik en regverdig optree teenoor alle aangeklaagdes. Dit is duidelik dat dit hier nie gebeur nie en dat die klagte totaal uit verband geruk word. Daar was geen sprake van terrorisme tydens die Senekal-hofsaak nie en niemand se lewe is bedreig nie,” sê Groenewald. Geen klagte van terrorisme teen EFF “Hierdie tipe aanklagte gaan net emosies opjaag en kan lei tot verdere konflik in SuidAfrika. Dit kom neer op verdere aanhitsing deur die vervolgingsgesag. Daar is nêrens gesien dat enige klagte van terrorisme en poging tot moord ingedien is teen lede van die EFF toe hulle in landwye veldtog van geweld die Clicks-winkels geplunder het nie.” “Daar is ook nie gesien dat sulke klagte ingedien is ná landwye dienslewering-protesoptogte waar polisievoertuie opsetlik aan die brand gesteek is en private eiendom geplunder is nie.” “Dit is totaal onaanvaarbaar en ek sal as leier van die VF Plus hierdie saak direk verder opneem met die betrokke ministers en die polisie.” Klagte skep gevaarlike situasie Hy sê die klagte skep ‘n gevaarlike situasie en dit kan nie bekostig word dat onregverdigheid en dubbele standaarde so blatant toegepas word deur ‘n sekere groep mense in SuidAfrika teen die landbougemeenskap en boere in die besonder nie. “Dit wek die indruk dat daar ‘n rassistiese ondertoon is wat die rede is vir die ernstige klagte. Die VF Plus sal eis om antwoorde om te kry oor die saak.”


06

| REKORD | COMMENT & OPINION

My vriendin, Marlene Murphy Jordaan vertel van die koei wat haar agter 'n dun boompie laat skuil het. ‘n Hurter en n Brahmaan is nou maar net maatjies. Stompie, die eerste bul van papierafkoms wat ek kon onthou, was nie lief vir wit mense nie. Hy het behoorlik vir my oorlede pa 'n seslyndraad hekkies laat hardloop. Ou Mpe, die Hurters se "all sorts handyman" en regterhand kon met Stompie skou, maar wees net wit en jy is die gebroke Matador. So boer die uwe mos ook self. Ja, ja boer om uit te boer ook...(wink wink). Man, hiérdie antie het haar eie plaas gehad. "Memories...I had a farm in Africa." Bietjie agtergrond vir my storie: Kransfontein is die Ficksburg-plaas in die familie. Brahmane het in die sandsteen voetpaaie uitgetrap tot bo die berg. Die Brahmane wat miskien verkoop moes word, is die paar kilometer na Hammonia se veiling saggies aangestap. Geen trok. Geen wa. Jy jaag nie die Brahmaan nie. Dán kom jy beslis tweede. Die gesoute Brahmaan-koeie weet presies hoe om 'n U-draai voor die veilingskrale te maak en na die fontein by die kranse terug te keer. So is dit een jaar werklik droog in Ficksburg. Dít is nie algemeen vir daai omgewing nie. Die Brahmaankoeie lyk soos "coat hangers". Ek boer en het mieliereste. So besluit die uwe om die beeste te gaan haal. Seker so 170km. Vroeg in die winterkoue is dit ek, die trok en drie plaaswerkers en 'n bergwystrop Brahmane. Jy skree nie op 'n Brahmaan nie. Jy slaat hom nie met n plastiekpyp nie. Jy paai 'n Brahmaan. Na baie gesukkel om die trok te laai en bale paaikos agter die kajuit van die trok, is meeste van die beeste gelaai. Behalwe die duiwel se sussie. 'N swarterige Brahnaan met horings omdat sy van kleintyd die drukgang vermy het. Sý loop op die kraalmuur soos 'n kat. Ons vat 'n breek. Ek preek mooi vir die trokdrywer en ander werkers om so stil soos muise te wees. Die duiwel se sussie sal weldra in die drukgang na haar nageslag soek. Nou hoe plaas jy 'n prop op 'n Sotho se mond? So is sy uiteindelik op die trok. "Maak toe!" U-draai is vir 'n Brahmaan maklik. "Bly stil. Saggies," smeek ekke. Okay, nou kan ons ry. Moenie skree nie! En toe toet-toet die trokdrywer vir sy nuutgevonde pêlle. Daai Brahmane laat die trok behoorlik wieg van kwaadgeit. Wieg-waggelend is die vrag op hul maiden journey na die plat Kroonstad-distrik. Net in Afrika is 'n toeter iets wat net mooi niks met padreëls uit te waai het nie. Ek is mal oor Tharine se rubrieke. Ek geniet dit om net vir ‘n paar minute van alles te vergeet en haar rubriek te geniet met ‘n koppie tee. Dis uitstekend! – Marie Naude, Graaff-Reinet

