Skip to main content

Invest Kids Fables-Afrikaans 2026

Page 1

SLIM

R A R N A A P A SSSPPAAARSSSPPPAANN

E I D R I V S E I R O T S D GEL

E K N E W R A A P S , S E I R O T E S T E I E G I T I T T W E I T PR K A E D N E D N I W P O EN

Stories gebaseer op Esopus-fabels en volksparabels


Inhoudsopgawe Klik op die storie wat jy wil lees

2

Karabo die kraai se slim plan

5

Annie die mier en Greg die sprinkaan

9

Thami die skilpad en Lwazi die haas

13

Oom Rajesh en die gat vol goud

17

Die mangoboom en die vier broers en susters

21

Die gans wat goue eiers gelê het

24

Max die hond teen die leeu (en die skelm aap)

28

Jasper en die sappige biefstuk

31

Baba die eikeboom en die rivierriet

34

Lunga die jakkals en die hangende druiwe

37

’n Boodskap van Senzo, die Spaarspanleier

38

Antwoorde

Hallo Spaarspanlede Welkom by jou eie boek van geldavonture! Binne sal jy prettige stories oor slim diere en mense vind wat jou leer hoe om geld te spaar en dit verstandig te bestee. Jy sal ook fantastiese wenke en lekker aktiwiteite kry om jou te help om ook ’n Spaarspanheld te word! Maak dus gereed om te lees, te leer, te lag en te speel, want geld spaar kan pret wees!

Liewe Grootmense Hierdie boek is met trots geskep deur Alexforbes. Lees meer oor ons en hoe ons jou kan help met jou spaar-avonture. Sien bladsy 39.


Tuis

a b r o a Kie kraai d slim e s a n l p

2

’n Storie oor planne maak.


Tuis

Sy het haar vlerke geklap. Sy het gekerm. Sy het selfs probeer om die water met ’n strooitjie op te suig. Niks het gewerk nie! Tap-tap, Karabo gooi ’n klippie in die kruik. Toe nog een. En nog een.

Karabo die kraai was dors. Toe sien sy ’n kruik met water! Maar die watervlak was laag … en haar bek was kort.

3

Die water styg. Sluk, sluk, drink sy alles!

Slim voëls tot die redding!


Probeer dit self Gooi water in ’n glasbeker. Vul dit dan met klein klippies en kyk hoe die water styg.

Spaarspanwenk Klein aksies, soos om elke maand ’n bietjie te spaar, kan jou help om jou groot doel te bereik. Jy het ’n groot droom gehad – dalk was dit ’n nuwe LEGO-stel, ’n blink Labubu-pop of selfs ’n splinternuwe fiets. Jou doel het ombekombaar gevoel, soos ’n berg wat te hoog is om te klim. Maar in plaas daarvan om op te gee, het jy ’n plan gemaak. Jy het elke maand ’n bietjie van jou sakgeld of verjaarsdaggeld gespaar. Net ’n paar rand op ’n slag. Dit het aanvanklik nie na veel gelyk nie, maar stadigaan het jou spaargeld gegroei. Jy het gesien hoe jou spaarvarkie vol raak, en jou droom het ’n werklikheid begin word. En net so, op ’n dag, het jy genoeg geld gehad! Jy het jou doel bereik – alles omdat jy klein stappies geneem en by jou plan gehou het.

Onthou

4

Groot drome het nie groot spronge nodig nie. Net klein treetjies wat dikwels geneem word.

Tuis


Tuis

die mier die sprinkaan

5

’n Storie oor hoe om te spaar vir later.


Sy het krummels bymekaargemaak en weggepak, vir koue, wintersaande en vir dae sonder kos. Met haar klein mierwaentjie en ’n sonneblomhoed, neurie sy klein deuntjies soos

G r e g e i n & n A die mier die sprinkaan

In die sonnige, giggelende, kronkelende woude, waar sampioene opspring en bome kappies dra, woon Annie die mier, so netjies en so klein.

Sy het deur die somer, deur die lente en deur die herfs gewerk.

Tuis

“Kyk net hier na die mier!” Maar wie het aangehuppel gekom, met bene wat in alle rigtings swaai? Greg die sprinkaan, luidrugtig soos ’n trom. Hy het op ’n blaar getokkel en gesing: “La la la! Geen tyd vir take as jy ’n kitaar het nie! Kom dans, klein Annie! Kom spring, kom speel! Hoekom op ’n sonnige dag met krummels sukkel?”

