Die Bontebok April 2021

Page 6

6

DIE BONTEBOK

KAAPJAG HOOFKANTOOR MATT RELIHAN - KAAPJAG CEO

KAAPJAG LEDE NAWEEK EN ALGEMENE JAARVERGADERING - 24 APRIL 2021

U

word baie harlik uitgenooi na ons vereniging se immer gewilde lede-naweek, wat vanjaar naby Bredasdorp plaasvind. Ons gaan soos gebruiklik die dag afskop met die Guns & Bows Ghong Uitdaging, gevolg deur die Algemene Jaarvergadering, en afsluit met ‘n dinee en prysuitdeling. Benewens die lekker ete, wat gratis aan ons lede voorsien word, gaan ons kan luister na ‘n uitstekende gasspreker. Jokl le Roux van Wild en Wragtagfaam gaan met ons praat oor “Die migrasie van koedoes in die Ooskaap en Weskaap deur die afgelope eeu”. Dit beloof om ‘n baie interessante praatjie te wees. Jokl se kundigheid, natuurkennis en entoesiasme oor jag en diere is welbekend. Hy is ‘n lid van Kaapjag en die meerderheid trofees wat tans in ons Kantoor hang is van hom afkomstig. Boonop is hy ook ‘n lid van Overberg-Tak wat ons gewaardeerde gasheer vir die naweek is. Ek wil u graag aanmoedig om tog ‘n poging aan te wend om hierdie naweek se verrigtinge by te woon. Dit is ‘n spesiale geleentheid in vele opsigte. U kry die geleentheid om tydens die Ghong Uitdaging ‘n slag by ‘n ander tak as u eie te kuier en met mede-Kaapjag lede skouer te skuur. U kry ook die geleentheid om tydens die Algemene Jaarvergadering u stem te laat geld oor die wyse waarop u vereniging bestuur word. U kan ook ‘n aandeel hê in die verkiesing van bestuurslede wat u gaan verteenwoordig oor die volgende 12 maande. Wie weet, moontlik is u self gewillig om te dien? Na die

skiet en die formaliteite van die Algemene Jaarvergadering gaan ons lekker ontspan met goeie kos, ‘n goeie spreker en gaan ons ook Kaapjag se presteerders vereer tydens die toekenningsgeleentheid. Die wenners van die oggend se Ghong Uitdaging gaan ook tydens die dinee vereer word deur ons borg, Guns & Bows. Benewens die Ghongskiet, wat op André Christie-Smith se plaas, Kleiheuwel plaasvind, word die res van die naweek se verrigtinge by The Dunes naby Arniston aangebied. Hierdie venue het baie om te bied. In terme van veiligheid is The Dunes tops aangesien dit binne ‘n Denel-beheerde gebied met streng toegangsbeheer en hoë omheinings geleë is. Daar is hope akkomodasie wat ‘n goeie verskeidenheid van gerief en pryse bied. Daar is ‘n restaurant, twee kontant kroeë en ‘n swembad, wat dit die ideale venue maak vir ‘n gesinsnaweek. Arniston is seker een van die mooiste klein kusdorpies in die provinsie en gevolglik is daar hope om te sien en te doen in die omgewing. Moenie hierdie geleentheid mis nie! Die program vir die naweek lyk kortliks soos volg: Vrydag 23 April 2021: Lede wat oorbly begin arriveer en geniet die aand saam. Benut gerus die kroeg en restaurant by The Dunes. Saterdag 24 April 2021: 07h30: Guns & Bows Ghong Uitdaging op Kleiheuwel, ongeveer 20km vanaf The Dunes. Ingesluit by inskrywingsfooi - Koffie en beskuit by aankoms en ligte ete na die skiet.

Matt Relihan 14h30 vir 15h00: Algemene Jaarvergadering by The Dunes se onthaalsaal. Koffie en tee beskikbaar by aankoms. 18h00 vir 18h30: Dinee begin by The Dunes. Ons word toegespreek deur ons gasspreker. Geniet ‘n gratis aandete (gratis vir lede) en vereer Kaapjag se presteerders. Die trekking vir die geweer in die Guns & Bows Ledewerwing. Die Trekking vind ook hier plaas. Onthou tog om by Mimi te RSVP vir die dinee (admin@kaapjag.co.za). Ekstra etes teen R220.00 per persoon. Halfprys vir kinders onder twaalf en gratis vir kinders onder drie jaar oud. Sondag 25 April 2021: Lede vertrek na ontbyt terug na hul bestemmings. Die formele kennisgewing sal binnekort per epos uitgestuur word. Sien ook die keersy hiernaas vir meer inligting oor ons ledenaweek. Ons sien uit daarna om u by ons lede-naweek se verrigtinge te ontvang. U gaan dit ongetwyfeld baie geniet. Groete Matt Relihan


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Bontebok April 2021 by Die Bontebok - Issuu