■ Om ons lesers... volledig, betroubaar, objektief en geloofwaardig in te lig oor die nuusgebeure in ons gemeenskap. ■ Ons verbind ons... tot geen politieke party of ideologie nie. ■ Ons streef na... die waarheid, objektiwiteit en die belange van die gemeenskap in ons beriggewing. ■ Ons beywer ons vir... persvryheid, menseregte en die ekonomiese en maatskaplike opheffing van die dorpe waarin ons digitale koerant versprei word.

editor@rekordmediafs.co.za

072 757 0514

Oppad na ‘n nuwe avontuur! Jy’t nie nodig om oorsee te gaan om te sien hoe pragtig die blou lug versier word met tien tal warmlugballonne nie. Clarens in die Oos-Vrystaat word elke naweek gekleur met die pragtige ballone wat die lug uitspikkel. Foto: Suretha Pelser

Gemeenskap gevra om saam te bid

Verskeie NG gemeentes regoor die streek, se Kerkklokke om 12:00 elke dag gelui word vir 'n week. Rekord rig 'n versoek aan almal in die GEMEENSKAP en nie net lidmate van die NG Kerk nie wat die klokke hoor lui, daar waar hulle is, tot stilstand te kom en voorbidding te doen vir die plaasgemeenskappe. Ons vra dat u ook sal bid vir vrede en geregtigheid in ons land en dat korrupsie sal val.

Write to us at

editor@rekordmediafs.co.za We welcome letters for publication. 300 words or less. Anonymous letters will be published on condition your real name and contact number appears in the letter and is known and verified by the editor. The opinion is expressed in letters is not the opinion of the editor or this newspaper. Rekord only accepts e-mails. No faxes.

This publication is obligated to report news truthfully, accurately and fairly. Should you feel we do not adhere to the Press Code you can submit a complaint to the Press ombudsman at pressombudsman@ombudsman.org.za All rights and reproduction material published in this publication are hereby reserved In terms of the copyright act.

The reproduction or broadcast without written permission of any material published in REKORD and its supplements is forbidden and expressly reserved to LIVERO MEDIA PTY LTD, under section 12(7) of the Copyright Act. 1978 and any amendment thereof. REKORD is published by LIVERO MEDIA (Pty) Ltd.


072 757 0514

COLUMNS

editor@rekordmediafs.co.za

| REKORD | 07

Remember, You’re Worthy Of Love

Steak and Kidney Casserole Steak and kidney, Old Brown sherry and cubed butternut make this a casserole that's perfect for a cold winter's evening. PREP TIME: COOKING TIME: SERVES:

10 minutes 2 hours 5-6

Recipe Ingredients 10 ml SPAR olive oil +-675g cubed steak and kidney mix 1 medium onion, coarsely chopped salt and freshly ground pepper 100 ml Old Brown sherry (4 tots) 2 ml dried thyme 125 ml hot beef stock (prepared with 1/2 stock cube) 600g punnet FRESHLINE Butternut Soup Mix 75 ml SPAR MILK mixed with 25 ml corn flour

Recipe Method

Pre-heat oven to 180ºC. Lightly brown the meat and onion together in heated oil in a pot. Season to taste and pour on the sherry and thyme. Bring to the boil. Transfer to a casserole dish. Pour on the hot stock, cover and place in the oven for 1 hour. Stir in the soup vegetable mix, cover again, and cook for a further 30 minutes. Stir in the corn flour/milk paste to thicken the sauce. Serve. Hints & Tips For those not wanting to use alcohol in cooking, substitute sherry with the juice and grated rind of a freshly squeezed orange