6


Maar Annie het net geglimlag, “Ek sou graag wou, dit is waar, maar ek moet werk en jy moet ook!” Greg het bollemakiesie geslaan en gespeel en die hele dag gevroetel. Hy het sy eetgoed opgeslurp en hy het in die hooi gesluimer. Maar toe kom die wind uit. Dit was yskoud, en Greg het nie heeltemal so… gelukkig gevoel nie.

Annie het, sonder om te huiwer, vir hom ’n bredie, met

Tuis

krakerige mieliekoeke en warm kewerbrou gegee. “Volgende keer, Greg, spaar ’n bietjie wanneer jy kan. Dan sal jy baie hê en steeds ons musikant kan wees!” Greg het ’n bietjie gebloos en terwyl hy ’n maat met sy voet tik, het hy gesê: “Jy is reg! Ek sal spaar en

steeds voete vir tromspeel hê!”

Sy maag het gegrom, sy bene het lam gevoel. Sy liedjies het flou geklink, en hy het sy trom gemis. So gaan hy, met ’n klop aan haar deur, om vir klein Annie te kuier en haar vir ietsie te vra. “Annie”, sê hy, met ’n skaapagtige glimlag, “ek dink ek het

vergeet om vir die wind te spaar!”

7


Spaarspanwenk Moet nie elke sent wat jy het spandeer nie, spaar ’n bietjie vir iets lekker later. Elke Saterdag kry jy sakgeld. Dis aanloklik om alles dadelik op lekkers te spandeer! Maar jy besluit om net ’n bietjie in jou spaarvarkie te spaar, dalk R10 elke week. Week na week groei jou spaargeld. Ná vier Saterdae het jy R40 gespaar! Dis genoeg om ’n nuwe speletjie op jou foon te koop en jy kon steeds ’n paar lekkers ook eet.

Die geheim? Jy het nie alles op een slag spandeer nie. Jy het ’n bietjie gespaar en dit het gegroei en gegroei.

8

Woordsoektog S

A

K

X

B

G

L

K

U

B

J

R

W

E

K

O

O

P

E

Y

U

K

B

D

R

O

O

M

O

R

Z

D

L

P

A

D

S

V

L

R

G

H

G

Y

S

E

N

T

R

G

E

L

D

I

W

N

O

I

E

T

R

N

E

O

S

X

O

S

X

Y

B

O

T

H

E

A

S

X

T

R

E

L

E

E

Y

L

K

P

Z

X

B

S

M

I

I

C

P

G

A

D

O

E

Q

B

X

O

R

C

E

N

M

H

S

P

A

A

R

G

E

L

D

R

P

L

A

N

H

K

Z

T

D

E

Y

U

U

X

K

J

L

D

I

C

E

P

T

I

U

B

X

N

G

K

V

R

O

W

T

P

M

F

J

F

R

B

F

Kyk hoeveel woorde oor spaar en geld jy in die blok hierbo kan vind. Wenke: daar is 14. Die antwoorde is op bladsy 38.

Tuis


Tuis

die skilpad

die haas

’n Storie oor hoe

stadig en volhardend die wedloop wen.

9


i azi am Th Lw die skilpad & die haas

Lwazi die haas het met bravade opgespring.

“Vang my as jy kan, stadige dop!”

Tuis

Thami die skilpad het sy oë geknip en gesê:

“Ek gaan liewer stadig en doen dinge reg.”

“Kom ons kyk wie is die vinnigste”, sê Lwazi die haas vir Thami die skilpad. “Ek daag jou uit tot by die wenstreep!”

Die skare het geskree: “Hardloop tot by die groot boom!” Lwazi het gejaag! Hy het gespring! Hy het in die lug ’n agteroorflikflak gemaak!

Thami het een klein treetjie geneem, toe nog een, stadig en versigtig.

“Wie ook al wen, kry ’n sak boontjies. Nie sommer enige boontjies nie, towerboontjies waaruit geldbome groei!”

10


O E H S J!” W “ Lwazi jaag na

Tuis

die boom …

“Hierdie wedloop is te maklik”,

sê Lwazi, en gaan lê in die skadu vir ’n middagslapie.

