Graad 6 Handleiding Lewensvaardighede

Page 12

Handleiding Inleiding

Ons gaan in die eenheid na ’n aantal temas kyk en meer daarvan leer. Die volgende is net ’n

kortlikse inleiding tot die temas. Jou selfbeeld bepaal wat jy van jouself dink en dit het ook

’n invloed op die suksesvolle bereiking van jou ideale. Selfbeeld het ook ’n ander aspek: liggaamsbeeld. Dit is wat jy van jou liggaam dink. Jy moet respek hê vir jou liggaam en dié van ander mense. Dit is belangrik dat jy jouself aanvaar vir wie jy is.

Elke mens het sekere belangstellings, vermoëns en potensiaal. Dit hang van jou af hoe jy dit gebruik om jou volle potensiaal te bereik. Dit is belangrik dat jy dus weet wat jou belangstellings

is, wat jou vermoëns is en wat jou potensiaal is. Jy moet geleenthede skep om hierdie eienskappe

van jou tot jou voordeel aan te wend.

Groepsdruk is nie ’n vreemde konsep nie. Jy kry elke dag daarmee te doen. Jy moet groepsdruk reg hanteer. Negatiewe groepsdruk kan negatiewe gevolge hê vir ’n persoon. Ons gaan laastens kyk na probleemoplossingsvaardighede en hoe dit toegepas kan word in konfliksituasies.

Les 1 Positiewe selfbeeld – liggaamsbeeld

1.1

Begrip en respek vir liggaamsveranderinge

Jy het seker agterkom dat jou liggaam in die laaste paar jaar begin verander het. Ons noem dit puberteit. Puberteit begin op ongeveer nege jaar, en eindig op ongeveer 17 jaar. In dié tyd

gaan jou liggaam deur verskeie veranderinge gaan. Jy gaan ook emosioneel verander. Dit is ’n

moeilike tyd in jou ontwikkeling en dit is belangrik om met iemand te kan praat as jy nie mooi

verstaan wat gebeur nie.

Jy kan iemand naby aan jou in jou vertroue neem – jou ma, pa, ouer broer/suster of enige

iemand anders wat jy vertrou en die vrymoedigheid het om dinge mee te deel. Ons moet ons

liggaamsveranderinge respekteer, asook die verskille tussen mense. Jy is ’n unieke persoon

wat jou eie uniekheid en selfbewustheid moet kan identifiseer. Probeer om jouself te sien waar jy voor ’n spieël staan.

Doen die volgende aktiwiteit om te toets of jy ’n goeie selfbewustheid het. 12

© Optimi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Graad 6 Handleiding Lewensvaardighede by Impaq - Issuu