This is still a lesson in progress actually. Going to Joburg and speaking to Hakeem was what I needed to do. No friend or family member could understand the inner workings of what I was experiencing, and so only he could really make me listen by giving me some tough love… And while I still struggle to accept this and truly believe it in the depths of my soul, I know that I am worthy of love and my trip to Joburg was that reminder. It’s a lot easier to believe the negative of a situation sometimes – to tell yourself how unworthy and undeserving you are of love based off of someone else’s actions saying that. But that’s all it really is – their actions, which only reflect their own character. It has nothing to do with you. While I knew this was going to be a tough pill to swallow on my flight to Joburg, it was undeniably satisfying to also know that Hakeem was being as truthful and honest as he always is. Knowing that I had someone who wanted nothing more than to see me thrive on the other side of the pain that was my roadblock, gave me the reassurance to believe him when he said “Khalipha, you are worthy of love.” If there is another thing you should take away from this post, it is to surround yourself with people who genuinely want to see you win. I don’t have a wide circle of friends but the few that I do have, I know that I can trust them to be little lights in my life and truthfully remind me of the value I have.


08

| REKORD | COLUMNS

editor@rekordmediafs.co.za

072 757 0514

No more slaving to the shave with Philips OneBlade! The OneBlade makes grooming, fun and with a powerful motor, slick design and long lasting Blades the way we’re able to shave has changed for the better! The unique OneBlade shaving technology integrates a fast moving cutter (200x per second) with a dual protection system to give you an efficient comfortable shave on longer hairs. One Blade does not shave too close, so your skin stays comfortable, yet make easy work of even the thickest facial hair. If you’re a man who likes to wear styles and trim precisely, here’s why it’s for you: Trim Trim your beard to a precise stubble length. 3 stubble combs included: 1 mm for a tight trim, 3 mm for stubble, 5 mm for long stubble. Edge Create precise edges with the dual-sided blade. You can shave in either direction to get great visibility and see every hair that you’re cutting. It stays comfortable even on sensitive areas, so it’s fast and easy to line up your style in seconds. Shave OneBlade doesn’t shave as close as a traditional blade – so your skin stays comfortable. Go against the grain and shave off any length of hair easily.

GWM P Series Bakkie is coming! Courtesy: Cars.co.za This is the GWM P Series bakkie and it's coming to SA in 2020. Here's all you need to know about this rival to the Ford Ranger, Toyota Hilux and Volkswagen Amarok. Billed as the most ambitious Chinese double-cab to date, GWM has stated its intentions to become a 'Top 3' bakkie brand with its new P Series. Design proportions are bold, and the P Series measures 5.4 metres nose-to-tail, 1.86 metres wide and stands 1.93 metres tall. This new Chinese doublecab rides on the P71 ladderframe platform, which it shares with the Haval H9 large SUV – familiar to South Africans who are followers of the Chinese brand. The cabin architecture is impressive for a Chinese vehicle with a large

touchscreen infotainment system and passenger vehiclelike ergonomics. Mechanically, the P Series is powered by a 2.0-litre turbocharged petrol which drives all four wheels via an 8-speed ZF automatic transmission. The 2.0-litre four-cylinder engine boosts 140 kW and 360 Nm. GWM has also equipped the P Series with 3 differential locks, which should theoretically give it unrivalled off-road ability. GWM has not yet been clear as to whether the 3 differential locks will be a standard configuration or optional, as part of a dedicated off-road package. Features? Plenty. There is a surround-view camera, rear-view camera and 12 radar pods allow for lane departure warning and

adaptive cruise control. All active safety interventions systems are managed by Bosch’s 9.3-generation stability control. When is it coming to South Africa? During the recent Haval H2 facelift launch in January 2020, we chatted to GWM/Haval staff about its pickup aspirations and they confirmed the P Series introduction in South Africa will begin in April 2020, with the launch of the mid-spec model. The flagship GWM P Series bakkie will be arriving in South Africa towards the end of 2020 and while pricing and spec are yet to be confirmed, we suspect the Chinese will come in with an aggressive pricing strategy.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
DIHLABENG REKORD by Veldbrand Dihlabeng - Issuu