…Maar Thami het klaar Thami het aangehou, tree vir tree, elke sekonde gespaar soos muntstukke.

stadig en met volharding gewen! 11


Spaarspanwenk Moet nooit op jou doel opgee nie. Al spaar jy net ’n bietjie op ’n slag, met tyd sal jy jou doel bereik. Elke week besluit jy om net R5 van jou sakgeld te spaar. Dit lyk aanvanklik nie na veel nie, maar jy hou aan spaar, week na week. Teen die einde van die jaar het jy R5 × 52 weke = R260 gespaar. Dis genoeg om elke dag gedurende jou vakansie roomys te koop, of dalk iets nog beter.

Die geheim? Jy het nie gejaag nie. Jy het nie opgegee nie. Jy het net aangehou, stadig maar seker, en dit het gewerk!

12

Hou tred van jou planne saam met vriende Benodighede: • Ongeveer 10 stukke papier. • Uitknipsels of plakkers van diere. • Doelkaartjies (soos spaar R5 per week, lees 1 boek per week). Maak sowat 15 kaartjies. • Gee elke doel ’n waarde: 1 vir maklike doelwitte, 2 vir moeiliker doelwitte. Om R5 per week te spaar is dalk makliker as om elke week 1 boek te lees. • ’n Blikkie om die doelkaartjies in te hou. • Merkers of kryte. Wat om te doen: 1. Bou die wedloopbaan: Pak die stukke papier in ’n lyn op die vloer om ’n wedloopbaan te maak. 2. Merk die wenstreep: Skryf “Doel!” op die laaste stuk papier. Dis die wenstreep! 3. Begin die wedloop: Elke speler kies ’n dier (skilpad, haas of iets anders as daar meer maats speel). Plaas die prentjie van jou dier aan die begin van die baan (op die eerste stuk papier). 4. Trek en beweeg: Trek om die beurt ’n doelkaart uit die blikkie. • As die kaart 1 werd is, beweeg jou dier 1 spasie vorentoe. • As dit 2 werd is, beweeg jou dier 2 spasies vorentoe. 5. Doel: Om by die wenstreep uit te kom, al neem dit langer as wat jy gedink het.

Tuis


Tuis

a R j e m s o h O ie g d a n t e go l u o d v ’n Storie oor hoe om jou geld te laat groei.

13


Elke week het Oom Rajesh na die ou mangoboom gestap. Hy het gegrou, sy boks met munte uitgehaal, daarna gekyk, en gesug, "Ahhhh".

a R j e m s o h O ie g d a n e go t l u o d v

Maar hy het dit nooit gebruik nie. Nie vir brood nie. Nie vir melk nie. Nie vir sy drome nie.

Een nag het ’n skelm eekhoring die gat gesien. Die volgende oggend was dit leeg. Oom Rajesh het uitgeroep:

14

“MY GOUD! MY LEWE!”

Tuis


Buurvrou tant Kheti het aangehardloop gekom en gevra: “Het jy ooit die geld gebruik, Rajesh?” “Nee! Ek het net daarna gekyk!” Sy het haar skouers opgetrek en gesê. “Dan kyk jy nou maar na die gat. Dis dieselfde ding.” Dieselfde dag het Oom Rajesh besluit om ’n groentewinkeltjie oop te maak.

En sy geld het stadig maar seker begin groei.

15

Tuis


Spaarspanwenk Geld wat net rondsit, doen niks nie. Laat jou geld vir jou werk! In plaas daarvan om jou geld in ’n laai te los waar dit net sit, vra vir Mamma of Pappa om jou te help om ’n bankrekening oop te maak. Plaas elke maand ’n bietjie van jou sakgeld in die rekening. Hier is die opwindende deel: jou geld sit nie net daar nie, dit groei! Die bank gee jou ’n bietjie ekstra geld wat rente genoem word. Dit beteken dat jy geld verdien net deur te spaar! En raai wat? Volgende maand verdien jy nie net rente op dit wat jy gespaar het nie, maar ook op die rente wat jy verlede maand verdien het. Dit bly groei, soos ’n sneeubal wat teen ’n heuwel afrol! Om slim te spaar, beteken dat jou geld vir jou werk, selfs terwyl jy slaap!

