Oos-Vrystaat â Eastern Free State
MONDAY November 4,2019 | Bethlehem | Harrismith | Reitz | Warden | Clarens | Lindley | Petrus Steyn | Kestell | Fouriesburg | Paul Roux | Verkykerskop
Tigers relocated to Bethlehem from Germany Page 4
BETHLEHEM: AfriForum se #AnkerdorpPadskou is ân veldtog waartydens hoop in dorpe landwyd geskep word deur verskeie gemeenskapsaksies, wat ân positiewe verskil maak, deur die jaar aan te pak. Ons maak waterlekke reg, vul slaggate, verf paaie, rig padtekens op, takel munisipale probleme, besoek skole, ondernemings en gesondheidsorginstellings, knap ouetehuise op, bied inligtingsessies en opleiding aan, maak skoon, versterk gemeenskapsveiligheid en vele meer. Al wat dit verg om ân dorp beter te maak, is die uitvoer van een positiewe aksie op ân slag. Kom
neem saam met ons aan die aksies op jou dorp deel â jy sal verbaas wees hoe jou deelname moedeloosheid in hoopvolheid verander. Wéés die verskil wat jy in Bethlehem wil sien! Jy kan steeds deel van hierdie opwindende projek wees selfs al woon jy nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ân verskil te maak om ân beter toekoms te skep. Onthou: As dit met jou buurman goed gaan, gaan dit ook met jou goed. En wie weet, volgende keer kom jĂłĂș dorp dalk aan die beurt. AfriForum is gedurende November 2019 in Bethlehem. Sien kalender op Bladsy 2