Eenheid
1
Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering
Hoe om selfbewustheid te verbeter 1. Kyk objektief na jouself Probeer om objektief na jouself te kyk, op ’n wyse wat nie deur persoonlike gevoelens of menings beïnvloed word nie, sodat jy kan leer hoe om jouself te aanvaar en wyses te vind om in die toekoms van jou eienskappe te verbeter. 2.
Hou ’n joernaal Neem tyd om oor jou gedagtes en gevoelens, jou suksesse en mislukkings van die dag te skryf. Hierdie selfrefleksie sal jou help om te groei en vooruit te beweeg om jou doelwitte te bereik. Terwyl jy nadink, probeer ook dink aan die moontlike invloed wat jou emosies en optrede op ander mense kan hê.
3.
Skryf jou doelwitte en prioriteite neer • Wat is jou doelwitte? • Hoe moet jy prioritiseer om hierdie doelwitte te bereik? • Wat doen jy wat nie werk nie en wat keer dat jy sukses behaal? • Wat moet verander sodat die suksessyfer van doelbereiking verbeter?
LES 1.1.2: Eiewaarde Sielkunde gebruik die begrip eiewaarde om ’n persoon se algehele gevoel van selfwaarde of persoonlike waarde te beskryf. Met ander woorde, hoeveel ’n persoon hulself waardeer en van hulself hou. Dit behels ’n verskeidenheid oortuigings oor jouself, soos die evaluering van jou eie voorkoms. Ons weet almal dat eiewaarde saam met selfrespek ’n belangrike deel van sukses is. ’n Swak eiewaarde kan iemand verslaan of depressief laat voel. Dit kan ook daartoe lei dat jy slegte keuses maak, in destruktiewe verhoudings vasval of nie jou volle potensiaal bereik nie. Daarteenoor, ’n opgeblase (dikwels bedrieglike) gevoel van selfbelangrikheid kan afsittend wees vir ander en kan selfs persoonlike verhoudings beskadig. Eiewaardevlakke aan die uiterste hoë of lae punte van die spektrum kan skadelik wees, dus word ’n realistiese tog positiewe sienswyse van jouself as die ideaal beskou. (Cherry, 2019)
© Optimi
18