Bereken jou spaargeld Nadat jy die storie en die lesse gelees het, probeer die volgende bereken: Jy sit R20 in jou bankrekening. Jy verdien R1 rente* op jou spaargeld aan die einde van die maand. Jou maat sit R30 in sy bankrekening en verdien R1.50 rente op sy spaargeld. 1. 2.

Wat is die totale spaargeld in jou bankrekening? Wat is jou maat se totale spaargeld in sy bankrekening?

Antwoorde op bladsy 38.

16

*Vir hierdie oefening het ons ’n rentekoers van 5% toegepas.

Wat is “rente”? Rente is soos ’n dankie-geskenk wat ’n bank vir jou gee omdat jy hulle toelaat om jou geld veilig te hou. Stel jou voor jy het R10 en jy sit dit in ’n spaarvarkie by die bank. Die bank sê: “Dankie dat jy jou geld by ons hou! Hier is ’n bietjie ekstra elke maand vir jou!” Na ’n rukkie kyk jy in jou spaarvarkie en tot jou verbasing het jy nou R10.50 in plaas van net R10. Daardie ekstra 50 sent word rente genoem. Hoe langer jy jou geld daar los,

hoe meer rente kan jy verdien!

Tuis


Tuis

en die vier broers en susters ’n Storie oor hoe geld groei, maak nie saak watter seisoen dit is nie.

17


Winter Adam skryf:

Lente

Tuis

Cara skryf:

en die v ier bro e rs en sust ers Uit Ou ma se k leinkin ders se dagb oek: Adam

Amy

Ben

Cara

“Ek het na die mangoboom gestap. Dit het … dood gelyk. Net ’n droë stokkie. Nie eens ’n gogga daarop nie.”

“Ek het blink groen blare gesien! Nuwe blare! Dit het gelyk of dit wakker word!”

18


Somer

Amy skryf:

Herfs Ben skryf:

Ons kyk almal saam na die boom. Ouma glimlag.

“Dinge

groei op hul eie tyd

“BLOMME! Pienk, donsige blomme wat lekker ruik. Ek het ’n selfie saam met die boom geneem.”

19

“Jô! Sappige mango’s! Ek het vyf gepluk. Ouma het blatjang gemaak!”

my kinders.”

Tuis


Maak ’n seisoenpop Benodighede: Yslolliestokkies, papier, lapstukkies en gom. Wat om te doen: Maak ’n pop vir elke seisoen (byvoorbeeld Lente kan ’n kind wees met blomme in die hare, Winter met ’n serp). Skep ’n opvoering waar jou seisoenpop vir jou maats vertel hoe om geld te spaar vir ’n spesifieke doel.

20

Spaarspanwenk Om geld te spaar, is soos om saad te plant. Moenie daaraan raak nie en sien hoe jou geld groei. Elke maand sit jy ’n bietjie van jou sakgeld in jou bankrekening. Dit lyk dalk nie na veel nie, maar soos saad in die grond, gebeur daar iets wonderliks. Vra vir Mamma of Pappa om elke maand jou bankstaat vir jou te wys (dis soos ’n rapport vir jou spaargeld). Jy sal sien hoe jou geld gegroei het, nie net die bedrag wat jy gespaar het nie, maar ook die rente op die bedrag. (Onthou, jy het van rente gelees in Oom Rajesh en die gat vol goud.) Hoe langer jy jou geld in die bank los, hoe meer groei dit, sonder enige hulp. Plant dus jou spaargeld, wees geduldig en kyk hoe jou geldtuin groei!

Tuis


Tuis

a g n e i s D at die w

e e i e u r o s g gelê het ’n Storie oor gierigheid.

21


a g n e i s D wat die

Tuis

e e i e u r o g gelê het s Eens op ’n tyd in Limpopo het ’n boer genaamd meneer Molefe ’n gans gehad met die naam Thuli. Elke oggend het sy ’n goue eier gelê. Regte goud. Meneer Molefe het ryk geword. Maar eendag het hy gierig geraak. “As ek haar oopmaak, kry ek AL die eiers op een slag!” Hy het. Hy het nie. Thuli was net ’n gewone gans aan die binnekant. Geen goud nie. Geen ekstra eiers nie. Geen fortuin nie.

22

Toe sit meneer Molefe met sy leë mandjie,

vol spyt.


