38
DIE BONTEBOK
WAAR KOM VOËLS VANDAAN?
V
Deur: Dr Kas Hamman
oëls is van die mees opvallende en diverse moderne werweldier-groepe. Al ooit gewonder hoe voëls ontstaan en ontwikkel het en waar hulle in die sogenaamde boom van die lewe inpas? Oor die afgelope drie dekades is daar ‘n rykdom van fossiel ontdekkings gemaak wat interessante nuwe insigte na vore gebring het oor hoe voëls ontstaan het en waarom hulle so ongelooflik suksesvol feitlik alle ekologiese nisse denkbaar beset het. Voëls het deur ‘n lang proses van evolusie uit die Theropoda dinosourusse ontwikkel tydens die laat Jura-tydperk 165 tot 150 miljoen jaar gelede. Voëls behoort aan die Klas Aves, is tweebenige,
Uitbeelding van ‘n Archeopteryx lithographica fossiel
warmbloedig, eierlêende werweldiere, wat oorwegend bedek word deur vere. Die voorste ledemate is meesal vlerke en die skeletbene is oorwegend hol van binne om gewig te beperk. Vandag se voëls verskil in grootte van die piepklein Helenakolibrie (Mellisuga helenae), ’n spesie van die familie kolibries, die kleinste voël ter wêreld, tot groot voëls soos volstruise, emoes en die uitgestorwe 3 meter hoë olifantsvoël wat in Madagaskar voorgekom het. Hierdie reuse vluglose voëls, wat geen vrees vir mense gehad het nie, is egter binne ‘n betreklike kort tydperk deur die eerste mense wat op dié eiland gevestig het uitgeroei. Dieselfde tragiese lot het ander vluglose eilandvoëls soos die dodo op Mauritius, die Moas op New Zeeland en verskeie endemiese eilandvoëls getref soos wat die mens afgeleë wêrelddele beset het en sy twyfelagtige stempel onomkeerbaar afgedruk het. Debat oor die oorsprong van voëls In die 19de en 20ste eeue is die oorsprong van voëls vurig deur wetenskaplikes van daardie tyd gedebatteer. Die eerste aanduiding dat voëls uit reptiele ontwikkel het, was ‘n publikasie wat in 1861, slegs ‘n paar jaar nadat Darwin se bekende “The Origin of Species” verskyn het. In hierdie tyd is ‘n uitstekend bewaarde primitiewe voël-fossiel in Duitsland ontdek wat dateer uit die laat Jura-tydperk 150 miljoen jaar gelede. ‘n Britse wetenskaplike, Richard Owen, het die naam Archaeopteryx lithographica aan hierdie fossiel gegee. Die fossiel het ‘n merkwaardige mengsel van klassieke voël-kenmerke soos vere en vlerke getoon, maar ook duidelike reptiel-kenmerke soos skerp kloue aan die ledemate, ‘n lang benige stert, asook ander tipiese reptiel kenmerke. Oor die volgende twee dekades het Thomas Henry Huxley, Owen se groot mededinger en Darwin se stoere vroeë ondersteuner, aangevoer dat Archaeopteryx merkwaardige ooreenkomste toon met klein dinosourusse soos Compsognathus en dat dit ‘n evolusionêre skakel tussen die groepe ondersteun. Hierdie siening het aanvanklik ‘n mate van steun gekry, maar het gedurende die vroeë 1900s grootliks steun verloor as gevolg van ‘n invloedryke boek deur ‘n Deense anatoom Gerhard Heilmann. Tot in die 1960s het die meerderheid wetenskaplikes Heilman se hipotese ondersteun, naamlik dat voëls uit ‘n uitgestorwe primitiewe reptielgroep met die naam ‘Thecodonts’ ontstaan het. Die debat oor die oorsprong van voëls is het weer opgevlam in die 1960s tot 1980s, toe ‘n nuwe generasie paleontoloë leiding begin neem het van die ‘Dinosourus Renaissance’. John Ostrom ontdek fossiele van die duidelik voëlagtige dinosourus Deinonychus in weste van NoordAmerika, Robert Bakker en kollegas het aangevoer dat dié