Graad 10 Handleiding Lewensorientering

Page 28

Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering Eenheid

1

Aksieplan Aksies

Wie is betrokke?

Wat het ek nodig?

Wanneer moet dit klaar wees?

LES 1.1.4: Strategieë om selfvertroue en vertroue by ander te bou Selfvertroue is die verstandhouding dat jy jou eie oordeel en vermoëns vertrou. Dit beteken eenvoudig om vertroue in jouself te hê. Vertroue word op verskillende manier gewys. Dit kan die manier wees hoe jy optree, met ander woorde hoe jy kommunikeer en jou liggaamstaal. Vertroue is die term wat ons gebruik om te beskryf hoe ons voel oor ons vermoë om rolle, funksies en take te vervul. Selfversekerde mense is oor die algemeen meer positief teenoor die wêreld en die mense rondom hulle en oor hul daaglikse aksies en take. Om beter ingelig te word oor verskillende kwessies, dikwels met mense te praat en om positiewe denke te beoefen is alles nuttige maniere om jou vertrouevlakke te verbeter. (Skills You Need, s.j.) Verbeter kommunikasievaardighede Dit is nie altyd vir almal maklik om voorleggings te doen of om moeilike gesprekke te voer nie. Om met vertroue te kommunikeer moet jy weet wat jy wil sê en duidelik sê wat jy wil. Wenke vir selfversekerde kommunikasie • ’n Stabiele, duidelike stem. Oefen om te praat sonder om te fluister of te stotter. • Maak oogkontak met jou gehoor. • Luister aandagtig na ander. • Wees selfversekerd. Moenie selfvertroue met aggressiwiteit verwar nie. • Praat uit die hart uit – as jy geesdriftig is oor wat jy sê sal jy meer selfversekerd voel. (Matta, 2012) Beplan om opdragte suksesvol en betyds te voltooi Wanneer jy take afhandel gee dit ’n gevoel van prestasie en bevorder dit selfvertroue. Hou op om uit te stel en begin doen wat gedoen moet word. Behoorlike tydsbestuursvaardighede is net so belangrik soos behoorlike kommunikasievaardighede. Nuttige riglyne • Hou ’n beplanningsboek waarin jy al jou aktiwiteite beplan en jou tyd bestuur om jou spertye te haal. • Verwyder alle afleidings, bv. TV, sosiale media, foon. • Wens jouself geluk vir elke taak wat suksesvol en betyds afgehandel word, en beloon jouself.

25

© Optimi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Graad 10 Handleiding Lewensorientering by Impaq - Issuu