My Goue Eiers spaarblikkie Benodighede: • Plastiekeiers of papieruitknipsels van eiers • ’n Blikkie of koevert • Merkers, plakkers en papier • Op ’n stuk papier, skryf: “Goue Eiers spaarblikkie” Wat om te doen: 1. Versier jou blikkie of koevert. 2. Elke week (of dag), “verdien” jy ’n goue eier deur ’n bietjie geld te spaar of ’n nuttige taak vir Mamma, Pappa of jou broers en susters te doen. 3. Skryf jou doel op die blikkie (byvoorbeeld “Spaar vir ’n boek” of “Spaar vir ’n speelding”). 4. Hou jou vordering dop deur elke keer as jy spaar, ’n goue eier by jou houer te voeg. 5. Ná ’n vasgestelde tyd (byvoorbeeld 4 weke) kan jy die eiers tel en kyk hoe naby jy aan jou doel is.

23

Spaarspanwenk Moenie haastig wees of gulsig wees nie, laat jou geld stadig en bestendig groei. Jy het verjaarsdaggeld gekry en ’n slim keuse gemaak: jy het dit in die bankrekening gesit wat jou mamma of pappa vir jou oopgemaak het. Daar was dit veilig, niemand kon aan dit vat nie en jy kon dit nie sommer spandeer nie. Jou geld het nie verdwyn nie en het begin groei, danksy rente. Onthou jy rente? Jy het daarvan gelees in Oom Rajesh en die gat vol goud. Dit is wat dit beteken om na jou geld te kyk. Jy het nie gejaag om dit te spandeer of probeer om dit vinnig te laat groei nie. Jy was geduldig, en jou geld het jou beloon deur stilletjies, maand na maand, te groei. Kyk na jou geld, en dit sal na jou kyk.

Tuis


Tuis

o n h d e i d n die leeu e te die skelm aap) n e (

n a v n a a g a n e i d r o o ’n Storie . e e r t p o y j t a d r o o v e t i die fe

24


Tuis

n o d h e i d en die leeu ten die skelm aap) (e

Max het paniekerig geraak… totdat hy ’n hoop ou bene daar naby gesien het.

“Mmm, daardie leeuvleis was lekker!” het hy hard geblaf.

Max die hond het in die oerwoud verdwaal. ’n Leeu het hom gesien en sy lippe afgelek.

Die leeu het tot stilstand gekom.

“Wa—wat?!”

25


Tuis

Max het hulle sien aankom. Oeps. Maar toe roep hy:

“Waar is daardie aap? Ek het hom ’n uur gelede gevra om vir my nog ’n leeu te bring!”

’n Aap, wat uit ’n boom gekyk het, het geskree:

“Daardie hond lieg! Hy het net bene gesien en voorgegee!”

Die leeu het geskrik en so vinnig as wat hy kon, omgedraai en weggehardloop.

“Klim op my rug!”

het die leeu vir die aap gebrul.

“Kom ons leer hom ’n les!”

26


Spaarspanwenk Moet nie te vinnig geldbesluite neem nie, ook nie op grond van stories nie. Leer eers die feite.

Aap-vasvra: Slim of skelm? Die skelm aap is weer besig. Hy versprei leuens oor hoe om geld te spaar. Kan jy sê of die aap jou flous of regtig slim raad gee?

Jy het ’n skaars Pokémon-kaart aanlyn gesien en iemand het gesê dit kos net R50. Jy was opgewonde en gereed om jou spaargeld dadelik te spandeer! Maar voor jy koop, vra jy vir Mamma om te help om na die besonderhede te kyk.

Die skelm aap sê… 1

“As jy al jou geld dadelik spandeer, hoef jy nooit te spaar nie!” Is dit slim of skelm?

Gelukkig het jy: die afleweringskoste was R100! Dis meer as die kaart self. As jy nie gekyk het nie, sou jy baie meer spandeer het as wat jy beplan het.

2

“As jy elke week ’n bietjie spaar, kan jy later iets groots koop.” Hmm ... aap-waarheid of aap-skelmstreek?

3

“As jy jou geld in ’n bank hou, groei dit met rente.” Klink dit soos malligheid, of is dit regtig waar?

4

“As jy iets lekkers sien, moet jy dit dadelik koop, selfs al het jy dit nie regtig nodig nie.” Sou ’n wyse persoon saamstem?

