1 minute read

4. Moeilikheidsvlakke

G09 – Wiskunde – Fasiliteerdersgids

2. Handleiding

Jy sal verduidelikings en aktiwiteite in die handleiding vind wat konsepte, begrip, vaardighede en kennis van wiskunde sal help bevorder.

’n CASIO fx-82ES (Plus)-sakrekenaar word vir leerders aanbeveel, maar enige goeie wetenskaplike sakrekenaar sal voldoende wees.

Hoe om die handleiding te gebruik:

y Bestudeer die teorie en voorbeelde met al die verduidelikings. y Doen ’n paar somme en merk die somme volgens die memorandum. y Kyk na die video’s by die aktiwiteite indien enige werk onduidelik is.

Enige ander goeie bronne kan van hulp wees, solank dit aan die KABVvereistes voldoen.

3. Portefeuljeboek

Verwys na die portefeuljeboek vir alle assesseringstake vir die jaar.

4. Moeilikheidsvlakke

Die sterre by elke som dui die moeilikheidsvlak aan. Hierdie vlakke is op alle toetse en eksamens van toepassing, en word ook in die handleiding aangedui.

Vlak 1 *

Vlak 2 **

Vlak 3 *** Basiese teoretiese kennis en prosedures word vereis om berekeninge te kan doen. Dit kan aangeleer word. Hierdie afdeling maak 25% deel van die vraestel uit. Roetine werk. Eenvoudige stellings wat as maklik beskou word en met oefening aangeleer kan word. Vrae word direk gevra. Hierdie afdeling maak 30% deel van die vraestel uit. Komplekse berekeninge gebaseer op vorige kennis. Vrae word indirek gevra met die klem op begrip. Hierdie somme is nie voor die hand liggend nie en berekeninge moet eers gedoen word om duidelikheid te kry. Hierdie afdeling maak 30% van die vraestel uit.

Toets die leerder se insig, redenasievermoë en Vlak 4 **** toepassing van kennis. Dit is die moeilikste gedeelte van die vraestel en kom nie in boeke of handleidings voor nie. Hierdie afdeling maak 15% van die vraestel uit. Vlak 5 ***** Verryking. Word nie in toetse en eksamens ingesluit nie.

This article is from: