Graad 10 Handleiding Lewensorientering

Page 25

Eenheid

1

Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

Interpretasie van telling 0 – 18: Tyd vir verandering 19 – 36: Tekens van moeilikheid 37 – 54: Gematig 55 – 72: Op die regte spoor 73 – 91: Sterk eiewaarde

Jy bevraagteken elke besluit en respekteer nie jouself nie. Jou eiewaarde is gevaarlik laag. Die verbetering van jou eiewaarde moet jou nommer 1-prioriteit in die lewe wees. Jy glo dat ander mense meer as jy werd is. Jy moet begin om in jouself te glo. Jy het dae wanneer jy dink dat jy nie te sleg vaar nie en dae wanneer jy alles wat jy doen bevraagteken. Werk daaraan om meer in jouself te glo. Jou vertroue in jouself is op die regte spoor. Oefen om klein prestasies te herken en trots te wees. Jy het ’n gesonde hoeveelheid selfrespek en neem gemaklik besluite. Jy leer uit foute. Aangepas: (Templateroller, s.j.)

LES 1.1.3: Persoonlike-/selfontwikkeling Persoonlike ontwikkeling is ’n lewenslange reis. Dit dek al die aspekte van jouself, soos fisiese ontwikkeling, intellektuele groei, emosionele intelligensie en spirituele groei. Dit mag oorgekompliseerd klink, maar dit kan ook pret wees. Die meeste van ons vind dit makliker om onsself te motiveer om te leer en doelbewus te verbeter as ons ’n rede het om dit te doen. Die beste manier om met hierdie reis te begin, is om jou eie persoonlike visie te ontwikkel – ’n duidelike idee van waar jy oor ’n paar maande of jare wil wees en die wete waarom dit vir jou belangrik is. Ons sal na agt aspekte kyk wat betrokke is by die suksesvolle beplanning van ons eie selfontwikkeling. 1. My persoonlike visie Jy het ’n duidelike visie nodig van wat jy wil hê en waar jy in die lewe wil wees. Sonder hierdie prentjie in gedagte sal jy nie jou persoonlike ontwikkelingsbehoeftes kan identifiseer nie. Wat is jou idee van sukses? Hoe verstaan jy persoonlike sukses? In watter van die volgende areas wil jy sukses behaal? • • • •

Formele studies Loopbaan of professionele lewe Persoonlike lewe en verhoudings Stokperdjies of sport

2. Stel persoonlike doelwitte Daar is ’n sterk verband tussen selfmotivering, persoonlike doelwitte en die bereiking daarvan. Elke individu het hul eie persoonlike doelwit wat heelwat van iemand anders s’n kan verskil. Hierdie persoonlike doelwitte verander van tyd tot tyd soos ons groei en deur die lewe gaan. © Optimi

22


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Graad 10 Handleiding Lewensorientering by Impaq - Issuu