5

“As jy ’n gelddoel maak, help dit jou om vir iets spesiaals te spaar.” Die aap praat dalk vir ’n slag die waarheid!

Die les? Kry altyd al die feite voor jy optree. Nou kan jy aanhou spaar en dalk ’n groter winskopie kry, of selfs iets beter!

27

Die antwoorde is op bladsy 38.

Tuis


Tuis

a p s p e i i g d e n e

t s u f k e i b

28

’n Storie oor hoe om gefokus te bly op jou eie doelwitte.


Tuis

p p i g a e s e i d n e efstuk

i b

29

Jasper die hond het ’n sappige biefstuk gehad. Hy het oor die brug geparadeer, hap, hap, hap.

Hy spring!

Onder, in die water, sien hy… nog ’n hond!

DIE WATER SPAT!

Met ’n biefstuk wat dubbel so groot soos syne lyk!

Die “ander hond” het verdwyn. So ook sy biefstuk, woeps, af in die rivier.

“Grrr”, grom Jasper. “Ek wil daardie een ook hê!”

Al wat hy nou oor het, is nat pote.


Spaarspanwenk Moet nie jou fokus op jou doel verloor deur iemand anders s’n na te jaag nie. Jy het ’n plan gehad: spaar jou sakgeld vir maande sodat jy die waterparkritte tydens jou strandvakansie in Desember kan geniet. Maar toe kry jou vriend ’n nuwe PS5-speletjie, en dit lyk so lekker!

My biefstuk, my doel! • Teken ’n prent van die hond wat sy biefstuk vashou. • Teken dan ’n prent van jou eie doel (byvoorbeeld ’n speelding, ’n uitstappie, ’n boek).

Jy wil ook een hê, so erg dat jy al jou spaargeld spandeer om dit te koop. Aanvanklik was dit opwindend om met die nuwe speletjie te speel. Maar gou word die speletjie vervelig. En nou kom jou vakansie nader, maar jou spaargeld is op. Die les? Iets wat in die oomblik lekker lyk, is dalk net ’n illusie. Hou by jou doel. Wat jy regtig wil hê, is die wag werd en dit hou jou gelukkiger vir langer.

• Skryf of teken rondom die doel die dinge wat dalk jou aandag kan aftrek (byvoorbeeld ander speelgoed, lekkers, speletjies). • Skryf op jou tekening:

Ek gaan by my doel hou!

30

Tuis


Tuis

die eikeboom en die die rivierriet rivierriet en

31

’n Storie oor hoe dinge soms net gebeur.


Baba Eikeboom het trots, groot, wyd en diep gewortel naby die rivier gestaan.

die eikeboom en die die rivierriet rivierriet en

Tuis

Maar toe die storm begin en die wind sy takke begin buig, het hy ten spyte van sy grootte geknak en geval.

Die klein riete het gefluister,

32

“Ons buig, maar ons breek nie. Ons dans en buig saam met die wind sodat ons nie breek nie.”


Raaisels oor spaar

Spaarspanwenk

Ek is klein en rond, ek klingel baie. Jy spaar my in ’n varkie.

Dis oukei om jou planne te verander as dinge anders uitdraai as jy verwag het.

Wat is ek? Ek is ’n plek waar jou geld kan groei, maar nie in die grond nie, en ek gee rente.

Wat is ek? Ek is nie ’n speelding nie, en ek hou jou muntstukke. Ek help jou spaar vir iets lekkers, soos ’n pop of ’n LEGO-stel.

Jy het gespaar vir ’n groot LEGO-stel of ’n Labubu-pop, iets wat jy regtig wou hê. Maar toe vra jou maats jou om saam fliek toe te gaan. Dit voel soos ’n moeilike keuse: los die fliek of gee jou droomspeelding prys. In plaas daarvan het jy ’n middeweg gevind. Jy het ’n bietjie van jou spaargeld vir die fliek gebruik en besluit om langer te spaar vir die LEGO-stel of Labubu-pop.

Wat is ek?

Jy het nie opgegee nie, jy het net jou planne aangepas.

Ek is iets wat jy verdien as jou take klaar is, ek is nie ’n speelding nie, maar ek kan een koop.

