Graad 4 Fasiliteerdersgids Lewensvaardighede

Page 11

Fasiliteerdersgids G04 ~ Lewensvaardighede

ASSESSERINGSVEREISTES Assessering behoort sowel informeel asook formeel te wees. Leerders moet gereelde terugvoering ontvang om die leerervaring te verbeter. 1.

Informele of daaglikse assessering Die doel van die assessering vir leer is om deurlopend inligting oor leerders se prestasie in te samel wat gebruik word om leer te bevorder. Dit behels die daaglikse monitering van leerders se vordering. Dit word gedoen deur waarneming, bespreking, praktiese demonstrasies en informele klaskamer interaksies. Die aktiwiteite wat in die lesse geplaas is, is ʼn wyse van informele assessering. Dit hoef nie nagesien te word nie, en tel nie enige punte nie. Dit is net belangrik om leerders se antwoorde met hulle te bespreek. Dit help die leerders om ʼn beter begrip en insig in die lestema te kweek.

2.

Formele assessering Formele assesseringstake sluit in toetse, take, projekte, eksamen en praktiese demonstrasies of opvoerings. Alle formele assesseringstake word in die portefeuljeboek uiteengesit en die memorandums vir hierdie assessering kan in die portefeuljememorandumboek gevind word. a.

Assessering in Persoonlike en Sosiale Welsyn (PSW) Daar word van die leerders verwag om vier assesseringstake te voltooi. Dit vorm 30% van die totale punt vir die jaar. Taak 1 Toets

b.

Taak 2 Werksopdrag/ gevallestudie

Taak 3

Taak 4

Projek

Jaareindeksamen

Assessering in Liggaamlike Opvoeding Die Liggaamlike Opvoedingstaak (LOT) word geduurnde al vier die kwartale gedoen. Daar word verwag van die leerders om elke week aan die liggaamlike aktiwiteite deel te neem. Leerderdeelname en uitvoer van bewegings in die LOT word geassesseer deur middel van klaswaarneming en aan die einde van die kwartaal sal daarvan verslag gedoen word.

9

© Optimi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.