Soms moet jy buig, om nie te breek nie. Planne kan verander en dis oukei. Wat saak maak, is om getrou te bly aan jou doelwitte, selfs al neem dit langer om daarby uit te kom.

Wat is ek? Antwoorde op bladsy 38.

33

Tuis


Tuis

Lunga

die jakkals

en die hangende druiwe ’n Storie oor ’n jakkals wat, toe hy nie sy doel kon bereik nie, bitter geword het.

34


Lunga

die jakkals

en die hangende druiwe

35

Tuis

, p a t s e t i u b g a d n e e hy l : y k w n r i d Te e g s l a k k het Ja . g o o h o S . e w i ru d e i ! d h g u Kyk … So . g i p p So sa s. i . e M i . n g n n i a r : k k e k E e . Ek sp e r r e k e s w , g g a l n i rs e e b o Ek spr r p N e A d V f L y v A Na die U IN ELK GEV R SUUR!” E O K H E S E I S EI “W L L U H ? E ik W I e r U e b DR e ni t e n t i d d a k a e w n k o k e , w r i a u a r d w ie d l. r i e Eerlik v o v m t o a r la a r a e t M e . b e y ni m t e h , s e e w te ) . n a v r, t e e k e (Soor nd e g l o v e e G : f l se y m r, e n t a a a w . a r k e o t t t Not i s e b iw et u n r d u o e j i k a a jou e m e i s e o l a j want


Spaarspanwenk Stel jou eie spaardoelwitte. Moet nie iemand anders s’n najaag nie. Miskien spandeer jou maat hul verjaarsdaggeld op ’n LEGO-stel of ’n Frozen-pop, en jy voel ’n bietjie jaloers. Maar dan onthou jy: jy spaar vir daardie Monster Jam-vragmotor of die juweliersware-stel waarvan jy gedroom het. Hou by jou doelwit, jy kom elke dag nader. Moenie dat iemand anders se keuses jou aandag aftrek of jou droom in die wiele ry nie. Jou doel is joune vir ’n rede.

Bly gefokus en jy sal daar kom.

36

’n Uitdaging vir jou! Noudat jy geleer het oor hoe om geld te spaar, skryf jou doel op ’n stuk papier neer. •

Wat wil jy koop?

•

Hoeveel kos dit?

•

Hoeveel gaan jy elke maand spaar?

•

Hoe lank gaan dit jou neem om jou doel te bereik (hoeveel maande)?

Nou kan jy jou vordering dophou.

Tuis


Tuis

’n Boodskap van Senzo, die Spaarspanleier “Elke rand wat jy spaar, elke slim besluit wat jy neem, is soos om ’n vrugteboom te plant. Wees geduldig. Wees slim. Vra vir hulp as jy onseker is. En bowenal, geniet dit om te leer spaar.”

37


Antwoorde vir die woordsoektog op bladsy 8 Antwoorde op die berekeninge op blad sy 16: 1. R21.00 2. R31.50

Antwoorde o p die raaisels op bladsy 33: 1

e i d p o e d Antwoor bladsy 27: p o a r v s aap-va lm! e k s s i t i D

1 2

38

eid h r a a w Aap

it d n e , g e nk r i l k t i d , 3 Nee is reg! sal n o o s r e ep s y w n ’ , ie. 4 Nee n m e t s nie saam ie d t a a r p ie aap d , a J 5 d! waarhei

2 3 4

’n Muntstuk

.

’n Bank. ’n Spaarvar

kie.

Sakgeld.

Tuis

S

A

K

X

B

G

L

K

U

B

J

R

W

E

K

O

O

P

E

Y

U

K

B

D

R

O

O

M

O

R

Z

D

L

P

A

D

S

V

L

R

G

H

G

Y

S

E

N

T

R

G

E

L

D

I

W

N

O

I

E

T

R

N

E

O

S

X

O

S

X

Y

B

O

T

H

E

A

S

X

T

R

E

L

E

E

Y

L

K

P

Z

X

B

S

M

I

I

C

P

G

A

D

O

E

Q

B

X

O

R

C

E

N

M

H

S

P

A

A

R

G

E

L

D

R

P

L

A

N

H

K

Z

T

D

E

Y

U

U

X

K

J

L

D

I

C

E

P

T

I

U

B

X

N

G

K

V

R

O

W

T

P

M

F

J

F

R

B

F


Elke belegging is gevul met doelwitte, verwagtinge en verantwoordelikheid. Alexforbes is ’n toonaangewende gediversifiseerde finansiëledienstemaatskappy wat werknemervoordeeloplossings, aftrede-, gesondheids- en volhoubaarheidskonsultasie, en beleggings- en welvaartbestuur aan ondernemings, finansiële adviseurs en individue bied. Ons geïntegreerde, adviesgeleide benadering is gebou op diepgaande kundigheid in aftrede, gesondheid en belegging, wat kliënte se vertroue verdien deur impakvolle oplossings. In 2025 het ons ons 90ste bestaansjaar gevier. Jare van doelgerigtheid, veerkragtigheid en die oortuiging dat finansiële kundigheid beter lewens moet bemagtig. Sedert 1935 het ons individue, besighede en gemeenskappe ondersteun om hul toekoms te verseker en ’n veranderende wêreld te navigeer.

Daarom is ons passievol daaroor om kinders – die beleggers van môre – te help om die waarde van geld, die gewoonte om te spaar en die krag van beplanning te verstaan. Deur hulle toe te rus met praktiese gereedskap en ouderdomsgeskikte lesse, help ons om hulle op die pad te plaas na toekomstige finansiële vertroue, of dit nou beteken om vandag vir ’n nuwe speelding te spaar of vir aftrede dekades van nou af. Ons ondersteun beleggers by elke stap van die lewensreis, van die eerste spaardoelwit tot die bestuur van welvaart in later jare. ’n Plek waar doelwitte verstaan en ondersteun word, waar sukses gevorm word deur diepgaande navorsing, gedissiplineerde belegging en kundige leiding. Hetsy jy nou ’n fonds bestuur, kliënte adviseer, leerders begelei of vir jou eie toekoms belê, dit is die plek vir jou. Want wanneer elke rand wat belê word betekenis dra, maak dit saak waar jy belê.

Ons verstaan dat agter elke rand wat belê word, tyd, moeite en die strewe na iets sinvols lê. Daarom het ons ’n betroubare bestemming gebou waar beleggers, ongeag hul ouderdom of stadium in die lewe, vol vertroue kan voel dat hulle op die regte plek is.

Met Alexforbes is jy op die regte plek vir jou beleggingsbestemming.

By Alexforbes glo ons dat die reis na finansiële welstand vroeg begin.

Kontak ons

Belê met ons aanlyn digitale-adviseurplatform.

Beplan jou toekoms met kundige advies.

Ontsluit die krag van AF Connect.

• Neem beheer oor jou finansiële toekoms

• Bou ’n holistiese finansiële plan

• Tweepoteise

• Beplan vooruit vir aftrede

• Kry ’n staat en sien saldo’s

• Spaar vir betekenisvolle lewensdoelwitte

• Dateer jou besonderhede op

• Gebruik doelgebaseerde beleggingstrategieë • Kry persoonlike produkaanbevelings • Bestuur jou finansies enige tyd, enige plek

Begin nou belê

39

Tuis

• Volg jou eis

• Werk saam met jou eie finansiële adviseur

Praat met ’n adviseur Hier is meer oor Alexforbes.

Teken hier in


Die ernstige goed vir die grootmense om te lees Vrywaring Alexander Forbes Financial Services (Edms) Beperk (registrasienommer 1969/018487/07) is ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FAIS-lisensie 1177) en verdien fooie en kommissie van die goedgekeurde diensverskaffers vir die verwysing van besigheid. Die inligting in hierdie nota is slegs vir opvoedkundige doeleindes en is nie bedoel as advies nie. Alexander Forbes Investments Limited is ’n gelisensieerde finansiëlediensteverskaffer ingevolge artikel 8 van die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste 37 van 2002, soos gewysig, FAIS-lisensienommer 711, en is ’n geregistreerde versekeraar wat gemagtig is om lewensversekeringsbesigheid te doen (10/10/1/155). Lees die volledige vrywaring hier.

Die inligting in hierdie dokument behoort aan Alexforbes. Jy mag nie enige deel van hierdie dokument kopieer, versprei of wysig sonder die uitdruklike skriftelike toestemming van Alexforbes nie.

40

2880-2026-02 • Firely

Tuis


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Invest Kids Fables-Afrikaans 2026 by Alexforbes - Issuu